‘‘Isidingo’ word misbruik om anti-wit rassisme te bevorder’

Isidingo-skermskoot

‘n Skermskoot uit die episode van Isidingo. Foto: Youtube.com

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die openbare reaksie wat gevolg het op ʼn onlangse episode van Isidingo op SABC3 waarin wit-op-swart rassisme uitgebeeld is.

Verskeie kommentators het dié betrokke episode van die sepie as ʼn “weerspieëling van die werklikheid in Suid-Afrika” beskryf. In die episode wat Woensdagaand voor Vryheidsdag uitgesaai is, word die karakter Sechaba Moloi-Matabane, gespeel deur Motlatsi Mafatshe, deur twee wit boere aangeval terwyl hy sy pa se graf op ʼn plaas besoek. Hy word deur die twee mans aangerand en met bobbejaangeluide geterg, waarna hulle hom lewend begrawe.

Die toneel het sedertdien ʼn verskeidenheid van emosies onder Suid-Afrikaners ontlok. Isidingo is onder meer op sosiale media geloof vir die politieke standpunt wat dié program teen wit mense inneem. Ander kykers het weer hul skok en kommer oor die betrokke toneel op Isidingo se Facebook-blad uitgespreek.

Margaret Rueger het op dié blad geskryf sy dink nie dit is ʼn geskikte storielyn vir Suid-Afrika nie, behalwe as die sepie ook ʼn episode vertoon waarin plaasmoorde gewys word. “Isidingo is besig om rassisties te raak,” het Kumeren Govender geskryf terwyl Andile Mayisela gevra het waarom wit mense so “bang is om oor rassisme te praat?” Hy was een van die vele Facebook-deelnemers wat aangevoer het die episode wys net wat werklik in Suid-Afrika gebeur. Nash Black het gesê dit is ʼn uitstekende storielyn en gesê party mense is “allergies vir die werklikheid”.

Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, weerspieël die verhaallyn in Isidingo nie die werklikheid onder wit mense, Afrikaners of boere nie. Roets meen die sepie word gebruik om ’n anti-wit rassisme te bevorder.

“Ons erken die vervaardigers van Isidingo se reg op artistieke vryheid en kan nie aan hulle voorskryf wat in die program gebeeldsend moet word nie. Ons is egter bekommerd oor die openbare reaksie wat vanuit sekere geledere op dié episode gevolg het,” het Roets gesê. Hy het aangevoer die vervaardigers van Isidingo behoort in die openbaar sterk standpunt teen alle vorme van rassisme in te neem. Roets het ook gesê dat AfriForum sal voortgaan om alle vorme van rassisme konsekwent te verwerp.

Eusebius Mackaiser, aanbieder van 702 Talk Radio, het die betrokke episode saam met Thandi Smith, hoof van Media Monitoring Africa se mediabeleidprogramme, en Carol Motlala, menseregteprokureur en lid van die persraad, ontleed. Hulle was dit eens dat die toneel ontstellend was en ʼn sensitiewe onderwerp aanraak. Motlala het aangevoer dat die episode die beginpunt vir ʼn gesprek in die huis oor rassistiese insidente kan wees. Smith het egter gesê die vervaardigers van die sepie was heeltemal binne hulle regte om gewelddadige aksies in die sepie se storielyn in te skryf, maar Motlala het aangevoer dat die vervaardigers kykers vooraf kon waarsku van die aard van die inhoud van die betrokke episode voordat hulle daaraan blootgestel is.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het gesê hy kan nie tans kommentaar oor die betrokke episode lewer nie aangesien klagtes oor die episode by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) gelê is. “Die ondersoekproses moet nou sy gang gaan en my persoonlike standpunt oor die episode is irrelevant,” het Kganyago gesê.

Shouneez Martin, registrateur van UKKSA, het bevestig dat die kommissie verskeie klagtes oor die betrokke episode ontvang het en besig is om dit verder met die SAUK op te volg.

Isidingo was vroeër die maand ook in die nuus toe daar aangevoer is die openbare uitsaaier is so erg wanbestuur dat sommige gewilde sepies se vervaardigers, soos dié van Isidingo en Muvhango, nie in April betaal sal kan word nie.

Die webwerf Channel24 het ook verlede maand berig dat Isidingo verskeie pogings gaan aanwend om te vernuwe nadat die sepie die laaste paar jaar berug geword het daarvoor dat dit konstant van skrywers en vervaardigers verander en kykergetalle bly daal het. Isidingo, wat sedert 1998 deel van die SABC3-stal is, kan tans daarin slaag om net sowat ʼn miljoen kykers lok. Dié prestasie vertoon swak in vergelyking met mededingende sepies op e.tv, het dié webwerf berig.

Volgens Endemol Shine Africa, die vervaardigers van Isidingo, poog hulle om die sepie “terug te neem na die gedrewenheid en vasberadenheid wat die essensie van Isidingo is. Die sepie moet verteenwoordigend wees van die nuwe SABC3-handelsmerk terwyl dit steeds sy opwindende en boeiende storielyne handhaaf, van die eerste minuut van elke episode,” het Pumla Hopa, uitvoerende vervaardiger van Isidingo aan die webwerf gesê.

Hier is ʼn YouTube-video van die betrokke episode van Isindingo. Die toneel waar die karakter Sechaba aangeval word begin by 08:18. Wees gewaarsku: Die tonele kan sensitiewe kykers ontstel.

https://youtu.be/jHvH6FfvRdw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Boos ·

Maak mens kwaad…. nou dan moet hulle die wrede verkragting, marteling en moorde van die boere ook in die storielyn inbring…. dan wil ek hoor wat word gesê!

Rox ·

Die spul idiote wil net rassehaat aanhits. Ek het saam verskillende rassegroepe gewerk en ons het mekaar met respek behandel. Keelvol om te hoor net wittes is rassiste. Maak my siek!

Valerie ·

Die SAUK is besig met ‘n hele tas vol agendas. 7de Laan, Isidingo, Real Talk With Anele, en so aan. Wel, die SAUK is duidelik onder ANC beheer; luister maar na die ANC-beheerde RSG met hul tasse vol agendas en propagandas. Hulle probeer dit tog so saggies inrol en dink niemand hoor dit nie. O.
Beste teenmiddel? Luister Internet radio. Daar is duisende om van te kies. Of luister na die musiek op jou foon, ens, waarvan jy hou.
Die 90% plaaslike nonsens het duidelik met ander instruksies ook gekom: agendas.

Johann Marx ·

Dit wil voorkom asof die vervaardigers van Isidingo nou die taak op hulleself geneem het om die “werklikheid in Suid Afrika” in hulle programme uit te saai. Nou sit ek en wag vir ‘n toneel waar ‘n swak opgeleide metropolisie-lid ‘n blanke motorbestuurder aftrek en hardhandig dreig, ek wag vir ‘n toneel waar ‘n groep swart kriminele met outomatiese gewere ‘n geldwa skaak en die insittendes vermoor, ek wag vir ‘n toneel waar ‘n twee vrouens wat saam met hulle mans om ‘n meer stap, deur ‘n bende gegryp, verkrag en hulle mans in die dam verdrink word, ek wag vir ‘n toneel van ‘n plaasmoord, ek wag vir ‘n toneel van politieke oproer en geweld waar ‘n hele dorp vernietig word voordat mense die feite oor ‘n storie ken, ek wag vir ‘n toneel waar talentvolle blanke sportspelers hulle families moet groet en oorsee vertrek omdat die kwota stelsel hulle ontken, ek wag vir ‘n toneel waar swak opgeleide polisie-beamptes hulle eie kollegas raak skiet, ek wag vir ‘n toneel waar ‘n blanke persoon sy hele lewe verloor oor regstellende aksie en wat daarop volg……Ek is van nou af ‘n vurige Isidingo kyker….

GES ·

Gewoonlik word net die blankes as die varke in die verhaal uitgebeeld. Dit kan seker balans bring as volle prentjie weergegee word maar is dit bevorderlik? Johann ek verstaan jou sarkasme en kan daamee identiviseer.

Johann ·

Johann. Van n ander.Johann. Amen…DITO…Net so! Maar ons gaan LAAAAAAANK wag medewagtende, want die sg. REALITEITS DEFFINISIE wat tans aangevuur word om vergrype te regverdig van mag en geld onder die retoriek van WHITE ECONOMIC MONOPOLY, word aan die.massas verkoop as waarheid. Maar so moet als en almal plek maak vir “uitvalle” binne norme en waardes. Plek maak vir als en almal.se.voorkeur en keuses en leefstyle. Ter wille van…ten koste van…DIS die nuwe morele som! En die sg. instellings wat moet waghou oor beginsels; is vrot korrup via aanstellings en handpop bestuur. Eensydige def van geregverdigde moord; rassisme; bedrog; korrupsie; anargie! GATVOL vir en van die aanklagte teen my velkleur en die ontneming van die reg en voorreg om myself en my waardes gestand te doen. Johann

Theresa ·

Absoluut. Maar dink ons sal lank wag. OF indien dit uitgebeeld word, sal die kommentare daarop (op sosiale media) wees dat dit is wat moet gebeur. Nes die mense wat nou saamstem dat dit tipiese boer optrede is. Komaan mense. Eerstens beeld hul die boere uit as nogal common. so ‘n wegspring vorentoe houding heeltyd met die geluide wat gemaak word. Regtig. Daar mag dalk sulke boere wees, maar gelukkig ken ek nie een wat so optree nie! En weereens: Al gaan jy ‘n graf van ‘n familielid besoek en dis op ‘n ander mens se grond – dan gaan V R A jy toestemming. Werklik – as dit nie jou veiligheid gaan verbeter nie, gaan dit darem wys jy het maniere. Ek het daardie toneel regtig onaangenaam en onaanvaarbaar, asook aanstootlik gevind.

Ruan ·

100% reg! Net jammer perde gaan eers horings kry voor dit gebeur

Willem de Klerk ·

Om tv lisensie te betaal vir dit wat mens kry, ingesluit Dstv, is geldmors. Ek oorweeg om geheel en al oor te skakel na internet vir tv en vermaak. Dan betaal ek nie meer tv lisensie nie. Dis buitendien ‘n propaganda masjien vir die huidige regime.

Adam ·

Sinvolle kommentaar. Ek kyk persoonlik nooit na die SAUK kanale nie en luister ook nie na hulle op radio nie. My kinders, in hoogs betaalde professionele beroepe, gebruik hulle tv’s vir internet gebaseerde vermaak en gebruik nie DSTV of die SABC nie, Die ewige gekerm oor rassisme ens het almal moedeloos en rassisme sal nooit ooit op enige plek op hierdie planeet uitgewis word nie. Mense kan gemaklik met mekaar saamleef en doen dit inderdaad ook ten spyte van al hul verskille en dit is gewoon net ‘n siek klomp politieke kwaadstokers met verskuilde agendas wat heeltyd op die rassisme-wa is.

Steven Nel ·

Hallo Willem stem saam, maar hoe skakel jy oor na internet tv, wil ook glad nie meer dstv se programme kyk nie en het in die laat 90 s ophou sabc se gemors kyk. Ek lê eerder in die warm son en kyk na die hemel of snags na die werklike sterre voordat ek ooit na die swak gemors seepies op enige kanaal kyk..

Wanda ·

Dis in elk geval n klomp gemors. Hulle wil ons so graag in mekaar se kele afdruk. Dis hoekom ek geen sabc kanale kyk nie.

weer ek ·

Dan moet hul maar n episode maak en wys hoe n wit boer wreed op sy plaas vermoor word deur n swart man!! Dan praat ons weer oor wat werklik in SA aangaan!!

Lee ·

Gaan Isidingo Plaasmoorde ook wys hoe wreed swartes wit boere doodmaak?? Seker nie!! Wel ek sal nooit weer ‘n tv lisensie betaal nie hulle kan my maar blacklist ek voel vere. Van ons Suid Afrikaners werk so hard om die verdomde rasse haat uit die pad uit te kry maar duidelik het SABC wat deur die ANC besit word ‘n ander agenda.

Johann ·

Swak program…nou.soek hulle aandag. RASSISME die SA manier. Blank op swart….nooit ander.om nie? MAAR.NIE N OOG word gelig wanneer swartes.onder blankes volksmoord pleeg nie!!!!!!!!! SKANDE!

Johann ·

N fyn wetenskap wat blykbaar n standerd 3 kwalifikasie en bokwagter prakties nodug het om suksesvol toe te pas. O JA….en misbruik van mag en vergrype; en n arsenaal van handpoppe en Zumakies en GUPTANIA as backup?

Genoeg ·

Ag nee regtig hoor! Nou word sepies ook verkeerd ‘gekyk’… Dis deel van SA se lewensstandaard… it’s one of those screwed situations… screwed if you do and screwed if you don’t. Maar nee, kom ons val mense aan oor kleur! Dis vir my so simpel en onnodig dat die kleinste goed ALTYD uitgerek moet word!

John ·

Op Kyknet gaan dit nie veel beter nie. Die wit mense is altyd die skelms en teister gereeld die anderskleuriges.

kykookkyknet ·

Ek kyk net Kyknet op TV en jy misgis jou duidelik oor watter kanaal jy na kyk!

AL ·

Die realiteit is dat wit mense onskuldig gemartel en vermoor word. Volgens myns sonder enige rede. Storielyne en nuusberigte wat rasgeorienteerd is, moet sterk aangespreek word en verkla word.
Die media en politieke leiers se uitsprake het sterk invloed op moorde op witmense.

schalk ·

Sy was seker voorgesê om dit te doen…want sy het beslis nie genoeg verstand om enige storie uit te dink nie!!! Al wat hul kan uitdink is wat om te steel, wie om te moor of verkrag!

Rynhardt ·

Isidingo, hoekom maak jy nie n episode oor 85000blankes wat die afgelope 23jaar vermoor is nie???? SABC sal nou orals propaganda inspan vir sy geliefde Zuma en Anc!

w ·

O wittes is rassisties en die ander r asse seke hoogheilig. In parlement skree n ANC MP buried them alive en geen haan kraai daarna van n swart persoon ni. G vol

764 ·

Maar in n afrikaanse sepie mag daar nie eens n swarte gebruik word as n krimineel nie? Hulle mag nie eens verwys na n swarte nie.

Flip Roos ·

Gegewe hoe liggelowig sepiekykers oor die lagemeen is, is hierdie baie gevaarlike terrein. Hoeveel keer is akteurs nie al deur kykers op straat bygeloop en verbaal aangeval oor wat die akteur se karakter in die program sou aangevang het nie. Sommige kykers sukkel eenvoudig om waarheid van fantasie te onderskei. Ek’s heel oortuig dat heelwat kykers hierdie Isidingo uitbeelding vir die waarheid sal (wil) aansien en dat dit baie negatiewe emosies teenoor blankes sal uitlok. Verseker blaas dit anti-wit rassisme aan.

Daar was ‘n 7de Laan episode van ‘n gewapende roof waarin baie duidelik van blanke akteurs as rowers gebruik is, m.i. polities-korrek. Wat van ‘n realistiese sepie uitbeelding van swart mans wat blankes geweldadig beroof, martel, verkrag en vermoor. Dit stryk baie meer met SA realiteit.

Het enige SA blanke enige swart mense lewendig begrawe? Nie volgens my kennis, maar swart-op-wit geweldsmisdade is so algemeen die media berig nie meer daaroor nie.

Elizabeth ·

Dit is glad nie gesog om in ‘n “storie” te gebruik te word nog minder die van plaasmoorde. Suid-Afrika moet heeltmal geweld uit sny as ons wil verandering bring. Dit beinvloed ook kinders want hulle leer observasie en nie eindelik deur luister nie. Dis wetenskaplik bewys.

Aitoggie ·

Was dit nou regtig nodig?? Nee, want dit wakker net meer haat aan tussen die mense, maar net die witman in S.A is die skuldiges. So so onnodig. As dinge nou anderste om gespeel was, was daar baie gese gewees.

ANEL ·

Ja nee ek hoop Sechaba gaan nou terug na die boer se plaas, dat hulle ook net werklikheid sien van hoe die boer uitgemoor word. Regtig is so siek vir die “Incompetence”

Simon ·

Sal nooit ooit weer na Isidingo kyk nie.
Ook nie na 7e Laan nie.

anton ·

Het jy dan wraggies na daai gemors nog gekyk???
Ek kannie eers onthou wanneer laas ek my TV aangeskakel het vir iets anders as om n DVD te kyk nie.
Dink ek het in die laat 80’s laas SAUK gekyk.

Marita ·

Daaglikse plaasmoorde en moord op onskuldige ouer mense kry geen nuusdekking op sabc se tv kanale nie…dus die swart en Engels F/B se ongegronde tirade.

Anie ·

Ek het dit op tv gekyk met gemengde gevoelens. Die advertensiewese moet gedagvaar word – daar word deurgaans van “Soweto -dag” gewys van wat by Sharpeville gebeur het. Daar is talle voorbeelde wat SABC op sekere vakansiedae wys… weet die wêreld ooit wat in skoolkinders of ons almal se gemoede gaan – gister het sy maatjie nog geleef, nou skielik is hy of sy familie vermoor!

Valerie ·

Ek het van “Braaimaster” op Etv gehou want daar kon hulle nie die verbrande vleis en flops wegsteek nie. En hoewel geborg, het ek geen agenda opgetel nie, behalwe advertensie vir die borge, wat normaal is. En ten minste was dit buite waar dit regtig reën en waar die wind regtig waai en waar hulle regtig honger kinders ook gevoed het. Daar was duidelik geen ANC/SABC inmenging nie.
O. Ek sien ek is so ‘n bietjie van die tema af. Of nie?

Andre ·

Wie kyk in elk geval daai snert. Self DSTV het n klomp SAUK gemors. So nou kyk ons net KODi en niks anders nie.

Lollie ·

Die SAUK (ANC) is die voorbokke wat rassisme aanhits. Hulle hamer op programme waar die swartes tenagekom is. Die swart jeug van vandag was te jonk om dit te onthou maar wil nou net moor agv die tipe programme. Indien hulle sulke programme stopsit en meer programme waar wit en swart saam in is sou dit baie beter gegaan het. Nelson Mandela wou ń reenboognasie gehad het maar die huidige regering wil moord en doodslag hê. Hulle floreer daarop. Op hulle ”onskuldige” manier por hulle die swartes aan om die wittes uit te moor. Kan niemand hierdie uitsaai verbied van sulke programme wat haat aanblaas nie? Die een is ook niks beter as die ander een nie! Agv hierdie dinge sal wit en swart nooit langs een vuur sit nie! Kan ons blankes nie weer teen al die dinge opstaan soos wat ons saamgestaan het met die Spur sage en die Its Time byeenkoms nie? Almal kan sien deur om saam te staan werp vrugte af. So bitter jammer dat dit altyd ń geveg moet wees om ook ń plekkie in die son te kry!!!

Annemarie ·

Hulle wil reaksie van wittes ontlok. Hulle is in finansiele nood omdat die program se gewildheid gedaal het en moes hulself weer op die ‘map’ sit. En watter beter manier as rassisme. Mense hou van aanhitsing en haatspraak teen blankes, want die leiers moedig dit aan. Onthou net van die swartman wat met hulp ‘n ander man aangerand en lewendig begrawe het omdat hy gesteel het. Niks het daarvan gekom nie. Die man was nie eens toegegooi nie. Dit is hartseer dat ‘n gewilde program rassisme aanmoedig vir geldelike gewin. Ek kyk nie 7de Laan, maar het al gehoor hulle gebruik lewensgebeure om mense bewus te maak en dit is goed, want hulle gebruik nie rassekaart vir eie gewin nie.

popeye ·

Dit laat my koud! Verwag niks anders van hierdie regering gedrewe kanaal nie! Ons met ‘n brein val nie vir propeganda nie!

Awie ·

Aan almal wat hierdie episode afmaak as onskuldig of ‘artistieke vryheid’, let baie mooi op hoe daar ander werklike gebeure in die storielyn ingeweef word, bv die verwysings na Mbalula se planne met die polisie, Freedom day ens. Hierdie is propaganda en dis omtrent so subtiel soos ‘n Goebbels film. Die blanke man word oral verguis, maar wat my die kwaadste maak is dat hulle wragtig blanke boere verguis, dit is juis die boere wat die meeste uitgemoor word en op die gruwelikste maniere. Diegene wat reken dat hulle in elk geval nie SAUK kyk nie, onthou net dat die grootste gedeelte van die land se bevolking net toegang het tot SAUK en dat hulle die teikenmark is vir hierdie propaganda.

Johannes Meintjes ·

Dat swart angst tans toeneem in SA is baie duidelik, moontlik a.g.v. die blanke se vasberade ontwaaking en beswaar teen die vervalle toestand van SA. Dit plaas na mening ‘n groot verantwoordelikheid op blankes om vinnig en effektief tot selfbestuur, selfbeskikking en konstruktiewe nasionale en internasionale inter-aksie oor te gaan.

Fires ·

Wonder hoekom die wit akteurs nie geweier het om die toneel te doen nie, is hulle al so afgestomp vir die werklikheid of dalk is hulle bang hulle word afbetaal

Afrikaanse Knaap ·

Snaaks hoe hulle nie ‘n episode maak waar gewapende mans ‘n Hollander in sy huis vir ure lank martel nie. Hulle kon skiet hoe die vrou met elektiese kabels vasgemaak word, verkrag word, en dan met ‘n yster gebrand word. Vir effek, kan hulle sommer wys hoe hulle die vrou met ‘n boor martel. Dis aktueel.
Ek stem saam dat hierdie is alles propagande om haat te verpsrei.

Darius Els ·

Elke siekte “begin” tog iewers.Die SA siekte is wel die ANC wat die land elke dag in sy kwale beleef.Tog moet elke siekte n “oorsaak”he! Die SA oorsaak is de Klerk en sy mede afslaers wat die land nie eers opgevejl het nie,maar dit sommer vir n klomp miljoene oorhandig het aan n terreur organisasie.
(Verwys na wyle Pres Botha se vraag aan pink Frikkie,”en wat van die 40 miljoen?”).So by so kon n klein” ongemak” groter en beter lewensvreugde gehad het.Bv offer op ,maak 10 landstale jou eie gebruik wanneer jy wil,en MAAK ENGELSdie enigste amptelike taal.Dan so daar nie net 4 urs se afrikaans op 2 tv stasies gepraat word nie,maar ALTYD engels op 5 stasies.Maar nou ja ons ken die nasie:onderhandel as minderheid met die meerderheid en “eis” ons grondreels.As mens oogklapties wil wees,kry vir jou en geniet dit.

What a joke ! ·

In n land waar rasseverhoudinge al n lang tyd baie baie broos is moet ek se dat so n program definitief nie gesond is vir Suid Afrika nie .
Om die minste te se dit is dom en swak smaak, hul is duidelik uit om die blankes eensydiglik n slegte naam te gee in Suid Afrika !
Waar in hul program beeld hul die wrede BLANKE plaasmoorde en MARTELING uit wat so te se daagliks plaasvind wat wys hoekom die blankes uiters sensitief is oor vreemde en ongewenste mense op hul grond waar, is daardie kant van die program???
Waars die verminkte liggame van daai vermoorde blankes uitgebeeld???
En dan wat dink daai blankes om in so n rol te speel,dink hul nou hul gaan toekennings bekom, miskien n oscar of twee, ai die marionette ???? Hul speel so presies in die hande van die anc se proppeganda speletjie in ruil vir n bietjie geld, beswadder die blanke maak hom die vark in die verhaal!
Weereens vir so 30 stukke silwer sal hul hul eie uitverkoop?!
Kan die blankes in Afrika veral Suid Afrika maar net nie vir n bietjie begin dink vir hulself nie voor hul optree, regtig dis nie so moeilik nie? Die verrykende nagevolge…aiaia aia ai.siestog as jy dom is…..

pietie ·

Deel van die giftige veldtog teen wit mans. Die versterking van die eensydige negatiewe beeld het min met die realiteit te make, maar sluit aan by sistemiese rassistiese propaganda wat ons instellings soos die howe, universiteite ook deursuur.

Nettie ·

Aaaag tog! ‘n Storm in ‘n teekoppie. As jy jou daaraan gaan steur, moet jy maar tassies pak en trek! Hierdie tipe goed, ook sosiale media boodskappe wat blankes as moordenaars, aanranders e.d.m. uitbeeld, word alles gedoen om ons uit te lok; om REAKSIE te kry en sommige mense speel reg in dié aanhitsers se hande deur woedend te reageer. Ons wéét mos wat die waarheid is: ons weet wie die regte misdadigers is, diegene wat aanrand, moor, verkrag, steel ens. Isidingo is in elk geval ‘n “has-been” sepie – net diegene wat nie eens twee breinselle het wat funksioneer of mense wat regtig niks anders het om te doen nie, kyk dit. Nou, met al die reaksie op die enkele episode kry hulle tog weer ‘n bietjie blootstelling in die media …. wonderlik!!! Foeitog, klink my ook maar die skrywers van dié episode moes by die “kis-manne” gaan leen om ‘n idee vir nog ‘n episode te kry. Pasop egter as die boere rétig g*tvol raak en dalk regtig so optree … Hulle sê mos: as jy aanhoudend beskuldig word van iets wat jy nié doen nie, kan jy netsowel dit begin doen – jy is dan immers skuldig aan iets wat jy gedoen het vs. skuldig-wees aan iets wat jy níé gedoen het nie!

SARIE VAN HEERDEN ·

Johan Marx, jy moet aansoek doen by Maroela vir ‘n pos by NUUS IN ‘N NEUTEDOP. Sommer in een paragbraaf som jy alles op waaroor daar daagliks, maandeliks, jaarliks, deur die media berig word. Dankie vir jou opsomming.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoekom na Isidingo kyk as daar ander kanale is waarna gekyk kan word. Of luister Radio Pretoria (die naam het nou verander) ipv RSG. Radio Pretoria het satelietstasies oral deur die land en ons luister selfs na hul wanneer ons Margate toe gaan. Vind uit.

Liza ·

Dankie Johann Marx vir dit wat jy se, stem saam…. dis deur sulke gemors wat op tv uigesaai word dat ons wittes net verder gehaat word, gelukkig kyk ek nie na sulke gemors op tv nie, dankie tog…..Ek het darm smaak……

Liza ·

Dankie Johann Marx net soos jy daar se………
Gelukkig kyk ek nie na sulke tv kanale nie, veral waar hulle so optree…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.