Is versoening se dae getel?

Theuns Eloff. Foto: www.ethlife.ethz.ch

Theuns Eloff. Foto: www.ethlife.ethz.ch

Is Versoeningsdagvierings nog gepas in die Suid-Afrika van 2015? Het ons die boodskap van welwillendheid van Mandela, De Klerk en Tutu verloën?

“Indien mens kyk na die aanvalle op buitelanders, onverdraagsaamheid onder politieke partye en die rassistiese ondertone van studentebetogings, kan dié afleiding maklik gemaak word,” het dr. Theuns Eloff, voorsitter van die FW de Klerk-stigting, gesê.

Die fase van versoening wat Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die samelewing saamgevoeg het, is volgens Eloff iets van die verlede. “Die stryd in 2015 is vir maatskaplike geregtigheid. Dit het die norm onder politieke leiers geword om die rassekaart te speel, iets wat teenstrydig is met versoening.”

Eloff meen versoening het tog steeds ʼn plek in ons samelewing. “Versoening en verdraagsaamheid moet ʼn prioriteit wees. Andersins sal die volgende generasie terugval op rassisme. As daar regtig respek tussen mense van alle rasse is, sal ons gebind word deur ware patriotisme en respek vir die grondwet.”

Volgens Eloff moet mense onthou “versoening is ʼn proses en nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie”. Versoening kan volgens hom slegs gebeur as almal se reg om te bestaan, gerespekteer word. “Dit word bemoeilik as die meerderheid eis om ‘tuis’ te voel en daarmee die regte van minderhede om in hul taal onderrig te word, wil onderdruk, soos wat in Stellenbosch gebeur het.”

Misbruik en stereotipering bevorder nie versoening nie. “Net soos politieke korrektheid en valse vriendelikheid teenoor mekaar ons ook nie vorentoe sal neem nie,” het Eloff gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

Net n vraag………..Wie moet met wie versoen??????????????

Gert

Is dit nie fw de klerk se skuld nie ?

Stefan Nel

Versoenings dag se voet. dit is Geloftedag. Ek en my huisgesin vier dit deur kerk toe te gaan, en te vier wat Jesus gedoen het op 16 Desember 1838.

Realiteit

Waarom het dit so lank geneem voordat iemand hierdie onderwerp aangespreek het? Ek stem heel hartig saam. Daar is baie meer redes waaraan ek kan dink tot die afskaffing van versoening MAAR die Geloftedagvierings is n hart saak om nooit maar nooit te staak nie, ONS bloed behoort net sterker in mekaar se are te vloei! Moet nooit ophou glo in die Boere hart nie!

T

Geloftedag het niks te doen met ‘versoening’ nie. Maroela kan gerus dit oorweeg om die volledige verslag van Andries Pretorius na die Slag by Bloedrivier te publiseer. Dit is nogal indrukwekkend. Dit sal ook goed wees om weer die volledige verhaal te sien in die media oor wat presies daardie week voor die slag plaasgevind het en al die wonderwerke wat daar opgeteken is. Hierdie Oorwinning was God sin en ‘n duur les vir Dingaan en sy Zulu impies en behoort ‘n les te wees vir almal veral vir die ANC terroriste organisasie wat sederd sy ontstaan op dieselfde ramp… Lees meer »