Iran ontken SA is werwingsgrond vir militante

iran-vlag

Foto: Etereuti/Pixabay.com

Suid-Afrika is onverwags betrek in die skadu-oorlog tussen Israel en Iran.

Die Iranse ambassade in Pretoria ontken egter ten sterkste dat Tehran, die hoofstad van Iran, Suid-Afrika gebruik as plek om agente te werf vir aanvalle op Israel.

Die ambassade het in ʼn verklaring aan African News Agency (ANA) gesê hy ontken berigte in die Suid-Afrikaanse media wat spruit uit ʼn nuuskonferensie wat verlede week deur die Israeliese ambassade in Pretoria gehou is. Die konferensie is gehou om ʼn intelligensieverslag deur die Israeliese Shin Bet-veiligheidsagentskap bekend te maak waarin die agentskap noem dat drie Palestyne met Suid-Afrikaanse en Iranse bande in Wesbank in hegtenis geneem is.

Volgens mediaberigte is die mans deur Israeliese veiligheidsmagte in hegtenis geneem. Die hoofverdagte, Mohammed Maharmeh, ʼn 29-jarige rekenaaringenieurstudent, is van die Hebron-omgewing, in die suide van Wesbank.

Die Shin Bet-veiligheidsagentskap het gesê Mohammed is deur ʼn familielid, Bahar Maharmeh, in die Iranse intelligensiediens gewerf. Bahar woon in Suid-Afrika.

Shin Bet beweer verder dat Mohammed Suid-Afrika in 2015 besoek het toe hy glo deur Bahar gewerf is. Die veiligheidsagentskap het bygevoeg Bahar het Mohammed verskeie kere aan Iranse agente voorgestel wat Suid-Afrika besoek het.

Die Iranse ambassade het egter die Israeli’s daarvan beskuldig dat hulle die “ongegronde bewerings opmaak om afbreuk te doen aan die openbare menings oor Palestynse mensregteskending, die voortgesette besetting van Palestynse grond en die moorde op onderdrukte Palestyne”.

Die ambassade het ook aan ANA gesê Israel poog om internasionale aandag van sy militêre besetting van ander lande se grond af te trek deur sulke valse bewerings te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

FM ·

Waar n rokie is, brand n vuurtjie. Israel sal seker wees van hul inligting. Mark my words.

theo ·

ek stem ten volle saam met israel dat hierdie bewerings die waarheid is. Hoekom sê ek so – waar die ou karavaan park van centurion was, by die hennops rivier en die R55, agter die karavaan park, waar die ou plaas huis gestaan het, het turkye die stuk grond gekoop en ook die opleiding in islam bevonds. Toe ek daar stop om navraag te doen oor die plaas huis, kon die jong mans persoon nie eers engels praat nie. Met moeite het ek die plaas huis gekry en die eienaar van die oorspronklike grond, wat toe nog in die huis gebly het, het my als vertel. Die plek staan nou bekend as “farme Islamic”. Turkye het hom bo grond waarde betaal. Iran en Turkye is albei moslem state asook buurstate.

Koos ·

Gaan besoek Israel en gaan sien vir jouself hoe leef Jode en Moslems saam in Vrede.

Moenie die twak glo wat CNN, BBC, Al Jazeera en hulle maatjies vir jou voer nie.

Dink Logies oor dit. ‘n Land kleiner as die Wes-Kaap wat dit reg kry om ‘n gevaar te wees vir die Arabiese Lande wat honderde kere sy grote is….. Rerig? Glo jy regtig die nonsense?

JA Wohl ·

IRAN lieg net soos SA, nie een kan vertrou word nie, so waarom sal ons onsself aan enigeen steur? Waar daar ‘n rokie is is daar altyd ‘n vuurtjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.