IRR sê kiesers is ontevrede met ANC

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge (IRR) het Sondag gesê kiesers het op ses kernkwessies hul ontevredenheid met die ANC uitgespreek.

Dié kwessies is ekonomiese groei, misdaad, opvoeding, gesondheidsorg, korrupsie en grondhervorming.

Die party is egter die hoogste geplaas om die beste te presteer wat vyf kwessies betref buiten om korrupsie te bestry.

Dit is die grootste bevindings wat gemaak is tydens die IRR se tweede peiling voor die nasionale verkiesing.

Gareth van Onselen, die IRR se hoof van politiek en regeringsake, het in ʼn verklaring gesê swart kiesers het negatiewe tevredenheidstelling teenoor die ANC uitgespreek oor ekonomiese groei (-48%), misdaad (-31%), korrupsie (-33%) en grondhervorming (-7%) en ʼn klein positiewe tevredenheidstelling vir opvoeding (+5%) en gesondheidsorg (+3%).

Onder ANC-kiesers was 51% “baie tevrede” met die nasionale regering se prestasie om korrupsie te bekamp, maar 47% glo die ANC, eerder as die DA of die EFF, kan korrupsie bestry.

Die opname is tussen 12 en 26 Februarie gedoen. “Dit was ten volle demografies verteenwoordigend en slegs geregistreerde kiesers het aan die peiling deelgeneem. Altesaam 1 611 respondente is ondervra.”

Onder alle kiesers het die ANC-regering ʼn negatiewe tevredenheidstelling ontvang op al ses kernkwessies: ekonomiese groei (-56%), misdaad (-41%), opvoeding (-11%), gesondheidsorg (-13%), korrupsie (-45%) en grondhervorming (-22%).

Die hoogste ontevredenheid oor alle kwessies was onder minderheidskiesers en DA-kiesers. EFF-kiesers is oor die algemeen ontevrede met die ANC-regering op al ses kwessies, maar was meer simpatiek as DA-kiesers. ANC-kiesers was die meeste simpatiek jeens die ANC-regering se prestasie, maar meer ontevrede op drie kwessies: ekonomiese groei (-36%), misdaad (-16%), en korrupsie (-22%).

Onder alle kiesers, het ʼn meerderheid van die respondente (30,1%) aangedui die EFF sal die beste korrupsie kan bestry.

Die DA is in Gauteng gekies as die beste party om op drie van die ses kernkwessies te presteer: ekonomiese groei en werkskepping (34,9%), om misdaad te bekamp (34,7%) en korrupsie te bestry (33,1%). Die DA het universeel op alle vlakke gedomineer en op elke kwessie onder minderheidskiesers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johanna Botha ·

Ons is omsingel deur diewe, moordenaars en onbekwame mense wat maak soos hulle wil ! Niemand sit in n tronk nie en NIKS werk nie !

Daan Erasmus ·

Churchill het gesê : spandeer 5 minute met die gemiddelde kieser dan sal jy nie meer dink demokrasie is so ‘n goeie idee nie. Brexit bevestig dit. En Suid Afrika se gemiddelde kieser is ondergemiddeld. By ons is dit erger.
Maak nie saak wat ‘n “histories” ANC kieser nou sê nie, een week voor die verkiesing draai hy om en stem ANC.

Emma ·

Solank die anc aan bewind is val alles uit mekaar, hoog tyd dat almal moet reg stem dat ons die land moet reg ruk.

Elna ·

Kom ons bid maar net vir hierdie land want niks gebeur positief meer in hierdie land nie. Kom ons bid vir n wonderwerk dat ons landsburgers gered word deur n ander party wat die verkiesing sal wen behalwe die eff of anc. Soos ons almal weet staan daardie bokse klaar gereed om omgeruil te word met verkiesingsdag dis mos nie meer n regverdige en eerlike verkiesing nie. Dis waarom die ANC al vir 25 jaar regeer.

Wielspore ·

Die ANC regering stel nie daarin belang om eenheid in die land te bevorder, na my mening sal eenheid onder Suid Afrikaners die meeste van ons probleme oplos, van rasse spanning tot misdaad. Al waarin die ANC belangstel is mag en baie geld vir hul self.

Awie Opperman ·

Dink julle werklik die ANC sal die wil van die mense respekteer en vreedsaam oorgee aan die volgende regerende party, indien hulle eendag ‘n verkiesing verloor? Hulle is ‘n kriminele organisasie van die begin af en sal doen wat Zanu-PF in zim doen. Hulle sal regeer/resultate kook tot hulle wen al verloor hulle in werklikheid die verkiesing. Demokrasie werk net eenvoudig nie in Afrika nie.

Johann van Cullinan ·

Dink julle regtig om te stem sal alles oplos?.
Sport is ñ afgod in Suid-Afrika. Ek is al so siek om rugby, sokker, krieket en gholf op tv te sien. Word wakker Suid-Afrika. Neem Jesus aan sodat die Heilige Gees julle die nodige leiding kan gee. Koning sport gaan niks vir julle kan doen nie. Dit is lankal nie net ñ rasse oorlog nie, maar ñ geestelike een. Lucifir se metodes is leuns, haat en liefde vir genot. Ek wil net eending sê, daar gaan nie net blankes in die hemel wees nie, maar, enige ras wat Jesus aanneem en Hom persoonlik ken sal gered word. Dink ñ bietjie. Ongelukkig is die meeste mense in die parlement ongelowig en regeer hulle nie met wysheid nie, maar uit hulle self. God is die enigste uitweg. Ons kan nie so aangaan, sonder om GOD in die parlement te erken nie. Leuns, diefstal, korrupsie, moord, haat is aan die orde van die dag. Daar is ñ gesegde. Meng jou met die semels en die varke eet jou op.

Db ·

@Johann. Ek stem saam dat lucifer aan bewind is. Toe hy Jesus versoek het om die klippe brood te maak het Jesus geantwoord dat jy nie van brood alleen kan lewe nie. Hierdie regering het die uitdaging aanvaar en nou stel lucifer net groter strikke en hulle val daarvoor want hy gee hulle die mag om alles te vernietig. Dit laat hulle voel asof dit uit hulself kom pleks hulle begin dink (eintlik te veel gevra van hierdie wesens) dat dit die “highway to hell is”. Ons kan net die Vader smeek vir genade en beskerming teen hierdie brullende leeu wat rondloop.

bolla ·

Die aaklige waarheid is dat ‘n kospakkie en gratis vervoer op stemdag ‘n stem kan koop.

Susan ·

Ek het nie geweet dis só maklik nie. Jy moet dit vir die Vryheidsfront sê, dat hulle op verkiesingsdag by alle stempunte vir almal kospakkies en gratis vervoer aanbied. Dan sal hulle die verkiesing wen!! Dan is al ons bekommernis verby! ?

Dries du Toit ·

@johan en db. Daar is 2 partye waar christelike beginsels die belangrikste punt in hulle beleid is. Gaan jy hulle verloen deur jou rug op hulle te draai

Realiteit ·

@Dries – Somewhere in die Bybel staan daar jy mag nie in dieselfde juk trek as die ongelowige nie. Al die sg. ” Christelike” partye trek baie lekker saam in dieselfde juk. Sit langs die ander op sagte leerstoele en ontvang elke maand sy salaris. Nognie een keer gehoor dat hulle ‘n probleem het daarmee nie. Hulle is eintlik die gevaarlike partye om voor te stem aangesien hulle blote teenwoordiheid dui op valsheid. Die ander partye is ooglopend nie Christelik van aard nie en hulle gee dit ook nie voor nie.

Sarel ·

Hoor nou die dag van n ouman, hy gaan steeds ANC stem, hulle het hom jare gelede n tv belowe en hy moet dit nog kry.

George in Bloem ·

Dit moet sekerlik die grap van die jaar wees en ‘n baie goeie aanduiding van die intelligensie(of dan eerder die gebrek daaraan) van die gemiddelde ANC kieser wanneer net meer as die helfte van die wat ondervra is aangedui het hulle glo die ANC sal korrupsie kan hokslaan? Rerig? Hahahahahaha!!!!! Hoe pyn my maag nou van al die lag.

Dries du Toit ·

@Realiteit. Ek stem saam met jou . Ons moet ons vertrou in die liewe Vader hê maar dit beteken voorwaar nie dat ons in dieselfde juk trek as ons die duiwel opponeer in die verkiesing nie. Die liewe Vader gee ons grond om te bewerk. Hy gee vir ons saad om te plant. Hy gee ons Reën . Hy gee ons son en wind sodat die saad kan groei. Maar die liewe Vader plant nie daai saad vir ons nie. Dit moet ons self doen om uiteindelik te kan maai. Asb gaan stem asb.

Judge Dredd ·

Beteken nie veel nie – ANC kiesers is al van Mbeki se tyd ontevrede – en steeds stem hulle ANC.

Db ·

@ Dries du Toit. Ek het nooit gesê dat ek my rug op die 2 partye gaan draai wat Christelike beginsels het nie. Sorg maar net dat jy vir die regte een stem want ek gaan.

Mudguard ·

Nog geen land in Afrika het n ” regime change” gehad na onafhanklik wording nie. Die party aan bewind sal daaraan bly klou. Hoekom sal dit hier anders wees? Dis hoe dit in Afrika werk as afrikane aan bewind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.