Inwoners van Cullinan het dán weer water

Die beskadigde pypleiding. (Foto: Verskaf)

Die stad Tshwane is druk besig om watertoevoer binne die volgende paar weke in areas oos van Pretoria te herstel. Dít nadat daar aanvanklik gesê is dat dié inwoners maande sonder lopende water sal moet klaarkom weens ʼn beskadigde waterpypleiding.

Wat het verander? Abel Tau, waarnemende burgemeester van Tshwane, het Donderdagoggend aan Maroela Media gesê die Stad het geld bekom waarmee hulle tans noodgedwonge aan ʼn tydelike pompstasie werk om lopende water aan areas soos Cullinan, Rayton en Refilwe te voorsien.

“Ons druk daarvoor om lopende water binne twee weke in die areas te herstel. Ons mikpunt is om die water teen Kersfees te herstel, maar dit mag dalk ʼn raps daarna wees,” verduidelik Tau.

Die burgemeester het verseker dat die Stad tot op daardie stadium steeds watertenks aan die areas sal verskaf.

Die beskadigde pypleiding. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig Magalies Water, die instelling wat grootmaatwater verskaf, onttrek water uit die Wilgedam na die Cullinan-watersuiweringsaanleg voordat dit aan kliënte oos van Pretoria gelewer word. Dié pypleiding is egter te midde van verlede week se swaar reën beskading toe dit saam met ʼn betonondersteuningstruktuur en sy kleppe weggespoel het.

Die Stad het aanvanklik gewaarsku dat inwoners hulle moet staal om moontlik vir agt maande sonder lopende water klaar te kom aangesien dit so lank sal neem om die beskadigde pypleiding te herstel.

Tau erken dat die afgelope paar weke uitdagend was om water aan inwoners met watertenks te voorsien, maar het die inwoners bedank vir hul samewerking.

“Gelukkig het ons uit vorige ervarings geleer, maar ons verstaan ook dat ons dit slegs kon doen met die hulp van die inwoners wat bereid is om die Stad tegemoet te kom. Hulle gaan haal water by die tenks en verwag nie dat ons die water tot by hul huise moet bring nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Abel, daar is te veel base en te min klase.

bekommerde stem

too many chiefs and no indians

Karin

Ons weet jul lewer eerste vir Refilwe, om n protes te vermy.

Chid

Jy is 100% reg, Karin! Die protes het al gister begin. Week gelede was daar geen geld en sou 8 maande vat. oornag is daar geld en nou vat dit 2 weke. Nadat meeste Rayton & Cullinan inwoners duisende gespandeer het om tenks te gaan koop om bietjie water tuis te hê.

Stof

As die stowerige reg lees, het fratsvloede die skade aangerig, nie politici nie?
My waardering aan die tegnici wat soveel kerse aan twee kante brand om ons weer in ons geriefzone te plaas. Mag julle seën grooy wees. Sou ek en jy, bereid wees om hierdie gestuurdes se werk te doen?