Iran beplan glo VSA ambassadeur in SA se moord

Lana Marks (Foto: Jacques Naude/African News Agency(ANA)

Bewerings het pas aan die lig gekom dat die Iranse regering ’n komplot smee om Lana Marks, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, te vermoor uit weerwraak vir die dood van die Iranse generaal Kassem Soleimani.

Soleimani is in Januarie vanjaar in ʼn Amerikaanse hommeltuigaanval in Irak dood.

Die Amerikaanse webwerf Politico het Sondag berig Amerikaanse amptenare is luidens ’n Amerikaanse intelligensieverslag reeds ’n geruime tyd bewus van die bedreiging teen Marks. Meer besonderhede daaroor het egter eers die afgelope paar weke aan die lig gekom.

Volgens Politico is Marks reeds in kennis gestel van die beweerde komplot waarby die Iranse ambassade in Pretoria glo betrek word.

Genl. Kassem Soleimani (Foto: ANA)

Marks (66) is in Suid-Afrika gebore en is verlede Oktober as Amerikaanse ambassadeur beëdig. Sy en pres. Donald Trump van die VSA ken mekaar al twee dekades lank. Politico berig sy word vermoedelik weens haar jarelange vriendskap met Trump geteiken.

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het aan Maroela Media gesê hy het Maandagoggend eers van die bewerings bewus geword nadat hy daarvan in die media gelees het.

Ngqengelele het gesê hy is besig om navraag daaroor te doen.

Herhaalde oproepe na die Amerikaanse ambassade in Pretoria was Maandag onsuksesvol. Die Iranse ambassade het aangedui dat hy later ’n verklaring in dié verband sal uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pampoen ·

Ek wonder waar bevind Dirco (Suid Afrika) hom in die konflik – Aan die VSA se kant of aan Iran se kant?

Aai ·

As ek sy is verlaat ek die land die ANC sal haar nie kan oppas.

Gawie ·

Ek sien sy is goed bevriend met Trump – meng jou met die semels . . . . .

Adam Adriaan ·

Oordeelsvermoë, Oordeelsvermoë, skiet ver tekort!!!

Vrijburger ·

Mmm presies hoe ek voel oor die SA regime se verhouding met Iran.

Colette ·

As die intelligensie nie uitgekom het nie sou almal weer die vinger na Suid Afrika se gewelds misdaad syfers gewys het en gedink het iemand in SA het haar vermoor. So dit is eintlik ‘n komplot teen ons land ook, wys net watse maklike teiken ons word vir internasionele beplande geweld.

Johann ·

Hoop nie sy maak staat op RSA intelegensie of beskerming nie?

Vrijburger ·

Geensins verbaas dat Iran ‘n sluipmoord in SA oorweeg nie.

Ps. VSA klasifiseer SA as ‘n “terrorist friendly country” – Dit is die boodskap (weiering) toe ek onderdele vir my vuurwapen in Amerika wou bestel, en dit nogal tydens die Obama tydperk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.