Is versoening se dae getel?

Theuns Eloff. Foto: www.ethlife.ethz.ch

Theuns Eloff. Foto: www.ethlife.ethz.ch

Is Versoeningsdagvierings nog gepas in die Suid-Afrika van 2015? Het ons die boodskap van welwillendheid van Mandela, De Klerk en Tutu verloën?

“Indien mens kyk na die aanvalle op buitelanders, onverdraagsaamheid onder politieke partye en die rassistiese ondertone van studentebetogings, kan dié afleiding maklik gemaak word,” het dr. Theuns Eloff, voorsitter van die FW de Klerk-stigting, gesê.

Die fase van versoening wat Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die samelewing saamgevoeg het, is volgens Eloff iets van die verlede. “Die stryd in 2015 is vir maatskaplike geregtigheid. Dit het die norm onder politieke leiers geword om die rassekaart te speel, iets wat teenstrydig is met versoening.”

Eloff meen versoening het tog steeds ʼn plek in ons samelewing. “Versoening en verdraagsaamheid moet ʼn prioriteit wees. Andersins sal die volgende generasie terugval op rassisme. As daar regtig respek tussen mense van alle rasse is, sal ons gebind word deur ware patriotisme en respek vir die grondwet.”

Volgens Eloff moet mense onthou “versoening is ʼn proses en nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie”. Versoening kan volgens hom slegs gebeur as almal se reg om te bestaan, gerespekteer word. “Dit word bemoeilik as die meerderheid eis om ‘tuis’ te voel en daarmee die regte van minderhede om in hul taal onderrig te word, wil onderdruk, soos wat in Stellenbosch gebeur het.”

Misbruik en stereotipering bevorder nie versoening nie. “Net soos politieke korrektheid en valse vriendelikheid teenoor mekaar ons ook nie vorentoe sal neem nie,” het Eloff gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Anoniem ·

Net n vraag………..Wie moet met wie versoen??????????????

Ons stem ·

Nee Gert , niks ge-fw of Dr of Ds ens nie . Lees Deuteronomium 28 . Dit was ons keuse , myne en joune . Ons het ons kruisie in die verkeerde blokkie getrek daar . Vir versoening – lees Amos 9 , veral die laaste paar klousules .

Stefan Nel ·

Versoenings dag se voet. dit is Geloftedag. Ek en my huisgesin vier dit deur kerk toe te gaan, en te vier wat Jesus gedoen het op 16 Desember 1838.

Realiteit ·

Waarom het dit so lank geneem voordat iemand hierdie onderwerp aangespreek het? Ek stem heel hartig saam. Daar is baie meer redes waaraan ek kan dink tot die afskaffing van versoening MAAR die Geloftedagvierings is n hart saak om nooit maar nooit te staak nie, ONS bloed behoort net sterker in mekaar se are te vloei! Moet nooit ophou glo in die Boere hart nie!

"nee , nie ons nie" ·

Ons gaan nog baie meer “versoen” word voordat ons nie onsself met ons God versoen nie . 2Co 5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God VERSOEN. 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” Ons is moreel vrot , so’ ? versoening met die wat soos ons is . “Plain and straight forward”

T ·

Geloftedag het niks te doen met ‘versoening’ nie.
Maroela kan gerus dit oorweeg om die volledige verslag van Andries Pretorius na die Slag by Bloedrivier te publiseer. Dit is nogal indrukwekkend. Dit sal ook goed wees om weer die volledige verhaal te sien in die media oor wat presies daardie week voor die slag plaasgevind het en al die wonderwerke wat daar opgeteken is. Hierdie Oorwinning was God sin en ‘n duur les vir Dingaan en sy Zulu impies en behoort ‘n les te wees vir almal veral vir die ANC terroriste organisasie wat sederd sy ontstaan op dieselfde ramp afstuur.

Justa ·

Versoening se voet. Alles is op n silwer skinkbord vir die ANC gegee en wat het hulle daarmee gedoen? Vertrap en ons tweede klas burgers gemaak. Hull pas in elk geval net “reverse” apartheid toe. Dis Gelofte dag klaar.

BoereBikerBaby ·

Eerlikwaar, wat help “versoening” want van die lede van die AWB het aansoek om versoening gevra en steeds sit hulle in die trunk. En maak nie saak watse versoening plaasvind nie, rassisme sal nooit stop nie…

pjkruger ·

As daar versoening moet wees is dit die regering vd dag se verantwoordelikheid om daarna om te sien en ek verwys hier na moorde op boere asook korrupsie en wat nog meer. Vir my as blanke Afrikaner kan en sal ek dit op die stadium nie ondersteun nie. Gelofte van 1838 staan vir my heel apart en het geen verband. Gelofte gaan dit net oor die blanke SuidAfrikaner.

chris ·

Ons het versoening probeer… Sonder sukses… Ek verlang na apartheid…

reconcilio ·

Daar is die wat nou versoen is met hulle eigentlike oorsprong Chris , maar het die reuk van versoening jou ook afgesit ? Openbaring_22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Johann Marx ·

Versoening is ‘n wisselstroom aktiwiteit…..dit kan net “versoening” genoem word as dit al die partye wat daaraan deelneem bevoordeel………….anders is dit net “boetedoening”………en daarvoor is ek nou al mooi gatvol. Hoeveel keer moet ‘n mens nou om verskoning vra vir politieke leiers wat ‘n ideologie nagevolg het toe jy omtrent 3 jaar oud was?

BoereBikerBaby ·

Die AWB lede wat nog in die tronk sit is nog steeds daar net omdat die swart regering hulle wil straf, maar dink nie aan dat hul getrou was aan hul howe en dus net opgetree omdat hul bevelvoerders dit vereis het. Ek is seker baie berou wat hul moes doen, maar is dit nou nodig om hulle lewenslank te straf net omdat hul leiers hul die bevel gegee het.

Die modern mense sal nie weet waaroor dit gaan nie want hulle is nie pligsvertrou nie. Die lewe was meer streng daardie tyd. As mens sien hoe ons militere ouens was daardie tyd teen nou, is dit ‘n grap.

Nefie ·

Ons het moes al lankal versoen, maar dan kom nommer 1 en grou weer die ou koeie uit die sloot. Hulle gee voor hulle wil versoen, maar hulle wil nie regtig nie, wil net ons aanhou blameer vir alles. Die rede: hulle kon nog niks konstruktief uitrig nie, en al gevolgtrekking is dat dit ons skuld is. Wat is hulle geskiedenis as jy die kamtige “struggle” uithaal, niks!

Fanie ·

Ek verstaan lesers se skerp reaksie teen ‘versoening’- omdat die ANC dit verskraal het tot inlywing by die meerderheid. Daarom is ek hewig teen hierdie tipe ‘selfmoord-versoening. Maar goeie verhoudinge met gewone swartmense bly belangrik. As Christen probeer ek almal menswaardig en met respek te behandel- ongeag hul ras. Onbeskofde mense dryf hul net in Julius se oop arms. Terselfdertyd verwerp ek die politici se aandrang op versoening as kulturele selfmoord. Die antwoord is wedersydse erkenning en respek.,

vermeende ·

Nee dis nie getel nie en ook nie verloen nie, daar was nog nooit versoening nie. Dit was net dit die gevorseede skuld wat op blankes af gedwing was.

Madiba was ‘n held vir sy mense en sy volk maar het niks goeds vir ons in gehou nie, nie na 94 nie. Hy was ‘n terroris en het die ‘OK’ gegee vir die Kerk st bom. Nie ‘n held vir my nie.

“de klerk” was en is nog steeds die grootste verraaier wat die land op gelewer het, Jan Smits staan aan sy regter kant.

Tutu……………. wie het hom al ooit gehoor preek waar politiek nie by sy preek betrek was nie? Nie ek nie. Dit is nie ‘n geestelike leier nie maar ‘n valse leeraar met ‘n agenda (ANC propaganda)

Nee jy kan nie iets verloen wat net ‘n onhaalbare droom was en is nie nie.
Versoening is net ‘n dagdroom.

Henry ·

Duidelik dat my verwysing na die Kgwadi aanstelling en Eloff se betrokkenheid, om nie eers van FW se wigte sprokies te praat nie, nie MK (Maroela Korrek) is nie.
:-))

Danie Acker ·

Ek reken 80 % of meer Suid Afrikaners kom goed met mekaar oor die weg. Die probleem is politici en hulle meelopers wat die ekonomie en die staatskas plunder, onbekwame mense aanstel in die naam van transformasie en ander blameer vir hulle sotlikhede en onwerkbare beleidsrigtings.

HEVW ·

Theuns Eloff jy het die pinkie gegee en jou hele blad is uitgeruk. Die PU vIr CHO le in wrakstukke. Om nog steeds soos fw te dink is blood naief. Die fundamentele van versoening is in Chtistus gelee. Alleen op hierdie basis kan dit realiseer. Lig en duisternis kan nie versoen nie. Die een moet nodwendig die ander oorwin. Dit is die magstryd waarom dit in SA gaan.

HEVW ·

Maroela as dit nie die waarheid is nie bewys my dit dan. Ek self is in murg en been n oud-Puk. en ken die geskiedenis van die verloop van sake.

Rynhardt ·

Maroela jy antwoord my nie.Is die waarheid weereens te erg? Dit is oor n 4ure en jy weier om my kommentaar te plaas.

Sune van Heerden ·

Dagsê Rynhardt,

Jou kommentaar is afgekeur omdat dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen het nie. Vergewis jouself gerus van dié stel riglyne om te voorkom dat jou kommentaar weer afgekeur word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elizabeth ·

Ek as wit boervrou het geen behoefte aan versoening nie. En sover ek kan sien die res van my familie ook nie

Paul ·

Ou Theuns as jy in die gange beweeg daar by julle stigting wil jy nie vir de klerk vra oor dai wigte en teenwigte asb man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.