Israel se ambassade in SA afgradeer

Israel se landsvlag. (Oleg Vakhromov / Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse parlement het Dinsdag ʼn mosie deur die National Freedom Party (NFP) aanvaar om Israel se ambassade in Suid-Afrika na ʼn skakelingskantoor af te gradeer.

Shaik Emam, ʼn NFP-parlementslid, het in die parlement verduidelik dat dié afgradering as “katalisator moet dien om die proses aan die gang te sit om apartheid-Israel heeltemal te isoleer”.

Altesaam 208 parlementslede het vir die mosie gestem terwyl 94 dit teengestaan het.

Partye ten gunste van die mosie sluit die ANC, EFF, AIC, PAC en NFP in.

Die DA en ACDP is van die partye wat teen die mosie gestem het.

Die organisasie Africa4Palestine het die “historiese mosie” verwelkom, asook Emam se verduideliking dat die mosie eindelik ten doel het om Israel heeltemal te isoleer.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het die mosie egter ten sterkste gekritiseer.

Die SAJBD voer aan dat die mosie as ʼn “menseregtebesluit” verbloem word, terwyl dit inderwaardheid gedryf is deur ʼn “obsessiewe vyandigheid teenoor die wêreld se enigste Joodse staat en die begeerte om Suid-Afrika se eie belange te ondermyn”.

“Die onnadenkende gewelddadigheid van die retoriek teen Israel, met sy talle wanvoorstellings, vervalsings, weglatings en oordrywings, staaf dit al te goed,” het die SAJBD gesê.

“Ons parlement is gegrond op die fundamentele waardes van respekvolle, konstruktiewe en eerlike bespreking; vandag is daar egter toegelaat dat die Joodse staat gedemoniseer en belaster word.”

Die raad sê voorts dat die gebeure in die parlement ʼn klap in die gesig van al Israel se getroue ondersteuners in Suid-Afrika is, onder wie Jode en Christene.

“Dit is veral vir die Joodse gemeenskap diep kommerwekkend om die openlik vyandige, ondiplomatiese en bowenal blatante diskriminerende behandeling te aanskou waaraan Israel in hierdie land se voorste wetgewende kamer onderwerp is.

“Die SAJBD het geen twyfel dat, nieteenstaande die skandelike klug wat vandag in die parlement afgespeel het, ons gemeenskap nie van hul diepgewortelde verbintenisse vervreem sal word nie en sal voortgaan om met veerkragtigheid trots op te staan ​​vir hul erfenis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

TruthDealer ·

Ek verstaan nie hierdie regering se wraaksug teen Israel en Jode nie. Dit maak nie sin vir my nie.

Manie ·

Die SA regring bemoei hulle met muishond lande en terroriste bewegings.

Andries ·

‘n Sekere geloof, wat geen ander geloof aanvaar en wereldoorheersing wil hê, sit agter die storie.

Hennie ·

Die geloof van “liefde”, waar hulle volgelinge hulle self opblaas.

Republikein in die Wes Kaap ·

Inderdaad. Israel het nuwe vriende in Afrika. Hulle befonds en bewapen daai lande se groeiende weermagte en intelligensie agentskappe. En dít behoort die ANC regime (en ons gewone mense) te bekommer.

Adolf ·

So sien ons maar net wie die sleg van die wereld is. Kom die dag gaan niemand die anc en maaitjie jammer kry nie.

Sean ·

Hierdie spul smeek vir sanksies Eers die Russe en nou Israel Geen verstand nie

Frank ·

Ja, en as die Weste en Israel ons begin koue skouer gee, dan gaan staan die jammerlike spulletjie bakhand voor China, “hulle kan nou nie verstaan hoekom die Weste nou skielik so lelik met hulle is nie”…. hulle kortsigtigheid gaan my verstand te bowe.

Harry ·

Don’t know why Parliament is busy with stuff like this, is there not more important things to focus on is SA?

Eugene ·

Israel moet Al hulle ambessades in suid-afrika toe maak, want suid-afrika ondersteun rusland.

Wynand ·

Die regering is so beheb met apartheid’s stellings maar heel duidelik verstaan hulle nie wat die menseregte wette beteken nie

Jaco ·

Plaas die SA regering iets leer uit dié sogenaamde Israeli apartheid:
Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n selfregerende tuisland is. Die res van die wêreld is jammer vir die Palestyne hulle help die Palestyne en erken die Palestinian Authority. Israel laat ook buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe. Ek gee toe, dis VER vanaf ‘n 100% onafhanklike Palestynse Staat, maar dis darem beter as niks.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie.
China, nogal groot pel van die ANC, doen dieselfde met Macao en Hong Kong.

Mariana ·

Die regering moet neutraal bly maar nee hulle is altyd in die middel en dit gaan hulle nog duur te staan kom. Baie duur. Gn wonder dit lyk so in die land nie. Kyk net na die regering se vriende.

Cornrit ·

Ons regering het n kommunistiese mentaliteit. VIVA ISRAEL. Diè uitverkore volk sal nooit ten gronde gaan nie. Hierdie regering, wat so korrup is, gaan baie gouer val, as wat hulle besef, as gevolg van hulle eie beleid en swak besluitnemings.

Witwax ·

Kominuste en antichriste regeer hierdie land, kyk hoeveel christine word in Afrika vervolg en gedood.

Harley Davidson ·

Dit is n bewys hoe die ANC regime te werk gaan met totale onverdraagsaamheid en respek vir almal wat nie soos hulle dink en doen nie.

Waarom ·

Israel is ‘n vooruitstrewend eerste wêreld land. Asof hulle nou enigsins bekommerd sal wees oor die ANC of EFF se besluit. Daar is nie eens ‘n vergelyking tussen Israel en die derde wêreld land soos Suid-Afrika nie.

Anton ·

Duidelik verstaan hulle nie die geskiedenis van Israel nie.

Alta ·

Ek verstaan Nie die regering Nie!!!!Kan hulle nie net Godvreesend wees,dan Sal dit beter gaan in die land,dit gaan hul nog duur te staan kom!God slaap Nie!!!!!!

jou gewete ·

hulle is sg Christene maar luister na voorvader geeste ook, baie verwarrend vir my

Christo ·

Ons wil sanksies teen Israel instel, maar ondersteun Rusland en China met hul menseregte vergrype. Tipies kommuniste wat die land regeer, wat toelaat dat ons eie mense soos vlieë doodgemaak word. En die buite wêreld staan hande gevou oor SA. Daar wag nog bitter swaar tye vir die kommunistiese land se inwoners.

Wendy ·

Almal gee politieke raad -Israel is God se uitverkore volk punt – jul speel nou met n baie gevaarlike spel.

piet ·

Die hedendaagse Israel? Hoe voel julle oor die feit dat slegs 2% van die hedendaagse Israeliese populasie Christene is en dat daar persentasiegewys meer Palestynse Christene as Israeliese Christene is. Daar is ook 9-keer meer (18%) Muslims in Israel as Christene. Dis nogal interessant.

jou gewete ·

My vriend dit bly Israel, dit bly die Uitverkore volk tot die einde

hpven ·

Ek verseker julle Israel bewe nou nie eintlik van vrees nie! Die ANC , meelopers, en terroriste vrees Israel, en dit is ‘n feit!

Stephen ·

What I do not understand is that the majority of the Jews in SA support the ANC.

piket ·

jy weet nie waarvan jy praat nie. Bloot moedswilig? Of hopeloos oningelig!

Stephen ·

Nie oningelig nie. Wat van Harry se miljoene wat hy aan die ANC geskenk het. Dis maar een voorbeeld

Vexed ·

Daar was steun vir die ANC tydens apartheid van die Jode. Verstaanbaar. Tye verander en hulle pas aan. Anders as die ANC.

Barend ·

Dis hoe ‘n rewolusie werk. Die oorvat van mag is net die eerste stap. Daarna word goed geleidelik deurgesit soos die waaksaamheid en teenstand minder word om uiteindelik by totale mag uit te kom.

Kurt ·

Ek stem ook saam Isreal is die uitverkore volk, maar snaaks hoe die jode veral in die Kaap almal so liberaal was in die ou dae. Voorstaandrs van die ANC. Nou byt daai slang jou

Vexed ·

Ja, hulle het ‘n groot fout begaan, hulle besef dit nou, bietjie laat, maar nou besef hulle die fout en pas daarby aan.

Werner ·

Hierdie is ‘n goeie geleentheid vir Afrikaners om bande met Israel te versterk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Israel is die ANC se Vyand Nommer Een. Mossad kan enige IT stelsel binnedring en lande knak. Amerika is ook keelvol vir SA. Die CIA is meesters op die gebied van intelligensie en disinformarsie. Die uitboendering van regerings is hul spesialiteit.

Gaitsigubib ·

Wat se goed praat jy van die VSA? Yellen het dan net noudie dag vir Rampie kom vertel hoe oulik is hy? Hulle sal nie geld hier bele nie maar hulle hou graag SA en die “reenboog nasie” voor as n voorbeeld vir die res van die wereld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie’s die antie nou weer? n Republikein gaan die volgende president wees. Dan verander als.

Sobymykoolkop ·

Ek is seker Israel sit in angs en bewing oor die besluit. Julle kan eers julle skelm kaders isoleer nie, maar vir Israel. Nee kyk, nes jy dink jy als gehoor dan kom die klom swape met ń ander truuk.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Alle Moslems, Jode en Christene moet die reg hê om enige dag en tyd vrylik op die tempelterrein te mag aanbid. Geeneen van hierdie groep(e) behoort die alleenreg op besluitneming te hê welke groep(e) mag en mag nie op die tempelterrein aanbid nie.
Die ANC en hul meelopers is die lakeie van Rusland en Iran deurdat hulle nie Rusland berispe oor Rusland Oekraiene beset en Putin dreigemente om kernwapens te gebruik, uiter. Sies ANC et al. Ek het geen respek vir julle nie.

Vexed ·

Die ANC karakters kan die woord respek uitspreek, maar hulle verstaan nie die konsep nie. Hopeloos.

Porseleintjie ·

Hiermee die begin vd einde vir hierdie regering. Los Israel in vrede.

Henry ·

altyd blameer hulle israel. as daar so tyd terug 2000 vuur pyle per dag na israel afgevuur word sè die wèreld niks.

Faraway ·

En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. Genesis 12:3
ANC, EFF, AIC, PAC en NFP neem kennis . . .

Isabella ·

Apartheid BBEE hierdie regering wil n ander beskuldig van wat hul presies doen en is

Isabella ·

Ek verstaan di regering se wraaksug ons beleef dt mos nou vr jare

Sê maar net ·

Dis baie hartseer. Maar, Openbaring word voor ons oë waar. Israel sal deur almal gehaat word. God slaap nie. Hy gaan die laaste sê hê. Hy sê ook Hy sal dié seën, wat vir Israel seën, en dié vervloek, wat vir Israel haat en vervloek. Mag Hy Israel seën, beskerm en versterk in die moeilike tyd wat nou aanbreek.

JohanR ·

Dink hierdie regering rerig dat Israel gee ‘n damn om! Vir Israel is SA maar net ‘n blip op ‘n legkaart.

jou gewete ·

wat vol is van hulle geld wat hulle kan en gaan onttrek wanneer hulle genoeg gehad het

Paul ·

So wys die anc maar weer hulle ware kleure. Hulle maatjies rusland is hulle mentor en vir hulle is dit reg om Oekraïne binne te val en onskuldige mense te vermoor en alles te vernietig.

Amelia ·

Ja soos anc ook mense laat vermoor hoeveel politieke moorde was al in sa

TO ·

Respek vir wie of wat, julle het nie eens respek vir julle self., wat staan nog ander mense, kan ook nie eens die boere wat vir julle kos gee respekteer nie. Maar ek hoop die vyande wat julle so koester sal verantwoordelik wees om julle uiteindelik n les te leer.

piet ·

So terloops – Niks met die storie te doen nie maar ek het hierdie Shaik Emam van die NFP al meer as eenkeer sien brood uitdeel by Shoprite Vasco. Hy koop ‘n trollie vol brood en deel dit dan uit buite die winkel. Weet nie of hy dit nog doen nie. Wys jou nou net, mens moet nie iemand op sy baadjie takseer nie.

Vexed ·

Ek wonder wat sy slinkse plan is met die brood uitdeel storie…

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy gebruik sy parlementêre onthaal toelaag…

Piet parys ·

Soek stemme maar kan nie kentucky en t hemde bekostig nie . .

piet ·

Hy’s Muslim en hulle glo hulle moet uitdeel en help waar hulle kan. Die gebaar is om minderbevoorregtes te help en van hierdie mense weet ook dat hy dit uitdeel n wanneer (dit was gewoonlik Saterdagoggende). Ek kan ook noem dat mense van alle kleure van die brood neem.

Piet parys ·

Emam moet maar n vliegkaartjie koop en aansluit by sy mede moslem broers.

Jacobus ·

Hierdie ANC kommuniste gaan dit nog berou deur van Israel n vyand te maak.

Jackie ·

Jes 5:20 is op die ANC regering van toepassing: Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat duisternis lig maak en lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.

Althes ·

Regtig! Die korrupte spul politici moet eerder voor hul eie deur vee en internasionale lande uitlos. Ons land is ñ eierpoep teen die donderweer van Israel.

Jr ·

Moenie skryf SA want dis nie ons, maar die terroriste party wat daarteen stem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.