Inwoners trek ‘veediewe’ vas

Van die gesteelde vee wat teruggevind is. Foto: SAPD

Van die gesteelde vee wat teruggevind is. Foto: SAPD

Twee mans, wat glo die afgelope paar jaar by veediefstal in die Lebowakgomo-omgewing, suid-oos van Polokwane in Limpopo betrokke is, is aangerand nadat lede van die gemeenskap hulle aangekeer het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans, onderskeidelik 41 en 48 jaar oud, voer na bewering al sedert 2014 ʼn skrikbewind onder veeboere in die gebied. Lede van die gemeenskap het die twee mans Maandag aangekeer, hulle aangerand en plastieksakke om hul koppe gebind in ʼn poging om hulle te dwing om inligting te verskaf oor waar gesteelde vee weggesteek word.

Van die gesteelde vee wat teruggevind is. Foto: SAPD

Van die gesteelde vee wat teruggevind is. Foto: SAPD

Die Magatle-polisie het omstreeks 20:00 by die toneel opgedaag en die twee verdagtes het die polisie na ʼn nabygeleë plaas, Emmerpan, gelei. “Altesaam 36 beeste en talle bokke is daar gevind. Die eienaars van die diere is nog besig om hul vee te identifiseer,” het Ngoepe gesê. Die twee mans is op die toneel in hegtenis geneem.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die twee verdagtes se aanranding nie. Die twee mans sal binnekort in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lance ·

Dis al wat hulle verstaan ….die wet beteken niks want dis in baie gevalle in die guns van die oortreder

slaangat ·

Die vermeende diewe het lekker op hul neuse gekry. Ek hoop nie die mense wat hul betrap het kom nou iets oor nie.

Jaco ·

Ek worder hoekom die lede van die gemeenskap wat die arme veediewe aangerand het nie in hegtenis geneem is nie ….

Gert ·

Ek wil nou nie weer ras inbring maar as dit blanke boere was was dit weer rassisme en nie diefstal.

Jan maak n Plan ·

Gert, jy vat die woorde so uit my mond uit. Is dit nie min of meer wat in Parys gebeur het nie ???

Daniélle ·

Ja Gert, ek stem 200% saam, dis die eerste opvallende gedagte ! Die land met sy dubbelstandaarde.. maak my gatvol!!!!

Scalla ·

Wat is fout met my kommentaar MM , dit is feit dat van die lede self betrokke is, Gemeenskap sal dit uitsorteer, gelukkig is ras nie hier ter sprake nie

JdT ·

Kan die polisie ni altyd bietji later op daag nie. Meeste Van hulle beskerm mos die kriminele

john samuel ·

meeste van hulle *is* mos die kriminele –
Net vir jou reggemaak daar…. ;)

CHRISTA ·

Dit lyk my die inwoners is beter polisiemanne as die polisie self. Hoekom kon die polisie nie die diewe in 2 jaar vang nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.