IS sê hulle is verantwoordelik vir aanval op Christene in Egipte

Vlag van Egipte (Foto: RonnyK, Pixabay)

Die ekstrimistiese groep, die Islamitiese Staat, het gesê sy militante is verantwoordelik vir ʼn aanval op ʼn bus waartydens sewe persone Vrydag in Egipte gesterf het.

Maroela Media het vroeër berig die groep van die Koptiese Kerk was op pad na ʼn afgeleë klooster in die woestyn, suid van Kaïro. Die polisie het gesê sewe persone is in die aanval dood, en die Amaaq-nuusagentskap, ʼn mondstuk vir die Islamitiese Staat, het gesê meer as 18 mense is beseer.

Die aanval het naby die St Samuel the Confessor-klooster in Minya plaasgevind. Die hoofpad na die klooster is vroeër gesluit weens die afgeleë ligging en ʼn gebrek aan telefoonkommunikasie in die gebied.

ʼn Woordvoerder van die sekuriteitpolisie het gesê die soektog na die aanvallers duur voort.

Pres. Abdel Fattah al-Sissi het op die aanval reageer en gesê die land sal nie afgeskrik word in sy poging om terrorisme te bekamp nie. “Ons is baie hartseer oor die martelaars wat gesterf het,” het al-Sissi op Twitter gesê. “Ek wens die beseerdes spoedige beterskap toe.”

Altesaam 29 mense is in Mei 2017 in ʼn soortgelyke aanval in Minya oorlede. Militante het sedert 2013 ʼn reeks aanvalle in Egipte geloods. Verskeie aanvalle het Christene en kerke geteiken.

Altesaam 48 persone is in April 2017 dood tydens selfmoordbomaanvalle deur militante van die Islamitiese Staat.

Christene is ongeveer 10% van Egipte se bevolking van 100 miljoen wat oorwegend Moslem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stormjaers ·

Dis nie ekstrimistiese groep nie. Dis islam in sy geheel. Dis (is) is net die gewapende vleul van islam.

Cherokee ·

Ek stem 100% saam met wat jy sê, Stormjaers. Nooit hoor jy van enige moslem wat ‘is’ kritiseer nie.

PJC ·

As ń mens na nuusgebeure reg oor die wêreld kyk kan jy nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat die moslemgeloof die mees geweldadigste geloof op aarde is nie. Orals waar aanhangers van Islam is is dit net onderdrukking, geweld en bloedvergieting. Geen verdraagsaamheid teenoor ander faksies en gelowe word gepredik. Die ergste van alles is egter die absolute minagting en gevolglike vernedering van vroue.

Guve ·

Vlug Christene,bir wat wil jul saam met sulke wreedaards bly,emigreer,en beskerm jul kinders,dis werklik nie die moeite werd om jul lewe in gevaar te stel nie,sterkte.

Dries du Toit ·

Is n Islamiet en Moslem dieselfde geloof. Ek glo darem nie. ???

uit die woestyn ·

Die Moslems veroordeel hierdie ten sterkste. Dis onverantwoordelik om te se dat Moslems en Islam direk verbind is aan die terroriste. Ek bly in die UAE en die Moslems in die land is van die gaafste en tolerant mense. Hier word alle gelowe verwelkom en respect. En ek as n Christen, hoef nog nooit vir 1 sekonde bang te gevoel het, of voel dat my geloof nie hier uitgeleef mag word nie. IS is gevorm uit die extremist en radicalized wat basically ge-brainwash is om te glo dat hulle die superior geloof is en dat geweld die enigste uitweg. (Dink maar aan dieselfde wat in SA gebeur met die EFF en hulle mentality) Nie alle Moslems het dieselfde uitkyk nie, van die miljoene world wide is daar n klein persentasie wat actually deel vorm van IS. en as alle Moslems so geweldadig en bloeddorstig was, sou ek nie vandag in die Veligste land in die Wereld gebly het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.