It’s Time 2018.: ‘Die grootste Christelike byeenkoms nóg’

Foto: Facebook via Angus Buchan.

Die voorbereiding vir Angus Buchan se bekende It’s Time-gebedsbyeenkoms wat dié jaar in Pretoria gehou word, is reeds sterk aan die gang.

Die byeenkoms vind op 27 Oktober by die Rhino Park-vliegveld net buite Pretoria plaas en Buchan sê hulle bid dat miljoene mense dit sal bywoon. Hy beskryf dit as die grootste Christelike geleentheid wat die land nóg gesien het.

“Die korrupsie, geweld, haat, rassisme en moord – dit moet stop! En die enigste manier wat dit gaan stop is as God se mense saamkom in een plek op een tydstip om te bid – en ons kom 27 Oktober bymekaar.”

Buchan het benadruk dat dié geleentheid nie ʼn Shalom-inisiatief is nie, maar dat dit ʼn inisiatief vir die nasie is. Hy het sakemanne gevra om hul ondernemings op daardie dag te sluit. “As jou geloof niks kos nie, is dit enigiets werd?”

Logistieke reëlings

  • Voorbereidings op dié stuk grond is al vir ʼn maand aan die gang en kon begin nadat een persoon 1 000 liter brandstof geskenk het vir die toerusting wat gebruik word vir die voorbereiding.
  • Daar is ʼn gebied van 2 000 ha bekom vir die geleentheid.
  • Daar word tans betonpype gelê sodat voertuie maklik toegang kan hê na en van die parkeerterreine.
  • Die parkeerterrein is 2 800 rugbyvelde groot.
  • Stootskrapers is besig om die toegangspunte so wyd as moontlik te maak om maklike verkeersvloei in en uit die venue te verseker. “Ons doelwit is om geen opeenhopings te hê nie.”
  • Rondom die grond waar almal sal sit, parkeer en kamp is die velde skoongebrand om “pragtige groen gras betyds vir die groot dag te bevorder”.
  • ʼn Groot hoeveelheid motors, busse, vliegtuie en voetgangers word op die dag verwag en die GPS-koördinate van die parkeergebied sal nie bekend gemaak word nie aangesien alle motoriste by dié presiese ligging sal probeer uitkom en dit sal “omvattende verkeersknope en voetganger-risiko inhou”.
  • Kampering word aangemoedig en kampeerplek is gratis beskikbaar in die omgewing rondom die venue. Kampering is beskikbaar van 25 Oktober tot 29 Oktober.
  • Daar word ook brûe gebou.

Buchan het gesê daar moet planne gemaak word om die armes, die bejaardes en gestremdes na dié geleentheid toe te bring. “Ons is so dankbaar vir die verskeie grondeienaars wat hul grond beskikbaar stel – selfs al loop hulle die risiko om nie betyds te wees vir die plantseisoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Heidi ·

Ons was by Bloemfontein Its Time. Moet dit nie misloop nie!

Cornelia ·

Hoe sê mens dankie? HALLELUJA! Dankie Abba, Vader. Dankie, Dankie.

Casper Labuschagne ·

Die “Grootste Christelike geleentheid wat die land nog gesien het” is waar tientalle miljoene elke aand op hul knieë gaan en nie enkele ‘n groot samekoms in ‘n verre stad wat die rekords moet breek nie. Ek skiet glad nie vir Buchan af nie, maar dit is die gebrek aan die daaglikse groter byeenkoms wat my ontstel, en dit moet ons eerste prioriteit wees.

Wicus wat se jy ·

Wicus so wat se jy nou eintlik jy val ook daarvoor. Nee wat jy eintlik se is “hoekom is ek nie mans genoeg om te erken ons ieder en ‘n elk het dit dringend nodig om saam te bid nie”. Dit versterk ‘n mens se geloof om sulke byeenkomste by te woon. As die kerk vol is gaan jy huistoe. Nee man hoe groter die kerk hoe lekkerder is die aanbidding.

As ek dan val dan val ek lekker wat kan ek verloor niks.

Haan ·

Casper dit is baie waar wat jy sê. 1 Konings 19 vers 11-12 sê vir ons die Here is nie in die aardbewing en viir nie, maar in die stil fluister stem. Begin by Jerusalem (jou gesin)
Dit is goed wat Angus doen, maar ons kan nie elke keer wag dat hy iets reël voor ons tot die Here bid nie

Annatjie du Raan ·

Ek wil dit graag bywoon, maar het nie ‘n idee waar dit is nie. Kan julle my asseblief laat weet hoe om daar te kom. Die Here sal die Boere seen wat lande beskikbaar stel. Seen op die byeenkoms.

Caroline ·

Gaan Google It’s Time. Jy kan met n bus tot daar ry. Bespreek jou plek op hulle webwerf.

C ·

Dis gratis Wouter. Jy kan self verniet kampeer ook as jy wil. Al wat dit jou gaan kos is om saam te bid en te glo. As jy wil kan jy ‘n donasie skenk.

MAGDA ·

Als goed en wel maar waar sit die meeste van ons Sondag na Sondag? In die inkopie sentrums waar?

Antoinette ·

Presies, my hart pyn wanneer ek nou na die foto’s kyk en sien hoeveel geld en tyd word nou hiervoor ingesit, hoeveel honger kindertjies se magies kon nou vol gewees het, terwyl elke persoon wat na daai fees gaan, by sy huis, plaaslike gemeente ook gebid het, en n arm gesin gehelp het met die geld wat dit hom/haar/hulle gaan kos om na die fees te gaan….

Karien ·

Antionette, jy klink nou soos die klomp wat gekla het toe Jesus se voete met duur olie gewas was. Jy vergeet waaroor dit gaan. God het klomp mense met 5 brode en 2 vissies gevoer. Wat worry jy oor dit, fokus eers op God, Hy sorg vir die voël in die lug en sal wel ander stuur om daai honger kinders en mense te voer. Dink ons fokus moet wees om nou saam te kom en bid. At least word hierdie op die goedkoopste manier moontlik gedoen, geen duur stadions nie. Hoe anderste om mense so saam te kry om te bid. Luidprekers en goed moet gekry word, dinge moet in plek kom, maar hierdie grond se huur kos niks.

Genade ·

Antoinette kla jy ook so oor die duisende wat betaal vir KONING RUGBY???????? Ek hoor nie dat mense se die rugby liefhebbers moet hul toegang geld gebruik om honger kinders te voed nie. Of Afrikaans is groot se groot getalle. OMW of as almal Pieter Koen se piekniek bywoon. Se niks meer nie. Die gesang is uit.

Johnny ·

Hi Antoinette, al daai paaie wat gemaak en die werk wat daar verrig word, word gratis gedoen deur maatdkappye wat deel wil hê aan hierdie visie om ons land te dien verander.

Callie ·

Kan almal net ophou oordeel en kritiseer. Kan daardie byeenkoms nie op tv uitgesaai word sodat alle gelowiges in SA kan deelneem aan die gebede van daardie dag nie. Die land, ons as sondige mense, almal het so iets so nodig. Mag God die dag seen en na die gebede luister

Heidi ·

Stem saam Callie. Bid eerder saam as om langs die kant te sit en kritiseer, kerm en kla hoe sleg dit in SA gaan. Die dag in Bloemfontein was ongelooflike geestelike ervaring.

SUZY ·

Dit is alles goed en wel van sulke groot saambid geleenthede, maar wat gebeur daarna. Almal is vurig om dit by te woon en wil so graag ‘n verskil in die samelewing maak, maar NIKS gebeur daarna nie.

Jana ·

Daarna moet ons aanhou bid. Daar is soveel woede en vrees in die land. Wat goed is vir my van so byeenkoms is dit bring ons almal saam. Dis wonderlik om so saam met almal anders swart, wit of bruin te bid. Maar daarna moet ons aanhou bid, alleen en ook saam met ander.

Liezl ·

Baie gebeur Suzie, ons hoor net nie daarvan nie, wonderwerke vind plaas, grondgebiede vergroot, mens word bewus van bid, mens kom nederig voor God die Almagtige, mens kan net Hoop en mens kan net vertrou. Amen, God is met ons.

Hendrik ·

Wel ons as gemeenskap word heeltemal geisoleer deur die bidgeleentheid. Alle paaie na Rhinopark word eenrigting vanaf 12h00. Dit gaan ‘n yslike verkeersophoping wees vir ‘n hele dag. Hulle reken 5 miljoen mense met 750 000 motors. Ek hoop hierdie pelgrims doen iets vir die land na hierdie grootse bidsessie. Die volgende dag kan ons seker weer die pad gebruik om kerk to te gaan.

Anoniem ·

Goofy en al die ander wat dink Oom Angus trek voordeel hieruit – gaan doen julle huiswerk en lees waaroor dit gaan. Dit is ‘n gratis byeenkoms, geen geld word gevra nie. Die enigste beroep wat op alle Suid-Afrikaners gedoen word, is om saam te bid op hierdie dag – KORPORATIEF – dit is wat die verskil maak. Dat almal saam, op dieselfde plek, vir ons land bid.

Mrs H ·

Steur jou nie aan die dwaas nie jong. Dit laat my dink aan Noag se ark… Hy was gespot, maar het net gehoorsaam gebly. Hier is baie wat uit dwaasheid goed kwyt raak. Kom ons kyk wat hulle te se het wanneer die vloed en God se toorn los bars soos ons gewaarsku word. Jyt niks om te verloor om te gaan nie. Maar sal beslis daar wil wees en seën ontvang, al is dit net beskerming wanneer chaos ons oorspoel, en die krag & wysheid om my vyand te verslaan soos David vir Gholiat.

J van Rustenburg ·

Soos ek van sy website verstaan is toegang, parkering en kamp gratis en daar gaan geen verkope wees nie Al besighede wat gaan geld maak is gastehuise en vulstasies Dis hartseer dat dominees altyd kla hulle kerke is leeg maar as oom Angus its aanbied kom miljoene

Landi ·

Want oom Angus is n gestuurde van God. Hy is gehoorsaam aan elke instruksie, al hou hy nie altyd daarvan nie. Hoeveel hier wat kommentaar lewer se verhouding met God is so volwasse? Wanneer jy iets van of vir iemand sê, maak seker jy onthou, dat jy met of van nog n kind van God praat. Ek kom agter daar is n paar mensies hier wat van God weet, maar Hom nie ken nie. Julle is kwaad en moedeloos. Ons almal is, vir baie redes. Kom asb saam? Jy het op hierdie aarde niks om te verloor nie. Maar DIT IS TYD….

Ryan ·

Was maar nog altyd skepties, maar deesdae…. Kyk “die Gelofte” en kyk Katie Hopkins se “the killing fields”. Ek moet sê, ek het my houding verander…. Ek sal sovêr ek kan betrokke raak by so iets..

Soekie ·

Legens,
Ek dien ‘n God van wonders. Glo my, Hy bestaan en Hy is, was en sal ALTYD wees.
Soms soek Hy net vertroue van Sy kinders.

Bridget ·

Hoekom is mense so negatief hulle se Vrolike mense is gesonde mense neerslagtige mense raak uitgeput dit kan net wonderlik wees as duisende mense die Here saam kan aanbid

George du Plessis ·

Die hartseer van ons mense vandag is ons lees nie meer die Bybel nie. Die Woord van God is vandag in die spervuur en ons luister na leringe van mense en hulle foefies. Het ons nie die waarheid veruil vir die leun nie? Suid-afrika is in die moeilikheid, lees 1 Kor 10 vers 1 tot 12. God se boodskap aan die mens is: bekeer julle! Vandag bely mense hulle is bekeerd maar hulle ken nie die Chrustus wat hulle van hul sondes moet verlos nie. Om God lief te he is om sy gebooie te bewaar, lees Matt 5-7. God stel regerings aan. Leef ons nie onder God se oordeel in SA vandag nie? Mense is meer geintereseerd in plesier, sport, menseregte, modes, kos, plase, huise, en geld as om n Christelike lewensstyl te leef volgens God se bevele in die Bybel. Moet daar nie n oproep wees tot verootmoediging, bekering en n roepe na Christus Jesus nie? Of het ons soos die Jode in die Ou en Nuwe Testament geword wat die profetiese stem stil maak en vervolg? 70 na Christus is Jerusalem tot op die grond afgebreek want die Jode het hul Verlosser verwerp en gekruisig. Waar staan ons in SA vandag wat dit aanbetref? Sekerlik is daar hoop as ons na die God van die Bybel terugkeer. Moet dit nie verag nie – die Here laat hom nie bespot nie. Jesus het gese: Kom na my toe almal wat vermoeid en belas is.

Ben ·

Natat Anchus Buchan Kaapstad besoek het en gebid het , het dit wel gereen. Ons vewelkom hierdie inisiatief, maar wat is die oorsaak van Geweld, Moord, Rassisme en Korrupsie? Anchus mis die Sonde van die mense. Die dien van Afgode. Hy en die mense kan bid totdat hulle blou word in hulle gesigte maar niks gaan gebeur nie. ” 2Kr 7:14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” Die Bybel noem hier uitdruklik bekeer van verkeerde weë. Ons as Suid Afrikaners se probleem is Afgode en Voor Vader aanbidding. Vind uit watter afgode….

Marius ·

Kom ons spel van die afgode uit. Bou nog rugby stadions waar kerke staan

Antoinette ·

ELKE DAG, en GLO want wonderwerke gebeur!!!! Nou bekommer die mense hulle NOU AL oor die parkering van daai dag?

Ni-alweer-ni ·

God stuur reen op SY tyd. Ni wanneer angus so sê. Dog hyt di misdaad met vorige byeenskomste gestuit? Di local kerk se dominee se gebede luister God ook na. N bedelaar sn ook. Niemand sn is belangriker as n ander sn ni. Hoekom raak mense fanaties oor di man? Glo hulle rerig as hy praat luister God? Gaan kerk toe..bid gereeld.(local kerke Sondae is net so goed) God hoor ni net as dit n hengse show is ni!

Mrs H ·

Ek is daar en kannie wag nie!!! Hiep hiep hoera… Mag dit ALWEER en NOGSTEEDS wees…hehehehe En die voorreg om my “minderheid” volk in volle glorie bymekaar te sien en kammeraadskap te beleef in EEN LEWENDE HERE… My hart maak bollomakiessies van opgewondenheid. En ek vind oom Angus so aangenaam om na te luister. What a MAN! Dankie Jesus, dis n voorreg wat nie elke dag vir ons toeganklik is nie.

Fryingfrog ·

Jesus het vir sy dissipels gesê “Wie nie teen ons is nie, is vir ons.” Maar Hy het ook gesê dat”waar twee of drie bymekaar is en bid, daar is ek in hul midde”. Ek verkies om elke Sondag kerk toe te gaan, soos Jesus na sy sinagoge en tempel gegaan het, en daar te luister en aanbid. Deur die week leef ek soos ‘n christen en bid oggend, middag en aand. Jou gebed by ‘n groot byeenkoms verskil nie van jou gebed in jou binnekamer nie. God sal na sy eie oordeel hoor en verhoor.

Kobus ·

Wielie, laat ons nie moeg word om te glo, te vertrou en vas te hou aan die Here nie. Laat die Here geloof kry as Hy terug kom. Of dinge uitwerk soos ons wil of nie, die laaste sê lê by die Here, laat ons doen wat Hy sê en dis bid, glo en vertrou. Alles sal ten goede uitwerk vir die wat Hom liefhet.

Celtis Africana ·

Geroep ? Mat. 22:14
Verkies? Johannes 15:16
Volhard tot die einde? Openbaring 2:26, 17:14

Lientjie ·

Nou kan almal spring om alles reg te kry. Paaie word geskraap en brue word gebou , maar hulle kan nie die arm blankes vinnig ‘n plan maak nie.

Celtis Africana ·

Nie die ANC is sy korrupte kispak en kospakkies
nie die EFF in sy gepaste satanspak en vlymskerp tong,
nie Afriforum of Solidariteit,
nie een plaaslike voorspoedsprediker,
kan soveel mense oor soveel grense heen, bymekaar op een plek kry, as die Engelse aartappelboer nie!
Dit alleen, is n wonder op sy eie bene!

1+1 ·

Wat moet gebeur sal gebeur. Alles verloop volgens God se plan met die wereld ook in Suid-Afrika. My gebed is “laat U wil geskied “.

1+1 ·

Alles in die wereld ook in SA verloop volgens God se plan. Dit gaan oor Sy eer en sy eer alleen . Daarom is my gebed ” laat U wil geskied geskied”

Pieter Greyling ·

Prys God in die oggend, prys God in die dag, prys God in die aand, prys Hom in die Huis, prys Hom in die veld, prys Hom orals en altyd, tydig n ontydig.
Vra jouself hoekom jy gaan. Om te se jy was daar of om in afwagting te gaan op n boodskap te ontvang. God is koning

Pieter ·

Al die verskillende kommentaar klink so bekend. Onthou julle nog die gedeelte waar Miriam en Aäron in opstand gekom het oor Moses se leierskap. Ja die arme Miriam moes toe nog met Melaatsheid getref word sodat sy kon leer wat God se wil is. Nie eers so lank nadat sy in gedans en gejubel het by die Rooisee nie. So is die ou mensdom. Ek het nounet gelees hoe kwaad die Fariseërs geword het toe Jesus die blinde man gesond gemaak het kwansuis omdat dit op die Sabat plaasgevind het. Ek hang nie vir Angus Buchan aan nie maar vir die Drieënige God. Ek bid met ‘n oop gemoed en as Hy my lei, dan SAL ek daar wees. Het julle gelees in Openbaring van die menigte wat voor die troon van God gaan staan in wit klere? Elkeen kan mos in sy eie woning in die hemel bly en self na die troon van God gaan wanneer hy wil? So ook is die volk deur Moses beveel om almal saam voor Hom te verskyn. Klein en groot. Ek nooi julle almal. Kom. Miskien kom jy dalk ook vry van jou skeptiese gesindheid. Daar is ‘n tyd vir alles. ‘n Tyd om alleen in afsondering te bid, ‘n tyd om gemeente pligte na te kom en ‘n tyd om saam met baie mense vir God te aanbid.

Pastoor ·

Regtig? Neh. 13:3 en Neh 13:23-25 en Sag. 14:4+21, ensovoorts [Ou Afrikaanse Vertaling 1933/53] stem weer saam met Miriam en Aäron. Daar is minstens twee kante van ‘n saak…. en dan is daar die waarheid. Jou opinie bly net jou opinie. Nehemia sou nie saam met jou kom bid het nie. Lees maar wat Nehemia sou gedoen het.

Pieter ·

Pastoor, ek het jou verwysings gelees. Kyk asb hierna:
“Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.”JESAJA 49:6 AFR53
“NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
OPENBARING 7:9 AFR53”

Ek vra maar net? ·

Gaan dit hier oor die drie enige God of Angus Buchan? Verheerlik ons God of Angus Buchan? Glo ons in God of Angus Buchan? Hoe gereeld lees ons Exodus 20 vers 1 tot 17 in die Woord van die Here? Verheerlik ons ons liefdevolle Hemelse Vader net een dag by Angus byeenkomste omdat Angus Buchan so se? Waar is ons elke Sondag en waarmee is ons besig? Bestudeer ons die Woord van die Here elke dag en bid ons elke dag? Kom ons die Gelofte beloftes na wat ons voorouers afgele het? Het Jesus Christus nie klaar ons van ons sondes verlos en die dood oorwin nie of gaan Angus Buchan dit nou doen? Doen Jesus Christus nie elke liewe oomblik voorspraak vir ons by ons Hemelse Vader nie of doen Angus Buchan dit?

Jana ·

Angus sal die eerste een wees om jou na Jesus toe te wys. Hy is net ‘n instrument in die Here se hande en hy sien dit ook so. Dis nie sy skuld die Here gebruik hom kragtig nie.

Sandra Pretorius ·

Oom Angus is die wonderlikste mens. Toe dit so droog was in die Kaap het hy daar gaan bid, en kyk hoe baie het dit toe gereën. Ek hoop hy bid ook vir die ander plekke in die land waar dit nog droog is. Dankie vir die Kaapse reën, oom Angus, jy rock!

Landi ·

Jou hartjie is net kwaad. Kom saam toe? Jy vind dalk net die troos wat jy na hunker.

Shalom ·

En die volk gaan onder weens ‘n gebrek aan kennis… of is dit goedgelowiges. Dit gaan ‘n hartseer dag wees (en heel moontlik te laat) wanneer jul agterkom dat julle al die tyd die Pied Piper van SA gevolg het. Vele het gepraat en gewaarsku, maar julle wil nie hoor nie. Ek is nou moeg gewaarsku. Meeste WIL mislei word. Dit bly jou keuse. Hartseer. Volg die enigste ware Leier, ons Heer Jesus Christus en weet: dit is ‘n alleenpad en nie noodwendig die gewilde pad nie. Maar die pad is nou, maar neem ons na die Ewige Lewe saam met Hom. Halleluja! Klink die byeenkomste saam met Angus na so ‘n pad? Dink weer en weer en…. Mag jy tot Sy Waarheid keer.

Yolande ·

Ek lees alle negatiewe comments hier, hkm gaan mense nie meer kerk toe? Want nog voor jy by daai kerk deur in stap, word jy klaar geoordeel, jy isi reg aangetrek, jy heti hak skoene aan nie en jou klere pas nie bymekaar, nes hier in comments word jy geoordeel! Jy keni medemens maar jy wil oordeel hkm n man volg wanneer jy self mos kan oor die weg kom met God, so jy staan alleen en vergeet jou medemens. Jul verwys so na die negatiewe kant van die samekoms maar was Jesus oki uit gelag en mense gedink hkm moet hul Jesus volg en na Hom luister? As jy mooi kyk na Bybel, oral was n samekoms van mense wat geglo het in God se Woord, hul was so geseend en hul die vrugte gepluk van God se Genade en Liefde! Angus is nie Jesus, maar hy probeer ons mensdom by mekaar kry om God te aanbid en te vra vir hulp. Dis hkm hierdie land sukkel want nogsteeds wil jul nie saam staan, al is dit voor God, want hkm moan jul? Dit sal al klaar beter gaan as ons as mens mekaar se hand sal vat, al is jy vreemdeling, en saam staan voor God. God staan op vir ons, hkm kan jul nie ook nie?

Pieter ·

Ek sien in die kommentare baie meer insig en waarheid na vore kom. Baie minder geniepsigheid van diegene wat Angus ondersteun as iemand dalk nie met hom saamstem nie. God moet elke dag verheerlik word met ons hele lewe. Ons moet ‘n lewe van toewyding leef. Die hartseer is dat so ‘n dag plaasvind, nie omdat ek soseer daarteen is nie, maar vanweë die afdwaling van God. Elke Sondag moet die kerke vol wees en nie net op een dag nie. Ek is ook teleurgesteld dat die geleentheid nie op 6 Oktober gereël is nie. Dan sou ons sien wie word in die land aanbid: God rugby of God Drie-enig!

DS ·

Dis vir my so hartverskeurend om die negatiewe kommentaar te lees. As God se kinders so verdeeld is wanneer dit by so iets kom is dit geen wonder ons land is in so krisis nie. Ja almal stem nie saam oor alles nie maar een ding weet ek ONS AANBID ‘N MAGTIGE GOD EN ENIGE IETS IS VIR HOM MOONTLIK! Dit bly jou keuse kom of bly hou net op om altyd te kla en kritiek oor alles te lewer. Gebruik eerder daardie tyd om op jou kniee voor God se aangesig deur te bring en te pleit dat Hy ons genadig sal wees. Dankie Here vir die geleentheid om weer voor U aangesig saam mede gelowiges U te kan loof prys en bid vir genade. SHALOM.

1+1 ·

Baie geldige argumente. Sake wat ‘n mens verstaan en wat baie belangrik is. As ons onsself net daarvan weerhou om God op ‘n subtiele wyse te probeer manipuleer en opdragte gee om dinge te doen soos wat ons dink dit moet wees, verstaan ons waaroor hierdie byeenkomste gaan. As dit die gemeenskaplike gesindheid is, is daar met hierdie geleentheid niks verkeerd nie.

Johan ·

Mijoene mense in Suid Afrika weet wie oom Angus is. En weet ook wat hy vir die koningkryk van God doen en beteken.
Jy wat so negatief is hoeveel mense in Suid Afrika weet van jou. En wat beteken jy vir die koningkryk van God. Wonder maar net.

It's Time - 'n Bybelse beginsel ·

Die gebruik vir ʼn hele nasie om op te ruk na ʼn nasionale byeenkoms is, volop in die Bybel . . . veral waar God ʼn sterk boodskap aan die nasie wou oordra

Selfs ʼn ateïs sal moet erken dat die HEL los is in die land . . . vir ʼn Christen is daar net een uitweg in sulke tye . . .

2 Kronieke 7:14 as my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Mattheus 18:19 Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
Mattheus 18:20 Want WAAR TWEE OF DRIE IN MY NAAM VERGADER, DAAR IS EK IN HUL MIDDE.

Deuteronomium 32:30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en TWEE TIEN DUISEND OP DIE VLUG JAAG, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie!

Deuteronomium 31:12 LAAT DIE VOLK BYEENKOM, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.

Phillip Groen ·

Maar dan moet jy AL daai verkeerde weë uitspel…want hoe anders gaan jy jou kan bekeer van jou verkeerde weë.

Help nie jy wys net sekere verkeerde weë uit nie. Jy moet hulle ALMAL uitwys….en daarvoor is Angus en ELKE predikant in die land en die wêreld te lig in die broek.

Politieke korrektheid en mensgemaakte “haatspraak” wetgewing verseker dat die volle spektrum van die verkeerde weë nie ge-opper mag word nie.

So net nog ‘n vergeefse poging wat niks sal bereik nie. Van die vorige “It’s Time” tot nou toe het dinge inderdaad net verder agteruit gegaan.

Bietjie bietjie ·

Dit is mos positief om te bid !
Waar in die wêreld vind daar nog so ñ geleendheid plaas ?
Prys God vir die dag !
Hou op kla en gaan bid
Ek sou dit baie graag wou bywoon as ek kon

Joel Hitchcock ·

Dis ongelooflik wonderbaar. Prys die Naam van die HERE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.