Maroela Media wil vanjaar erkenning gee aan Afrikaanse skole se toppresteerders in die matriekeksamen.
Ons nooi alle matrikulante, wat na verwagting AGT of meer onderskeidings gaan verwerf, om aan die projek deel te neem.
Ons wil ook graag erkenning gee aan kandidate wat ondanks moeilike omstandighede en terugslae goed presteer het.
Kandidate wat ook op sport- en kultuurgebied uitsonderlik presteer het, kan ook van hulle laat hoor.
Klik hier om deel te wees van dié lekker projek en vul die vraelys so volledig as moontlik in.
Onthou ook dat alle matrieks van 2016 hul matriekuitslae, danksy Maroela, in Januarie op die beste moontlike plek kan kry: tuis, op hul fone, op die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet. En dis boonop gratis. Registreer nou en lees meer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Ja ek is maar gaan my dreadlocks oraait wees?
skoolstandaarde is nou so laag om almal deur te kry, dat ek SKAAM sou wees as ek volpunte in alles kry…
Het 4! jaar gelede gesoek vir borg om my studies te help betaal. 4 Onderskedings gehad, met persentasie van 68% regoog universiteits loopbaan van 4 jaar. Ek gradueer op 10 November 2016. My ouers moes sukkel om die fondse byeen te bring. Hoe werk hierdie stelsel????