Inwoners van Utrecht neem reg in eie hande oor water

Inwoners van Utrecht kry water by ‘n plaaslike gastehuis wat ‘n boorgat het. (Foto: Verskaf)

Utrecht, die dorp in KwaZulu-Natal wat al vir meer as ʼn week sonder water moet klaarkom weens ʼn munisipale staking, sal glo binne die volgende 24 uur weer water in hul krane hê. Dít nadat die gemeenskap Maandagoggend reg in eie hande geneem het.

Maroela Media het vroeër berig die gemeenskap sit vir die tweede keer hierdie jaar sonder water, nadat stakende munisipale werkers watertoevoer na die dorp afgesny het. Infrastruktuur wat nie onderhou word nie, het verder bygedra tot die krisis.

Tydens ʼn vreedsame protesaksie Maandag het inwoners van die dorp die slotte van die hekke wat na die dorp se waterwerke lei, afgebreek. “Die werkers is vriendelik versoek om die terrein te verlaat en vrywilligers uit die gemeenskap sal nou instaan om te verseker dat daar watertoevoer is na die dorp,” het Riana Homann, ʼn AfriForum-komiteelid, Maandag aan Maroela Media gesê.

Volgens Gerhard Smook, ʼn DA-raadslid, het daar ʼn skermutseling tussen lede van die gemeenskap en die werkers by die waterwerke uitgebreek, maar die polisie kon dit vinnig onder beheer kry. Die 14 stakende werkers het toe sommer ook besluit dat hulle Maandag sou begin werk en het ʼn onderneming van hierdie aard onderteken. Hulle sal nou na bewering saam met die dorpsmense werk.

Die gemeenskap het Vrydagmiddag in die stadsaal vergader waar talle voorstelle gemaak is oor die bestuur van die dorp se watersake. Daar is Sondag weer ʼn opvolgvergadering gehou waar ses eise uiteengesit is. Smook, sê die vergadering moes egter in die park langs die stadsaal plaasvind, omdat die stadsaal te veel gestink het weens die ablusie-geriewe wat tot oorlopens vol was. Dit is glo omdat die toilette vir lank nie gespoel is nie.

“Lede van die gemeenskap het geëis dat die 14 stakende werkers afgedank word en dat mense uit die gemeenskap self aangestel word om die werk uit te voer. Meeste van die werkers by die Utrecht-waterwerke woon nie op die dorp nie, en word dus nie deur die watertekort geraak nie. Die gemeenskap glo dat as plaaslike inwoners, wat self dan deur watertekort geaffekteer word, daar werk, sal dié soort ding nie gebeur nie,” sê Homann.

Die gemeenskap eis verder dat Richard Fourie, ʼn inwoner van Utrecht en superintendent van die wateraanleg op Dannhauser, terug na sy posisie as superintendent van Utrecht se water geskuif word. “Fourie was vir 28 jaar by die Utrecht-waterwerke, maar is verplaas na Dannhauser om die gemors daar reg te maak. Die personeellid wat in dié posisie op Dannhauser was, is intussen na Utrecht verplaas, en nou is die gemors hier,” het Smook gesê.

Die gemeenskap eis ook dat kontrakteurs die gebreekte waterpype, wat bygedra het tot die tekorte, moet herstel.

Die water wat na die dorp gevoer word moet nou eers gesuiwer word en dan na die dorp se groot reservoir gepomp word en die pype herstel word. “Ons sal seker eers teen môremiddag (Dinsdag) water hê,” sê Homann.

Utrecht het sy eie dam waaruit die dorp kan water pomp, maar weens die bestuur van die water wat van die uThukela-waterwerke na die Amajuba-munisipaliteit geskuif is, word Utrecht se water nou vanaf die Chelmforddam, duskant Newcastle, na die dorp gepomp. “Die gemeenskap het ook geëis dat die waterwerke weer onder die eMadlangeni- plaaslike munisipaliteit bestuur word, soos dit jare gelede die geval was,” sê Smook.

“Ons het regstappe oorweeg, maar ons geld is min. Ons is dankbaar dat dinge verloop het soos wat dit het,” sê Homann.

Sy stel voor dat elke dorp ʼn krisisvergadering moet belê om hierdie soort kwessies te bespreek en proaktiewe maatreëls implementeer om te verseker dat daar wel hulpbronne is in krisistye. “Nadat ons nie water gehad het vir drie weke in Mei vanjaar nie, het ons ʼn noodvergadering belê om ʼn noodplan vir water op te stel, maar die belangstelling uit die gemeenskap was teleurstellend min.”

Voorstelle wat wel gemaak is, is dat JoJo-tenks by strategiese plekke soos skole of kerke geplaas word om water aan die dorp se inwoners te verskaf, sou daar weer ʼn watertekort wees. “Ons aanvanklike begroting is maar klein en kan slegs vir drie tenks van so 5 000 liter elk voorsien,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

toy ·

Dit is belaglik dat mense sonder water moet wees. Dit is ‘n noodsaaklikheid.

Theuns ·

Dit is die vrug van die JA stem wat niemand nou wil eet nie . . .

Wielspore ·

Die tyd van wag sodat dit vir jou gedoen kan word is verby, spring in en word deel van die oplossing.
Hierdie soort gevalle gaan meer begin voorkom waar die gemeenskap self begin om noodsaaklike dienste te onderhou.

Koos de Meyer. ·

Ek stem, jaag die stakers weg en gee werk vir mense wat wil werk van die gemeenskap.

Bert ·

Ek stem Koos.
Dit moet somer die standaard oplossing wees vir alle stakings, binne ‘n paar maande gaan daar glad nie meer stakings met die gepaardgaande venielings wees nie.

Pieter Matthee ·

Jagersfontein in die Vrystaat sit al 23 maande sonder water

Chris Ws ·

Dis ongehoord! Rig ‘ brief aan die president se kantoor.

Chris Ws ·

Dank daai stakers summier af.Water is ‘n noodsaaklike kommoditeit.Daar is baie wat WIL werk.

hercu ·

“Genadelose mense maak planne teen goeie mense en snuffel rond soos diere, maar die Here lag en weet dat hul tyd binnekort sal aanbreek. Die goddelose gebruik swaarde en skiet pyle om armes en behoeftiges en almal wat reg doen, dood te maak. Maar hulle sal doodgemaak word deur hul eie swaarde, en hulle pyle sal gebreek word. Dit is beter om reg te leef en arm te wees as om sondig en ryk te wees. Die goddelose sal al hul krag verloor, maar die Here gee krag aan elkeen wat goed is “- Ps 37:12 (vry vertaal)

Johanna Botha ·

Alles afgetakel gesteek en in n staking …lekker nuwe sa met sy teenwigte !

Ep ·

Die gemeenskap moet op ruk na die burgermeester se huis mismoë deur gee (vreedsaam) en as dit nie gedoen word ….. wel vuurhoutjies sal sake vinnig regstel as dit naby huis aangesteek word …..

Christa ·

Hulle Wil nie werk nie, of is in elkgeval onbevoeg Om te werk. Hulle sit net bakhande vir hulle salarisse. Jaag hulle weg en kry mense wat Kan werk en Wil werk. Die regering Moet verantwoording vat vir die vrot sleg toestand waarin ons eens Mooi land is.

Susan ·

Skakel die presidentiële nommer by 17737.
Vir enige munisipale klagtes skakel die nommer en jou probleem word binne ‘n dag of twee opgelos. Die ondersoeker by die presidentiële kantoor volg ook op met jou om te verseker dat die munisipaliteit jou geskakel & jou probleem opgelos is. Bêre die nommer en gebruik dit om diens lewering in jou area te bewerkstellig.

Essa ·

Hierdie gemeenskap se optrede en oplossing vir ‘n staking wat hulle in ‘n absolute krisis gedompel het, is ‘n voorbeeld. Geen geweld en plundery nie, net aksie. Goed gedoen.

Zandra Jordaan ·

Dis verbasend dat 14 stakende werkers soveel kan bemagtig en n gemeenskap so lank kan intimideer……

Mathys ·

Ai ou Teuns, soos ‘n ou Jan Salie, daar hurk jy nou in ‘n hoekie, met ‘n allemagtige, allesomvattende bollie in jou broekie? Hoeveel jaar is dit nou dat mense ‘ja’ gestem het Teuns? is dit dalk ‘n halfte van die gemiddelde Suid-Afrikaner se leeftyd dat mense nou ‘ja’ gestem het en hier is ou Teuns, vars vanuit sy tyd kapsule om vir toekoms mense te kom inlig, dat hy, hulle gesê het, *boef!, terug in sy kapsule, deurtjie toe, wag vir die volgende mislukking van die ANC om elke persoon, wat soos Christus, nie in haat en onverdraagsaamheid wil lewe nie, te verwittig van geen oplossings nie, net dat hy, hulle gesê het? Hoe klein moet ‘n ou se verstand wees om so ‘n volharde toeweiding te verleen aan iets wat jy niks aan kan doen nie, te wete, die verlede? Ek meen Teuns jy het dan seker ‘nee’ gestem? En toe die stem verby is toe dag jy, jy kan elke jaar vir mense herinner van jou mening Hoeveel 33 jaar gelede? 1989!? Verstaan jy hoe moeilik is dit vir kinders om hulle oueres en meerderes te respekteer, wanneer jy voor jou siel weet ons word gesamentlik deur die kommunniste, vir jou sondes gestraf en jy weier eenvoudig om jou afgstompte, verouderde, irrelevante, van-geen-waarde-vir-enigiemand-anders-of-jouself-denke, nie eers te wysig nie, maar net ‘n begrip te toon dat hy nou in 2019 is en aanpasbaar is?

Joubert ·

Mathys, al wat Teuns gesê het is ons pluk nou die vrugte van die gebeure daardie tyd. Dit is feitelik korrek. Jou oor-emosionele reaksie daarop maak aannames ann aantygings wat net jy sal weet waar jy dit vandaan kry. Jou gebrek aan volwassenheid en ervaring kom sterk deur.

Heksie ·

“Almal” nou in rep en roer omdat daar nie water is nie, met die volgende verkiesing stem hulle weer vir die anc …

June ·

Dat 14 stakers n hele dorpie gyselaar hou! Hulle moet so dankbaar wees dat hulle werk het.

Anni ·

Mooi so UTRECHT!!! Julle is nie n groot dorp, maar wys wat kan gedoen word. “Klein botteltjie, kwaai gif!!! Mag julle n voorbeeld wees vir ander. !!

Attie. ·

Jaag alle munisipale werkers in die land weg en stel minder aan wat kan werk. Dis al wat sal werk. Kan MM nie nuus plaas oor toestande in Jagersfontein nie. Ekself sit met 12 x 5000lit reenwatertenks vir my huis plus ‘n baie swak boorgat. Dan het ek ook ‘n sonstelsel vir krag en warmwater, dan moet ek ook my eie huis beveilig met alarms want ons polisie is ook nikswerd. Vir dit word ek elke maand beloon met ‘n reuse rekening vir belasting en riool. Ek wag al 3 maande vir ‘n wapenlisensie. Ciral, jys kaptein van ‘n sinkende skip, baie geluk.

Grobler Steyn ·

Wat van hul grondwetlike reg om te staak ?? dié mense is geregtig op n leefbare inkomste ons mag dit hulle nie ontneem nie

Jerry ·

Welgedaan aan die manne en vroue van die Utrecht gemeenskap wat besluit het die stakers se dinges, dinges en dat die stakers hulle nie langer as n week gyselaar gaan hou nie. In die groter prentjie is dit presies wat die werkers by die SOE’s besig is om te doen. Die vakbonde het Suid Afrikaners gyselaar geneem en die moet maar net aanhou betaal vir duisende onregmatige botallige aangestelde werkers se salarisse, terwyl daar geen sprake is van enige noemenswaardige bydrae tot dienslewering van die botallige werkers nie. Op munisipale vlak het gemeenskappe egter die reg en die mag om in gemeenskaplike belang, geen onbillike/onwettige stakings of wanbestuur te duld nie.

Gert J ·

HA HA HA areme polisieman, pens sleep ook op grond rond. Wil hom graag sien hardloop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.