Italianer sterf in SA-valskermspringkompetisie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Italiaanse man is Saterdag dood tydens ʼn valskermspringkompetisie by die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man se valskerm het glo nie behoorlik oopgemaak nie waarna dit ʼn spiraal gevorm en die man na sy dood getuimel het.

Volgens Mogale het die 39-jarige man aan die Nasionale Valskermspringkompetisie by die lughawe deelgeneem. Dit is nog nie duidelik of die man na Suid-Afrika gekom het vir die kompetisie en of hy hier gewoon het nie.

Mogale het gesê die Italiaanse ambassade is in kennis gestel. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.