Is jy ‘n briljantjie in matriek? Maroela wil van jou hoor

matriekuitslae

Argieffoto

Maroela Media wil vanjaar erkenning gee aan Afrikaanse skole se toppresteerders in die matriekeksamen.

Ons nooi alle matrikulante, wat na verwagting AGT of meer onderskeidings gaan verwerf, om aan die projek deel te neem.

Ons wil ook graag erkenning gee aan kandidate wat ondanks moeilike omstandighede en terugslae goed presteer het.
Kandidate wat ook op sport- en kultuurgebied uitsonderlik presteer het, kan ook van hulle laat hoor.

Klik hier om deel te wees van dié lekker projek en vul die vraelys so volledig as moontlik in.

Onthou ook dat alle matrieks van 2016 hul matriekuitslae, danksy Maroela, in Januarie op die beste moontlike plek kan kry: tuis, op hul fone, op die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet. En dis boonop gratis. Registreer nou en lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

skoolstandaarde is nou so laag om almal deur te kry, dat ek SKAAM sou wees as ek volpunte in alles kry…

Aletta ·

Luister jaco, dis miskien ‘n goeie idee om maar liefs stil te bly oor dinge waarvan jy nie eintlik weet nie. Die slaagsyfer is wel laag, maar dink jy dis verlaag omdat die werk makliker geword het? Het jy enige idee hoe hard kinders in top skole werk om punte wat nie net die minimum vereistes nie, maar tot soveel as 1.5 maal daardie persentasies te behaal? Met ander woorde hulle leer vir diep 90’s – om ‘n plek by ‘n top universiteit te verseker waar jou pa se geld (soos vroeër jare) nie meer genoeg is om vir jou ‘n plek te waarborg nie én jou velkleur jou muilband. So kry jy maar lekker skaam, maar ‘give credit where credit is due’.

Sarie ·

Het 4! jaar gelede gesoek vir borg om my studies te help betaal. 4 Onderskedings gehad, met persentasie van 68% regoog universiteits loopbaan van 4 jaar. Ek gradueer op 10 November 2016. My ouers moes sukkel om die fondse byeen te bring. Hoe werk hierdie stelsel????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.