ISS bekommerd oor moorde wat wéér toegeneem het

Argieffoto

Argieffoto

Die Instituut vir Sekerheidstudies het Vrydag sy kommer uitgespreek oor die feit dat die aantal moorde in Suid-Afrika vir die eerste keer sedert die aanvang van demokrasie, vir twee agtereenvolgende jare toegeneem het.

“Die statistiek moet ʼn wekroep vir alle Suid-Afrikaners wees,” het Gareth Newham, hoof van die ISS se misdaad- en strafreg-afdeling, aan verslaggewers gesê. Die polisie het Vrydag die misdaadstatistiek vir die 2013/2014-boekjaar bekend gemaak.

“Dit is nie meer net ʼn effense styging nie. Ek glo nie die polisie kan dit op hul eie hanteer nie. Ons weet wat die polisie kan doen en reeds gedoen het, maar hulle doen dit nie op die oomblik nie.

Volgens Newham moet daar ʼn nasionale teenroof-strategie wees wat deur die polisie gedryf word. Hy het gesê so lank as wat misdadigers mense aanval en daarmee wegkom, sal dit ander aanspoor om dieselfde te doen.

Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het ʼn beroep gedoen vir nasionale dialoog oor hoe om misdaad en geweld te laat afneem. Hy het ook versoek dat die nasionale ontwikkelingsplan (NOG) geïmplementeer word. Die ISS het dit verwelkom.

Die NOP stel ʼn nasionale polisiëringsraad voor wat duidelike standaarde sal stel en ʼn omkeerstrategie behels. Newham het dit verwelkom.

Dr. Chandre Gould, ʼn senior navorser by die ISS, het intussen gesê dit is vreemd dat die mees ernstige kategorieë van geweldsmisdade toegeneem het terwyl gevalle van algemene en ernstige aanranding afgeneem het.

“Wat die statistiek vir ons sê is dat dit wat ons tot nou toe gedoen het, nie gewerk het nie. Hoë vlakke van geweld ondermyn beleggersvertroue, stoot kostes in die gesondheidsektor op en het ʼn negatiewe impak op alle sektore in die samelewing.”

Newham het intussen versoek dat misdaadstatistiek maandeliks en op ʼn plaaslike vlak bekend gemaak moet word. “Indien jy nie weet wat tot die moorde lei nie, kan jy nie oplossings daarvoor kry nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Kan die misdadiges nie meer opgeoed word in Godsdiens as hulle ooit weet wat n Bybel is.Die Woord leer ons jy moet jou naaste lief he soos jou self maar hoe kan n mens as jy elke dag oor jou skouer moet kyk .Dis jammer dat dit so gaan en as dit nie gaan op hou is hierdie land een vd dae n bloedbad.Ek dink n mens kan net vat tot op n punt .En elke dag bid vir hulle wat n swak opvoeding gekry het

Ratel ·

Ag, asseblief. Ek wens hierdie tandelose papiertiere wil hulle jaarlikse retoriek nou ‘n slag laat staan. Elke jaar sodra die nuwe statistieke uitkom is daar ‘n vreeslike roering onder die sogenaamde beswaardes wat maar in elk geval netsoveel bydrae tot die totale verval in Suid Afrika het, as wat Frikkie het. Net in ‘n ander hoedanigheid. Dit is asof hulle elke jaar van voor af geskok moet raak oor iets wat al twintig jaar algemene kennis was.
Elke jaar moet daar van voor af derms uitgeryg word oor hoe swak dit gaan en dan gebeur daar vir die volgende 365 dae absoluut niks. Net vir die hele ou sage om weer later herhaal te word.
My raad aan hierdie absolute idiotiese, niksseggende, oortollige en orbodige organisasie is om iets daadwerkliks te begin doen met die mandaat en die miljoene dollars wat jaarliks aan julle betaal word.
Of bly stil en kry vir jule iets om te doen wat werklik ‘n verskil maak.

Larry ·

80% of the population does not have a place to take a crap in not to mention living without water. This will not end, it started the day they were allowed to dance for a raise and not work for one. They like a spoiled child that through a tantrum until he gets what he wants and then grow up to be a criminal. Talking about dump people that does not understand that they on the same path as Zimbabwe. Fu”ck open your eyes. Does not matter if you capable to stand on your head and whistle sukkelalele out of your ass you wont be able to stop what’s coming. They want farm land to take care of themselves and not the country. Import food and see what happen with inflation, food prices will escalate and riots will be on the horizon. In 1999 I told my niece they will have jobs that they not trained for, therefor you will need to employ 2 people and each of them get the same as the white person. No money to take care of the infrastructure. The river flow past us lets just dump all the shit in it. We thought electricity is our problem, you can live without power but without water you will die or riot. Another reason to dance! Excuse my spelling I am dyslectic but luckily not dumb and vat with a red beret.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.