Israel ondermyn VN se hoogste hof – Pandor

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. (Argieffoto: Jacoline Schoonees/Dirco)

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, beskuldig Israel daarvan dat hy nié net die Internasionale Geregshof se uitspraak ondermyn nie, maar ook ʼn presedent skep vir politieke leiers om die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof te verontagsaam.

“Die voorlopige maatreëls is geheel en al deur Israel geïgnoreer,” het Pandor Dinsdag tydens ʼn besoek aan Washington gesê met verwysing na die maatreëls waaraan Israel ingevolge die Internasionale Geregshof moet voldoen.

Maroela Media het vroeër berig die hof het in Suid-Afrika se guns beslis toe hy op 26 Januarie vanjaar beveel het dat Israel alle stappe moet doen om aanhitsing tot volksmoord in Gaza te “voorkom en te straf”.

Pandor sê nou Israel se optrede kan ʼn indruk by ander nasies wek “dat daar ʼn lisensie is … dat ek kan doen wat ek wil en ek sal nie gekeer word nie”.

Die minister meen Suid-Afrika het “net beoefen wat elke dag [deur die Weste] aan ons verkondig word” toe hulle die VN se hoogste hof in Januarie genader het.

“Die Internasionale Geregshof is nie gerespekteer nie. En die dag as ʼn Afrikaan dit nie respekteer nie, hoop ek nie ons gaan na daardie leier toe en sê: ‘Luister, jy is buite die perke – want jy is ʼn Afrikaan; ons verwag van jou om [die riglyne] te gehoorsaam.’”

Pandor sê miljoene Palestyne ly honger terwyl Israel met sy vergeldingstog voortgaan.

“Ons sien nou massa-hongersnood voor ons oë. Ek dink ons, as mensdom, moet na onsself in afgryse en ontsteltenis kyk en regtig bekommerd wees daaroor dat ons so ʼn voorbeeld gestel het.”

Zelenski op pad na SA

Pandor het Dinsdag gesê dat die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, Suid-Afrika in die komende maande sal besoek.

“Ons wou nog altyd ʼn situasie hê waar ons ʼn fasiliteerder tussen Oekraïne en Rusland kan wees,” het die minister tydens haar besoek aan Washington gesê.

Daar heers effens spanning tussen Suid-Afrika en die VSA weens Suid-Afrika se verhouding met onder meer Rusland én sy voortslepende steun aan die Palestyne.

Pres. Joe Biden se administrasie het ondanks verskeie meningsverskille sy hoop uitgespreek om sy samewerking met Suid-Afrika te handhaaf. Tog hersien die Amerikaanse Kongres tans ʼn wetsontwerp wat die hele verhouding sal herevalueer.

Die Republikeinse verteenwoordiger John James het met die bekendstelling van dié wetsontwerp verlede maand gesê Suid-Afrika bou “bande met lande en rolspelers wat Amerika se nasionale veiligheid ondermyn en ons lewenswyse bedreig”.

James het spesifiek verwys na China, Rusland en Hamas.

Pandor het Dinsdag gesê Amerikaanse wetgewers het versuim om Suid-Afrika te raadpleeg en dat demokrasieë meningsverskille moet toelaat.

“Om Suid-Afrika te probeer straf omdat daar onenigheid oor bepaalde beleidskwessies is, is ʼn beklaenswaardige reaksie,” aldus Pandor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Wondermaarnet ·

Asof jy en jou kaders jul land se wette gehoorsaam.

Kokerboom ·

Putin word nie aangespreek.
Met so ‘n moedelose gesig kan jy nie ‘n aanwins vir buitelandse sake wees! Tyd om te groet Mev Kader!

Boeretroos ·

kry jou eie land in orde kyk hoe baie mense in jou land honger ly . Julle is astrant pleks jy eerder die situasie in jou eie land regmaak maar julle probeer ander lande berispe oor hulle doen en late , maar julle eie mense word afgeskeep , maak eers voor jou eie deur skoon

Boeretroos ·

jy is al 70 jaar oud , jy moes al lankal afgetree het maar jy bly klou aan mag , jy hoort in die argiewe van mislukkings

Madz ·

Jy is blykbaar al te OUD om agter te kom daar steek ‘n hele paar balke in jou EIE oog Naledi… van hongersnood onder jou eie mense omdat julle in weelde leef tot …”ek kan doen wat ek wil en sal nie aangekeer word nie….” Verskoon my dat ek hardop LAG vir jou beLAGlike uitspraak!

Jakes ·

Israel het veskeie kere reeds belowe dat hulle sal ophou totdat Hamas uitgewis is. Die agbare minister en haar kaders het miljoene spandeer om die saak by die wereldhof aanhangig te maak en daarvan het dadels gekom. Hoeveel Hop huise kon hulle met daai geld gebou het? Die ANC se dae is getel so die minister moet liewer ander werk gaan soek.

Leeubekkie ·

Pandor, vee asb voor jou eie deur en los God se volk uit. Raak asb net so ernstig oor jou eie land se betreurenswaardige toestand en doen iets daáraan. Geen meer respek vir ons regering nie.

Casper ·

Pandor,julle is ondersteuners van Rusland,China,Hamas en die Palestyne,ooglopende vyande van Amerika maar julle verwag Amerika moet SA nogsteeds vrygewend gesind wees.Hoeveel miljoen mense in jou eie land gaan slaap elke aand honger,pla jou gewete jou nie.

Wikkie ·

Ja Naledi, maar Rusland doen veel erger as Israel, nê. Julle klomp onbevoegde en korrupte hipokrate is mos dik hand-om-die-blaas met die bloeddorstige Putin en sy volgelinge.

Laasjaar wou julle skoon van die einste Internasionale Hof onttrek, omdat díé ons regering wou verplig om Putin te arressteer vir oorlogsmisdade toe hy hier in SA die BRICS beraad sou bywoon. Maar nou wend julle julself tot daai einste hof om oor Israel te kla. Hoe mal kan julle klomp hansworse wees?

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien die ANC die verkiesing in die WK wen word sy ons premier. Julle gebede word verwelkom.

Keelvol ·

Lyk vir my ek sal prentjies moet teken zodat jy kan verstaan wat die uitslag van julle mislukte hof saak behels. Want julle verstaan nie so mooi lekker nie.

Trinity ·

Praat sy van Israel of van die wat in SA gebeur? My “brein” bly die berig registreer as “Suid-Afrika” en kom ek nie by Israel / Gaza uit nie…

Braham ·

Maklik om te praat. Hoekom het die einste ANC nie destyds vir Omar al-Bashir van Suid-Sudanin hegtenis geneem en uit gelewer toe hy in SA was nie. Hy word immers vir 5 aanklagte deur die “ICC” aangekla, vir erge menseregte skendings, moord op onskuldige mense. Volksmoord ens… (Sien niks, hoor niks en praat niks soos dit die ANC pas net wanneer hulle wil)

James-Henry ·

Mmm Naledi, dis mos iets wat julle baie graag, en baie vinnig mos self doen; dié dat julle so vinnig is om dit “uit te wys”…

Het JULLE die Hof se bevel om Al-Bashir in hegtenis te neem, gehoorsaam? (Wat hoor ek… is dit “kriek-kriek”… “kriek-kriek..?).

Tewis ·

Dit staan hard en dydelik opgeteken in ń groot boek wat oor die 2000 tetug geskryf is naamlik:
HAAL EERS DIE BALK UIT JOU EIE OOG EN DAN DIE SPLINTER UIT DIE NAASTE SE OOG!!!

Ryan ·

So, jy mag van almal verskil, maar niemand mag van jou verskil nie!

Catherina ·

Al Bashir???????!!!!!!. We do not have short term memories!!!

JohanR ·

Hierdie dink nou SY IS die Internasionale Geregshof! Dink nie Israel het veel respek vir haar of die ANC!

minnie muis ·

Zimbabwe,,, rusland,,, sudan.. somalia… ethopia , algiers, libia ,,,sirie..nigeria , car , congo … julle het bek gehou met al die mense slagtinings bedrog korrupsie ..in daai lande ……hoekom?

Jacobus ·

Pandorie, jy is uit jou diepte. Jy kos ons geld wat ons nie kan bekostig nie.

RS ·

Hierdie hele situasie is n grap. Weet die mense nie met wie hulle besig is nie?

Debbie ·

Hou julle uit Israel se dinge en bepaal julle by julle eie land se probleme

Marinda ·

Stem saam met al die kommentaar, SA het die meeste skending van menseregte, maar hul verkies om n ander pad te kyk, en dink hul red die wereld.

miche ·

Ek hoop iemand anders as die SA Regering is verantwoordelik vir Zelensky se veiligheid as hy SA binnekort besoek…

Andre ·

…sy werk hard om die aftree- plekkie in Dubai te verseker..

Elizabeth ·

Pandor moet nou maar ophou teem oor Israel en haarself beywer met wat in SA aangaan. Behalwe dat ons self hongersnood het in dele van ons land en nie water kan verskaf aan groot stede en ander dele in ons land moet sy haarself afvra vra waar lê die ANC se pligte in die eerste instansie.
Hul vooroordeel teenoor Israel of hul oordrewe ‘plig’ aan Hamas en Palestina.

Casper ·

Wikkie,die SA regering het die klagte teen Israel by die Internasionale geregshof ingedien.Die lasbrief vir Putin se arrestasie is deur die Internasionale strafhof uitgereik,twee verskillende howe.Dit wat die geregshof besluit is nie afdwingbaar nie,maar dit is anders met die strafhof.Die geregshof kan wel aanbevelings maak.

TO ·

Die vrou is altyd so suur, ruik sy haar kaders se streke of dink sy hoe Israel met haar en haar kaders gaan afreken

Jakkie ·

Baie meer mense sterf daagliks in SA as in Gasa, maar dis mos niks, moennie na ons kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.