IPK sê Oscar kan ná vonnis weer deelneem

Oscar Pistorius op 4 Augustus 2012 tydens die Spele in Londen. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Oscar Pistorius op 4 Augustus 2012 tydens die Spele in Londen. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) het Vrydag gesê Oscar Pistorius sal weer aan byeenkomste kan deelneem nadat hy sy straf uitgedien het nadat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het.

Die atleet is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van strafbare manslag. Sy vonnisverhoor begin op 13 Oktober en hy kan óf ʼn opgeskorte vonnis ontvang of tot maksimum 15 jaar tronkstraf gevonnis word.

“Gegewe dat hy sy vonnis uitdien en graag wil deelneem, en indien hy deur die komitee gekeur word, sal hy in die toekoms aan IPK-kompetisies kan deelneem,” het Craig Spence, woordvoerder vir die IPK, gesê.

Pistorius het al ses medaljes in drie Paralimpiese Spele verower. “Hy kan nie weerhou word om deel te neem nie, aangesien die IPK nie verantwoordelik is vir die vonnis nie; dit moet van die Suid-Afrikaanse howe af kom. Ons is ʼn sport-organisasie. Ons moet ʼn onderskeid kan tref tussen sport en dit wat in sy privaatlewe gebeur,” het Spence bygevoeg.

Xavier Gonzalez, uitvoerende hoof van die IPK, het Vrydag gesê Pistorius se moordverhoor het nie enige impak op hulle bedrywighede gehad nie, aangesien die organisasie nie meer afhanklik is van die Suid-Afrikaanse atleet se hoë profiel nie. “Oscar was ʼn fundamentele ambassadeur vir die Paralimpiese beweging tussen 2008 en 2012,” het Gonzalez gesê. “Die Paralimpiese beweging het sedertdien talle ambassadeurs en baie ander atlete bygekry wat wêreldwyd herken word en ons glo ons sal steeds verbeter in die aanloop tot 2016.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.