Isanco sluit ook aan by veelpartygroep voor verkiesing

(Argieffoto: Reint Dykema)

Die Independent South African National Civic Organisation (Isanco) het aangesluit by ʼn groep politieke partye wat betrokke is by die onderhandeling van ʼn ooreenkoms voor volgende jaar se verkiesing om ʼn nuwe regering in te lei.

Saam met die DA, die IVP, VF Plus, ActionSA, UIM en SNP is Isanco die sewende politieke party wat die nasionale konvensie op 16 en 17 Augustus in Kempton Park sal bywoon.

Isanco het in 2021 weggebreek van die ANC-gerigte burgerlike organisasie Sanco oor die versuim om korrupsie in die regerende alliansie te takel, lui ʼn gesamentlike verklaring.

Die nuutgevormde party het tydens die plaaslikeregeringsverkiesings in 2021 altesaam 14 setels verower in gebiede wat vroeër deur die ANC gedomineer is.

Volgens die verklaring is Isanco se besluit, om by die groep aan te sluit, ʼn teken dat Suid-Afrikaners van alle agtergronde, insluitend diegene wat voorheen die ANC ondersteun het, op soek is na ʼn geloofwaardige alternatiewe regering wat ons land weer vorentoe kan laat beweeg.

“Dit is ook ʼn teken van ons groep se voortgesette pogings, om enersdenkende partye bymekaar te bring wat ons kernwaardes en begeerte om ʼn ware alternatief te skep vir die dekades van ANC-wanbestuur,” lui die verklaring.

Die afgevaardigdes wat die nasionale konvensie, onder leiding van die onafhanklike voorsitter prof. William Gumede en sy span sal bywoon, is bekendgemaak:

  1. Prof William Gumede, onafhanklike voorsitter
  2. Nerine Kahn, onafhanklike raadgewer
  3. Linda Vilakazi, onafhanklike raadgewer
  4. John Steenhuisen, federale leier van die DA
  5. Siviwe Gwarube, hoofsweep van die DA
  6. Dr Leon Schreiber, raadgewer tot die federale leier van die DA
  7. VF Hlabisa, IVP-president
  8. iNkosi EM Buthelezi, IVP-adjunkpresident
  9. SL Ngcobo, sekretaris-generaal van die IVP
  10. Dr PJ Groenewald, leier van die VF Plus
  11. Dr CP Mulder, hoofsweep van die VF Plus
  12. W Wessels, sweep van die VF Plus
  13. Herman Mashaba, president van ActionSA
  14. Michael Beaumont, ActionSA-voorsitter
  15. Athol Trollip, ActionSA se provinsiale voorsitter in die Oos-Kaap
  16. Dr Zukile Luyenge, Isanco-president
  17. Sonwabile Ndabambi, sekretaris-generaal van Isanco
  18. Tobeka Patience Falteni, waarnemende tesourier van Isanco
  19. Neil de Beer, UIM-president
  20. Fatima Abdool, UIM-adjunkpresident
  21. Jacques Taljaard, sekretaris-generaal van die UIM
  22. Christopher Claassen, SNP-president
  23. Rea Moeketsi, SNP-adjunkpresident
  24. Charles Venter, SNP-adjunkpresident
  25. Melanie Reddy, SNP-adjunkpresident
  26. Richard Williams, SNP-adjunkpresident

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

… en waaroor gaan die gemeente saamstem? Dat die etes aangenaam was, ongelukkig bietjie te baie sout, maar verder was die konvensie heel skaflik. Ons sal nog ‘n hele paar van dieselfdes moet hou om die spyskaart mooi op standaard te kry. ‘n Stukkie melktert behoort darem ook iewers in te pas…

Papsak ·

Goed en wel sover maar hou net asb die anc en die eff daaruit asb daar is mense wat saam staan moenie negetief rask bou voort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.