IRR verwelkom uitspraak oor dagga

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het Woensdag die uitspraak in die konstitusionele hof verwelkom dat ʼn persoon in die privaatheid van sy of haar huis dagga mag kweek, besit en gebruik.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Dinsdag die parlement opdrag gegee om gedeeltes van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe binne twee jaar te wysig.

Kelebogile Leepile, woordvoerder van die IRV, het gesê dié besluit is ʼn belangrike stap om die regte van individue te bekragtig om besluite te maak oor kwessies wat hulle en hul lewens raak. “Die uitspraak in die konstitusionele hof is die dun randjie van die vryheidswig wat Suid-Afrikaners vryer maak. Mense moet vry wees om besluite te maak sonder inmenging van die staat of hulle ʼn middel soos dagga in die privaatheid van hul huis wil gebruik of nie, net soos wat hulle kan besluit of hulle alkohol by die huis wil gebruik of nie,” het Leepile gesê. “Dié reg is slegs wettiglik beperk wanneer dit ʼn impak het op ander persone, soos dronkbestuur.”

Volgens Leepile wys die uitspraak die hof glo dat individue beter toegerus is as die staat om besluite oor hul eie lewens te maak. “Individue moet nog verder bemagtig word om besluite te maak oor hul kinders se opvoeding, hul gesondheidsorg, en wie hulle in die parlement moet verteenwoordig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Bettie Fourie ·

As die gebruik van dagga gewettig kan word,kan genadedood ook gewettig word..

Linda ·

Hiermee stem ek nie saam nie, want dit bly nie net by dagga nie !!!

Stefan ·

Hi Linda.
Ek hoor wat jy sê dat dit nie by dagga bly nie. Ek het dit self ook al gesien gebeur, maar baie selde.
Net soos drank nie net altyd by drank bly nie….
Net soos een glasie brandewyn later ‘n kas brandewyn [kan] word.
Ek self gebruik dagga. Voorheen was ek deurmekaar met talle ander dwelms (vir redes waarin ek nie in die publiek sal ingaan nie), insluitend alkohol. Elk van hulle het my lewe op sy eie “spesiale” manier verwoes. Toe ek besef dat my lewe reguit in die ‘gutter’ ingaan, het ek alles gelos vir ‘n zol ‘n dag.
Ek kan met vertroue sê dagga was my ‘exit drug’ gewees. Ek het na my lus vir [actual] dwelms totaal ophou dagga rook tot so vyf jaar terug waar ek gediagnoseer was met ‘n geestesversteuring [wat veroorsaak was deur my dwelmmisbruik]. Vir vier jaar was ek in en uit inrigtings, het geen werk gehad nie en geen medikasie het gehelp nie. Toe die laaste psigiater opgee met my, het ek hulp aangevra by die plank wat my skoon gekry het.
En hier sit ek; met ‘n werk, ‘n stabiele geestes-toestand [het die laaste psigiater wat ek gesien het besoek en dié het bevestig dat as hul nie my geskiedenis geken het nie, sou hul aanvaar ek is 100% stabiel]. So ja, dagga kan gagga wees, in ‘dieselfde’ manier waarop Grandpa’s of self koffie gagga kan wees.

Misbruik is die sleutel woord hier.

AmY ·

Oor so twintig jaar mag ons dalk met ‘n spul dowwe, gerookte kinders sit, soos die ouers voor hulle kinders gaan rook.
Geen meer kinders op Universiteit nie.
Dalk gaan almal altyd so ‘gelukkig wees,’ dat hulle gaan vergeet om te betoog en te vernietig.”

Stella Berning ·

Ja nee daar gaan hy. Dis al klaar n probleem aa intree dwelm. So gee dit saam met al die ander wette wat verander het is daar geen leiers oor 15 jaar . Arme kinders arme ouers.

oom piet ·

Bewys jou stelling met bronne geraadpleeg en kwalifikasies van bron se skrywer.

Johan ·

Dis ironies dat dagga gewettig word terwyl daar al hoe meer op die indiwidu se vryheid om te rook inbreuk gemaak word. Sodra hulle rook kriminaliseer sal ons sekerlik op die Grondwethof kan reken – nie waar nie?

Gert ·

Daar is ander regte ook. Soos eiendomsreg byvoorbeeld, waarop die owerhede inbreuk wil maak.

piper ·

die voorstel is dagga mag gebruiken gekweek word op jou persoonlike eiendom. net na die aankondigen sit hulle in die publiek voor die hof en dagga rook om die uitspraak te vier. geen wet en orde nie

Daan Erasmus ·

Mense ontspan. Ek het nog nooit dagga gerook nie. Ek rook nie nou dagga nie. Ek gaan ook nie in die toekoms dagga rook nie. Jy gaan ook nie. Nou wat is almal so op hol.

Amber ·

So nou is die polisie honde wat dagga uitsnuffel, ook hulle werk kwyt.

Daan Erasmus ·

Nee. Nou kan die SAPD fokus op die mense wat ‘n TON dagga vervoer. Nie die howe se tyd mors met iemand met ‘n enkele zol nie. Die honde kan nou beter aangewend word.

ZAR ·

Ok ja, ek verstaan. Kom ons sê dan net dat dit absolute losers is wat dagga rook/drink as hul nie terminaal siek of in pyn is nie.

ZAR ·

Dagga is nou gewettig om mense meer “compliant” te maak. Hou die mense hoog dan bekommer hulle hul nie oor wat die regering doen nie.

hb ·

Mooi man. Die uitspraak maak in elk geval geen verskil nie. ..Daar was in elk geval geen toepassing gewees op di wet van die verbod op dagga in di laaste tyd ni. Wettig nou genadedood (wat in elk geval daagliks plaasvind op verskillende maniere)en prostitusie(wat in elk geval gebeur in wettige stripklubs). Hoop iemand veg vir dit en o ja, haal tog net di klappe van julle oe af en dink en redeneer logies asb.

Johann Holtzhausen ·

O? Dis dan om ons meer vryhede toe te laat, ook hoe ons ONS kinders grootmaak. Probleem kom dat jy jou “vryheid” gou kwyt is wanneer jy JOU EIE kind tugtig (L. W., nie AANRAND NIE!). Hoe nou?

Hasie ·

Kan iemand vir my sê waar kan ek dagga kry? My een oupa het roltwak gepruim dan spoeg hy so ‘n bruin straal in so ‘n erdebakkie wat my ouma vir hom by die kruidenoetswinkel gekoop het. Hy was ‘n foendie met daai spoegery, hy het nie gemis nie. Ons het nooit te na aan hom gegaan nie, net gegroet en dan terug gestaan, buite tref afstand. Wat ek eimtlik wil weet is of jy dagga ook kan pruim? Dit kan dalk vir ‘n man weer spoed gee.

Edd ·

Die slegter dit in die land gaan die meer afleidings sal die regering vir sy mense toe gee.

Ockert ·

Nice politiek voor verkiesing: Leepile sê mense moet bemagtig word om eie besluite te neem oor hul kinders, gsondheidsorg en…”wie hulle in die parlement gaan verteenwoordig.”

EC ·

Ag asseblief. Wet is slegs van toepassing as dit ander mense benadeel soos dronkbestuur. Ons buurman van 23 jaar oud het 4 uit die 7 weeksdae deurnag partytjies. 10pm – 5am. Die drank vloei en die walm van dagga hang oor die muur. Probeer nou redeneer met ‘n persoon hoog gerook op boom. Selfs die polisie uitgelag toe ons probeer hulp kry net om n nagrus in te kry. Huis is nou in die mark want ek is keelvol.

Johan ·

Die daggakoppe is klaar treurig. Nóú gaan die poppe dans! Dis strategies uitgewerk. Die silwer sal nou geskei word.

Anoniem ·

Miskien moet ons Suid Afrikaners begin dagga rook dan word ons manhaftig en kry weer ruggraat om op te staan vir ons regte.

Thinus ·

Separating the facts from fiction about using dagga
Myth 3. Smoking marijuana causes cancer
Fact: Both marijuana smoke and tobacco smoke, contain carcinogens. However, research shows that marijuana smokers generally smoke much less pot than the cigarettes smoked by tobacco users, but most likely not enough to cause cancer. A 2006 UCLA study concluded that even heavy marijuana use does not lead to lung cancer. The study suggests that marijuana can inhibit the growth of tumours. Smoking is not the only way to consume marijuana. The risks are linked to smoking.
Myth 4. Dagga leads to crime
Fact: In South Africa cannabis is often associated with crime. Use of the plant is higher among offenders than nonoffenders, but marijuana does not cause criminal behaviour. In fact it could be the other way round – that criminals are more likely to use drugs. Dagga, unlike alcohol, generally does not make people aggressive, which makes it difficult to link it to violent crime.

tB ·

Nee Thinus. Dagga, terwyl jy dit rook, plaas jou op “n hoog en voel die gebruiker kalm. Sodra dit uitgewerk is, gaan die uitwerking van die hallosinogeen (d.i. ook dagga) voort en die persoon is aggressief en openbaar dissosiatiewe emosies. Dit is hier waar die moeilikheid ernstig begin. Hulle het minder beheer oor hulle dissosiatiewe emosies, raak braaf, aggressief en sur-realisties in hul denke. Tragies om te sien. Tragies.

Spark Plug ·

Waar kan ek dagga koekies koop…en rook nie dagga nie maar mag dit seker eet. Dink net hoe lekker gaan ons dan werk

realis ·

‘n Storm in ‘n tee koppie. Soveel mense rook dagga vir jare lank al. Die wettiging van dagga sal geen noemenswaardige verandering meebring nie.
Ek is nie pro dagga nie, dog net ek noem dit.
Te veel doemprofete in ons land.

Nikita ·

Dis reg…maar die wettiging hiervan gaan die rook daarvan mos nou vererger…waar hulle dis moes skelm rook(minder) gaan dit een of ander tyd handuit ruk. Hoe lank gaan hulle dit in privaatheid rook soos wet se, voor hulle dit elk geval buite gaan rook, in erwe, dan in strate, in hulle privaatheid van hulle motors!! Hulle gaan mos nou gemakliker raak, nie waar nie? Sal nie verbaas wees dagga kom by voordeur in en wet en orde verdwyn by agterdeur uit!

Spook ·

Die rook van dagga stem ek nie met saam nie veral nie as daar drank betrokke is nie…..maar daar is ander produkte wat wel die moeite werd is. Met elke wet sal daar goed en sleg wees, dit is hoe jy dit gaan toepas. Maar om dit as n krui in jou vogroom of shampoo the gebruik mark dit niks minder onskuldig as laventel nie.

Nikita ·

Dis reg c olivier, maar IRR is net die engels vir Institute of Race Relations.?

Huh? ·

Het jy nou al ooit iets so van die spoor af gehoor soos wat die IRV kwytraak? Hoekom word alle dwelmmiddels nie sommer maar net gewettig nie? Daar is iets soos sosiale verval en sosiale en morele waardes. Die staat is veronderstel om dit te beskerm. Dwelmmisbruik, ingelsuit alkoholmisbruik, lei tot geweld, misdaad, sosiale verval en gesondheidsprobleme. Dit kos miljarde Rande. Dis ‘n drogargument om te redeneer omdat mens alkohol vryelik in jou huis mag gebruik, moet dieselfde geld vir dagga (waarom word net dagga nou gewettig en nie alle ander dwelms nie – julle wil mos nou die sluise ooptrek dat die vloed alles verdrink). Die staat behoort eerder strenger op te tree teen alkoholmisbruik as om sy sosiale verpligting nog verder te ontduik. Die probleem met die grondwet vd hierdie land is dat dit eintlik ‘n modderwet is: dit laat alle sosiale en morele oorwegings totaal buite rekening en die hof wat dit moet interpreteer besef dit blykbaar nie. Mens kan nie suiwer regstaat laat seevier agv n stuk papier nie en alle morele waardes weggooi nie. Dit lei tot verval. Ek hoop hulle gaan sover dink as om almal wat vir medies en vir godsdienstige redes dagga wil gebruik, te laat registreer en reguleer, en bewyse indien jy is geregtig om dit te gebruik, en alle ander gebruike steeds te verbied

Fritz ·

Egskeiding is ook n teken van morele verval. Moet die regering dit verbied of streng reguleer?

Foxi ·

Suid Afrika gaan die grootste dagga agterplaas plantasies hê ter wêreld! Van ons kinders is klaar so dom en kan nie eens konsentreer met n eenvoudige IK toets nie. Hierdie is die grootste fout ooit wat hierdie regering nou toegelaat het.

Antiestabliesment ·

Ek slaan my hand saam as ek van die komentaar lees. Dit loop oor van onkunde oor die korrekte feite van dagga. Ek voel om te skree!

Get educated people, get educated.

Anoniem ·

Nou kan die doodstraf ook maar legal gemaak word.
Meer gesinne, huwelike en kinders se lewe gaan nou verwoes word.

wilma ·

Spark Plug, vra vir Hilda van 7de Laan-sepie om vir jou daggakoekies te bak!! Ha-Ha-Ha.

marous ·

Is dit wettig in Mosambiek ? Is dit wettig in Botswana ? Is dit wettig in Zimbawe ? Is dit wettig in Namibie ? Is dit wettig in Zambie ? Is dit wettig in Swaziland ? Is dit wettig in Lesotho ? Lekker reis met jul persoonlike stash hoor ……

Willie ·

En hier dag ek nou SA is anti Dwelms? In my oe, bly dit verkeerd.. Ek praat nou nie van medisinaal nie…

PietPompies ·

Julle “mense” laat my lag ! Miskien moet julle ‘n bietjie meer ontspan, ek rook dagga (OOH MY GENADE ! ‘N DWELMVERSLAAFDER !) Maar dink jukke nie dat die polisie moet eerder die slagoffers van geweld en verkragting konsentreer? Of moet hulle hul tyd mors om onskadelike mense te stop wat ‘n bietjie wil rook? Jy vertel my terwyl jy jou klippies en coke op die stoep drink, daardie alkohol is nie eintlik slegter nie? Hoeveel mense vind jy wat deur stoned mense vermoor word, in teenstelling met dronk geweld? Word wakker mense. Dis nie meer 1850 nie.

Landi ·

Nie net n dwelm verslaafde nie, maar duidelik ook iemand wat n veer vir wetsgehoorsaamheid voel, en altyd baie te se het oor ander kriminele?! Watter ander wette ongehoorsaam jy?

Celtis Africana ·

Nogal verbasend om die pro-Cannabis uitspraak te lees van die Instituut van Rasseverhoudings.
Op die keper beskou, maak enkele opmerkings tog sin.
“… belangrike stap om die regte van individue te bekragtig om besluite te maak wat hul lewens raak.”
“… individue beter toegerus is as die staat om besluite oor hul lewens te maak.”
” Individue moet nog verder bemagtig word om besluite te maak oor hul kinders se opvoeding, hul gesondheidsorg en wie hul in die parlement moet verteenwoordig. ”
Die stellings van die IRV impliseer dus dat ons tot dusver grootliks nie self kon besluit oor aspekte wat ons lewens raak nie.
Verder dat ons tot dusver die staat toegelaat het om besluite oor ons lewens te neem waaroor hul glad nie bevoeg is nie.
Laastens, dat ons nie self kon besluit oor ons kinders se opvoeding nie, oor ons gesondheidsorg of selfs wie ons in die parlement verteenwoordig nie.
Genade! Ons is eenvoudig dan die slagoffers van politieke kastrasie die afgelope kwarteeu!
Opvolgartikel insake die aanwending van individuele regte ten einde vir ons as minderheidsgroep te beskerm, sal waardeer word.
Ek kan eenvoudig nie insien hoe dit kan gebeur nie.

PietPompies ·

You people make me laugh. You are stuck in the 1800s. Would you really have the police rather spending their time and money on stopping people from smoking weed rather than stopping victims of violence or rape ? How many crimes are committed by stoned people as opposed to the violence that is committed by drunk people ? Maybe while you are sitting on the plaas stoep drinking your klippies and coke and judging people based on their private entertainment, that you should make yourself some dagga cookies to have with them and chill out. It seems that you want to avoid waking up to the fact that it’s there, it’s always been there and will always be there and making it legal is a way of saving money and time. Wake up okes, we have electricity and everything !

Landi ·

Police ARE working on all the above mentioned…. We laugh at you for wanting and searching for some form of purpose while you also would like to be different, but you keep failing with great shortages and yearning for satisfaction and contentness. Now dagga is your idea of doing so… Funny! Apparently you have found what you’ve been looking for – fake selfworth and purpose in dagga. Enjoy. Let the people be who preffer not to be controlled by any substances. I can understand if their comments makes you feel weak, rightfully so. Laugh it off with some pot….

Steven ·

At last! someone with commonsense here! Thx, Pietpompies….

Spark Plug ·

Dagga is al jare lank wettig in Nederland, die hoekom hulle so snaaks afrikaans praat

Chiddy ·

@ Marous: jy weet dat die beste dagga in Swaziland gegroei word? Dus geen rede om te reis met dagga na Swaziland. Koop sommer die beste produk daar

Neewat ·

Ekself was ‘n daaglikse gebruiker vir 2 jaar. Eerstens aan diegene wat glo dis nie gewoontevormend nie……. wat begin het met een pypie in die aand het geëindig met 5-8 “bongs” per dag……. Dit was nie meer vir my lekker nie, maar ek moes rook anders was die hel los en ek so geïrriteerd ek kon moordpleeg. Dis nie regverdig dat ‘n kind ‘n ouer moet hê wat altyd iewers in die wolke is nie. En almal wat pro-dagga is sal seker met my verskil, maar in my ervaring is jy nie jouself nie. Dit raak later ‘n leefstyl en al waarna ek gemik het elke dag is my eerste bong sodra ek by die huis kom. Eers daarna kon ek met my kind gesels. Dit klink erg, want dit is erg. Ook het dit my depressie gegee en erge moodswings. Na elke bong was die “low” net laer. Gelukkig het ek ‘n wilsbesluit geneem en gestop. Heeltemal gestop al vir ‘n jaar en 9 maande. En ek weet nooit is ‘n baie lang tyd, maar nooit weer sal ek myself daaraan blootstel nie. Ek was een van die mense wat gesê het dis nie gewoontevormend nie, dis ‘n natuurlike produk en nie ‘n dwelm nie. Totdat ek dit gelos het. Ek kon vir ‘n maand lank nie slaap nie – nagmerries het my heelnag wakkergehou en wanneer ek wel geslaap het, het ek my papsopnat gesweet. Uit my eie ervaring het geleer dis nie die moeite werd nie.

Snowball ·

@Neewat, Baie geluk met jou keuse en wilskrag. Uiteindelik iemand wat self die negatiewe uitwerking weergee. Verslawing in enige vorm, of dit dwelms, drank, of sigarette is, is eers ‘n nuutjie, dan ‘n gewoonte en dan ‘n siekte. Eers as jy will ophou, besef jy die greep wat dit op jou lewe het.

Landi ·

Fantasties! Ons is beslis nie met n dagga blaar in die bek gebore nie. Baie trots op jou. Jy het n pragtige sterk karakter.

TP ·

My kleintjie is nou 12, en hulle het hierdie kwartaal die voor- en nadele van dwelms behandel, onder andere dagga. Sy hou daarvan om alles te debateer, en gisteraand het sy behoorlik haar mond gespoel oor hierdie uitspraak:
1. “Mense rook in hulle huise en klim dan in hulle karre en ry tussen ons op die pad – op ‘n lekker ‘high’. Hulle gaan mos baie ongelukke maak/veroorsaak.”
2. “Weet ‘hierdie’ mense dat die rook van dagga jou breinselle doodmaak?”
3. “Miskien is dit ‘dagga-rokers’ wat hierdie besluit geneem het!”

Uit die mond van ‘n suigeling…

oomRuan ·

Soveel mense wat dink hierdie is n slegte besluit. asb doen julle self n guns en gaan soek “How marijuana changed Colorado and Washington” dan sien julle watse goeie dinge als van die wonderlike plant af kom. Gaan doen ondersoek voor julle kla oor iets waaroor julle geen kennis het nie. Dis nie moeilik nie. Google is hier vir jou, gebruik hom.

Colin ·

Nog n uitmuntende stukkie werk van ons hanswors regime! Ek moet wel met geboe koppie erken dat ek nie verlig genoeg is om te verstaan hoekom die IRV, n instansie alombekend vir hulle onverskroke, onpartydige en vreesaanjaende
professionele handhawing en uitvoering van hulle aangestelde taak, se woordvoerder nou juis voel dat hulle n beentjie te lig het oor die skitterende uitspraak nie. Maar, wie weet, dalk sal dit veroorsaak dat die gemiddelde regime cadre en ondersteuner se IK stuig tot, durf ons hoop, iewers in die boonste helfte van dubble syfers?

Nikita ·

Wonder net, die wat dagga so verdedig en goed praat, is dit nou n beste vriend of eerder baas? Ek het niks teen die medisinale gebruik daarvan nie, maar die rook daarvan is en bly ongesond met baie nadele. Dit bly vir my n geslote boek. Dis boonop verslawend. Ek glo diegene wat dit rook, wens eintlik in hulle harte dat hulle die bande tussen dagga & hulle self kan breek….hulle wil dit net nie erken nie. Sterkte aan almal wat dit rook, kry julle jammer.

Elsa ·

Baie dankie vir eerstehandse inligting en baie geluk dat jy al vir so lank skoon is Neewat. Ek persoonlik is bly dat dagga gewettig is, juis oor die medisinale waarde daarvan. Ek self stel nie belang om ‘n zol te rook nie, maar ek oorweeg dit nou sterk om self ‘n paar daggaplantjies in my tuin te plant en dagga op allerhande maniere te gebruik en ook in kos. Die Internet is vol van wonderverhale van genesing van baie siektetoestande en hoe dagga vir baie kwale gebruik kan word.

Landi ·

Police ARE working on all the above mentioned…. We laugh at you for wanting and searching for some form of purpose while you also would like to be different, but you keep failing with great shortages and yearning for satisfaction and contentness. Now dagga is your idea of doing so… Funny! Apparently you have found what you’ve been looking for – fake selfworth and purpose in dagga. Enjoy. Let the people be who preffer not to be controlled by any substances. I can understand if their comments makes you feel weak, rightfully so. Laugh it off with some pot….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.