Inwoners vermoor vermeende koperdief

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in Kagiso aan die Wes-Rand doodgeslaan nadat hy glo koperpype gesteel het.

“Die man, in sy vroeë 20s is Donderdag naby die Madala-hostel aangeval en vermoor,” het ao Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Daar is aan die polisiebeamptes gesê die man het koperpype van nuwe huise in die hostel, wat nog nie bewoon word nie, gesteel.”

Die man wou glo vlug, maar hy is gevang. “ʼn Groep mans, gewapen met tradisionele stokke, het hom aangerand totdat hy geval het,” het Sibiya gesê. Hy het kopbeserings opgedoen en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

ʼn Moorddossier is geopen. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie veroordeel inwoners wat reg in eie hande neem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.