‘Ironies dat oud-Suid-Afrikaner knoop vir Nieu-Seeland deurhak’

Grant Elliott. Foto: ICC/Twitter

Grant Elliott. Foto: ICC/Twitter

Die Nieu-Seelandse media meen dit is ironies dat ʼn man wat in Suid-Afrika gebore is en glo weens sportkwotas groener weivelde gaan soek het, vir Nieu-Seeland ʼn plek in die Wêreldbekereindstryd verseker het deur die Proteas te klop.

Grant Elliot is in 1979 in Johannesburg gebore en het in 2001 na Nieu-Seeland vertrek. Elliot het Dinsdag Nieu-Seeland se nuutste held geword toe hy die Proteas se voorlaaste aflewering vir ʼn ses gemoker het. Die swart pette het vyf lopies van twee balle nodig gehad.

Die Nieu-Seelandse nuuswebwerf stuff.co.nz skryf: “Hoe ironies dat ʼn man wat in Suid-Afrika gebore is, maar wie se hart nou in Nieu-Seeland is, die laaste sê gehad het met ’n beurt van die einde van die aarde en ’n finale hou waarvan elke kolwer droom, maar selde bereik.”

Die New Zealand Herald het Dinsdagoggend voor die krieketkragmeting ’n berig gedra oor vandag se “spesiale geleentheid” vir Elliot wat Transvaal en Griekwaland-Wes voorheen verteenwoordig het. Volgens die berig was Elliott egter destyds van mening dat sy internasionale ambisies gestuit sou word weens kwotas.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum wat teen rassekwotas in sport gekant is, het gesê dit is tragies dat “rasgedrewe politieke inmenging” in sport daartoe lei dat Suid-Afrika van sy talent verloor. “In die lig van Krieket Suid-Afrika se verskerpte kwotabeleid is dit bitter ironies dat dit juis die slagoffer van ʼn kwotabeleid is wat die wenlopies teen Suid-Afrika aangeteken het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Eliza-beth ·

Philander speel en Abbott nie – groot fout, hy was regtig nie fisiek 100% reg om te speel nie. Dan is daar die reën, en, sê wat julle wil dit het ‘n groot rol in ons nederlaag gespeel. Ander foute ook, maar laat ons nie leunstoelkritici wees nie, die gesegde lui mos hoeka die beste stuurlui staan aan wal! Kom ons staan agter ons span, hulle het teen baie sterk ouens te stand gekom en EK is trots op hulle. Dit was ‘n naelbyt einde en soos iemand tereg oor die radio opgemerk het dis tyd dat hulle die Duckworth-Lewis storie BAIE mooi bekyk en hoe dit reg toegepas behoort te word. AB, jammer my ou, nogtans geluk met wat julle bereik het; daar is altyd ‘n volgende keer.

*Chris ·

Is net jammer dat sedert 1999 se ons al daar is altyd ‘n volgende keer. Kies spelers op meriete en ongelukkig het van die bestes by die huis gebly.

EMK ·

Dankie David Ras en Wim Kotze asook Eliza-beth wat oor die krieket self kommentaar gelewer het. Verfrissend…

CHRISTA ·

Ek het lankal gese hierdie Duckworth-Lewis stelsel “is only worth a Duck”!!

ig ·

Nee wat,hoe gouer hulle weer Bokke word,hoe gouer sal die choker spook doodgaan.Dit is nie die reen wat mis gevang het nie.

Francois ·

Wel as Suid Afrika (die regeering) al wat leef in die land wil wegjaag is dit wat jy kan verwag gaan gebeur. So sal dit met alles gaan, dokters, Ingenieurs ens. Ander lande sal floreer op dit wat die regeering wegjaag.

Louw ·

Dit is presies wat die gemors wil hê, alles moet afgewater word tot op die laagste standaard sodat die ruggraatlose massas dit ook kan verstaan en dit dan kleim vir hulself. Dit gaan so met alles, van die ingenieurswese, die regering, gesondheidssorg tot sport. Waar het jy nou gesien ‘n dom persoon, soos president Zuma, in beheer is van ‘n onafhanklike land soos Suid-Afrika?

Peet Schabort ·

Pas net jul regstellende aksie ook toe by die ingangshekke.

Rupert Ashford ·

NZ media skryf wat geen nuuspublikasie in SA durf se nie – welgedaan aan hulle. En welgedaan aan die “Black Caps”. Hoe sterk my hart ookal klop vir AB en sy manne, moet enige land se sportspanne waar politieke inmenging in sport plaasvind nie beloon word met die hoogste louere nie. Op ligter trant – SA het goeie risiko-bestuur toegepas om seker te maak daar is darem iemand van SA in die finaal – met SA spelers in die spanne van Kanada en Holland (het dit toe nie gemaak tot in die toernooi nie), Ierland, Skotland, Engeland en NZ (o ja en darem SA self ook) moes IEMAND darem die finaal haal!!!

boer ·

En so sal al ons SA spanne eendag bekend staan as die “AllBlacks” , deur transformasie.

Die regering het dit nou mooi reg gekry on die hele infrastruktuur van Suid Afrika af te breek,
nou is dit sport se beurt.

snip ·

Dis sport in die eerste plek wat ons land het waar hy is, daai “Ja” wat al die sportliefhebbers gestem het, sodat sankies teen Suid Afrika afgestel moet word, sodat ons spanne wêreldwyd kan kompeteer en deelneem. Dis nou wat ons kry daarvoor….n goeie land goed opgedons en nou vlug almal, selfs ons sportmanne landuit.

david ras ·

Ek wil nie op die kwota veld waag nie, my mening daaroor is welbekend. Ek egter twee vrae aan die spanbestuur en kaptein–
die Yanks het ‘n gesegde ” “don’t fix anything that aint broke”–
Die span wat die vorige wedstryde gespeel het, tenspyte van die verloorslag teen Pakistan, was die beste kombinasie beskikbaar.
Wat op aarde het julle besiel om Kyle Abbot met Vernon Philander te vervang ? Vernon was eintlik in die hele reeks (wanneer hy wel gespeel het ) gladnie die Philander van ‘n seisoen of twee gelede nie.
Abbot sou op daardie blad baie meer geniepsig gewees het as Philander wat maar bra mak was.Abbot is ook bekend vir sy vermoe om ‘n blitsige streepbal te boul, ‘n noodsaaklikheid in een dag krieket.
SA het ‘n gebrek aan ‘n goeie aflosbouler, iets in die styl van ‘n Trevor Goddard wat met sy knaende , akkurate boulwerk ‘n kolwer byna tot raseny kon dryf,
In elk geval, die span het hulle bes prober, maar dit was op die dag nie goed genoeg nie
Jammer !

david ras ·

volgens SA krieket statistieke :
Basil D’oliviera–44 toetse, 2484 lopies, 47 paaltjies. econ. rate 1.95

Trevor Goddard–41 toetse , 7816 lopies, 123 paaltjies, econ rate 1.65

Beide was spelers van dieselfde era, maar ek dink nie hulle is vergelykbaar nie.

Dan was daar nog Clive Rice…..deur sommige krieketskrywers beskou as die beste “all rounder” van alle tye …..

EMK ·

Dankie David Ras en Wim Kotze asook Eliza-beth wat oor die krieket self kommentaar gelewer het. Verfrissend…

Christo Keet ·

Ek wonder of die minister van sport nou tevrede is met sy kwotas.So sal dit nog gaan met ons groot afgod rugby ook. Sal die sportliefhebbers se oe dan oopgaan of sal hulle dan ook nog juig. Die res van die wereld ontvang Suid-Afrikaners met ope arms ,Sportmanne en ander is oral welkom

Neil Plaatjies ·

Van watter kwotas praat hierdie LEEKE op die blad? Ek dag dis al lank iets van die verlede. Al kwota van wie julle kan praat het heeltyd op bank gesit. Die ander kwotas speel al lank vir Proteas en jul het in verlede nie gekla want hulle was wedstryd wenners. Hoekom dit nou weer ophaal Word groot en beweeg aan. AbBott sou ook aar deurgeloop het. Niemand praat van De Kock se power WC nie. Druk was nie daar toe hy teen Sri Lanka gespeel heti toe hemel ulle hom mos op.

Des ·

Jammer ons het verloor. Die beste stuurlui staan mos maar altyd aanwal veral by nabetragting. Die selfaangestelde kundiges sien ook nie dat ons manne hulle harte uitgespeel het nie. Die uitslag was op ‘n mespunt gebalanseer en ons het nie eerloos verloor nie.

pop ·

Ons word almal op die einde op een of ander manier gedwing om ons tuisland te verlaat. Die wat weggekom het haat die spul hier so dat hulle sal sterf vir hulle nuwe land. Ons wat nie kan wegklom nie sal nog duur betaal.

Eliza-beth ·

Pop, niemand sal my “dwing” om my “tuisland” te verlaat nie. Ek is ook g’n bang vir niemand ek is hier gebore en sal hier sterwe en ek wil dit so hê. Ek kan maklik werk oorsee kry – is al aangebied maar ek bly net hier. As ek moet sterf aan die hand van iemand wat my haat oor my vel so be it, ek probeer reg lewe sover ek kan en as ek moet gaan dan gaan ek! Ek probeer altyd die positiewe sien, daar is genoeg negatiewe mense en ander nonsens. AB en die manne bo – ek ondersteun julle al die pad. Eugene en David – jamme rClive het nooit ‘n wêreldbeker kans gehad nie ne! Sou interessant wees. Ek is natuurlik nog altyd ook ‘n groot Hansie “fan” (watookal sy sondes was) as krieketspeler en veral kaptein was hy my held. As hul die vorige dag sleg gespeel het in bv ‘n 5 dag was hy vroegdag al voor die nette besig om te oefen voor die spel begin. Vir my is DIT ‘n leier – nie noodwendig die beste speler nie, maar die een wat lei deur ‘n voorbeeld te stel. En Jonty met sy vreeslose duikslae agter ‘n ampers onmoontlike bal – wie kan hom vergeet? En Zulu met sy woeste grenshoue… Boucher agter die paaltjies…ag so kan mens aangaan, ek wil nie uitsonderings maak en sal te veel plek opneem as ek al MY helde moet noem! I don’t like cricket – I LOVE it!

Pieter ·

Ek dink die spelers kan trots wees wat hulle bereik het. Elkeen het sy allebeste gegee. Hulle het hulself nie gekies nie, maar tog alles gegee. Well done.
Dit is is nie een speller se skuld dt hulle verloor het nie. n Klompie oordeelsfoute miskien. Peroonlik dink ek dat ons n 5 de bouler gemis het. In die hele reeks het ons nie regtig 7 kolwers nodig gehad nie. Maar net my gevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.