It’s Time 2018: Hoekom nóú en juis in Pretoria saam kom bid?

angus-buchan-facebook-2018-10-17

Angus Buchan vra dat mense saam met hom sal waak en bid tot die gebedsbyeenkoms op 27 Oktober in Pretoria. Foto: Angus Buchan se Facebookblad.

“Ons moet bid vir vrede, stabiliteit en die toekoms. Ons moet bid vir die regte leiers en vra dat God beheer oor hierdie land neem.”

Só sê Angus Buchan wat Woensdag met Maroela Media gesels het oor die voorbereidings vir die It’s Time-gebedsbyeenkoms in Pretoria. Die geleentheid vind op 27 Oktober by die Rhino Park-vliegveld naby Bronkhorstspruit net oos van Pretoria plaas.

Buchan sê daar is vir hom ʼn dringendheid aan hierdie gebedsbyeenkoms. “Ek hoef julle sekerlik nie te vertel van al die probleme in die land nie, en dan staan ons nog voor ʼn algemene verkiesing wat binne die volgende paar maande sal plaasvind.”

Hy voel dit is een van die laaste geleenthede waar Suid-Afrikaners saam as ʼn nasie kan kom bid vir die land voor die verkiesing.

Buchan weet daar is baie mense wat wil weet hoekom hulle nie maar net in hulle eie dorpe of stede kan bid vir Suid-Afrika nie of sommer by die huis terwyl ʼn regstreekse uitsending hieroor uitgesaai word nie.

“Nee, God het ons saamgeroep soos Israel wat saamgekom het om by die tempel te bid.”

Hy glo daar gebeur iets wonderliks as mense saamkom om oor ʼn spesifieke saak te bid.

Op dié dag sal daar gebid word teen geweld, moord, korrupsie, mishandeling en al die dinge wat jongmense van Suid-Afrika verdryf, vertel Buchan.

“Ons sal bid dat Jesus Christus weer heerskappy oor die land neem. Jy weet 80% van Suid-Afrikaners bely dat hulle Christene is, so wat gaan dan so verkeerd? Ek sal vir jou sê: Ons eer nie meer vir God nie.

“Ons as Suid-Afrikaners moet op ons knieë gaan en ons opnuut bekeer. Ons moet terugdraai na God en Hom weer eer. Ons moet van ons sitvlakke af opstaan en hard hieraan begin werk.”

Buchan het tydens die bekendmaking van dié byeenkoms in Augustus gesê die Heilige Gees wou hom net nie uitlos nie, daar moes eenvoudig nog een gebedsgeleentheid plaasvind.

“Pretoria is die wetgewende hoofstad van die land. Ons het in die hart van die land [Bloemfontein] gebid, en ook in die suide [Mitchells Plain], maar die Heilige Gees het my dit op die hart gedruk dat nog ʼn byeenkoms ook nou in die noorde van die land moet plaasvind.

“God het my ook die skriflesing vir hierdie byeenkoms duidelik op die hart gedruk. Dit is Markus 14:38 wat sê: ‘Julle moet waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig maar die vlees is swak.’ Om te waak beteken om te luister, en ek glo God wil met sy nasie praat.”

Sowat 2 000 ha grond word tans vir dié It’s Time-byeenkoms voorberei en 65 km paaie word op die terrein gebou. ʼn Platform, wat uit 70 ton staal bestaan en vier verdiepings hoog is, word op die terrein opgerig.

“Jy weet ons doen alles sonder geld en met die hulp van vrywilligers wat gehoor gegee het aan die opdrag van God. ʼn Konstruksiemaatskappy het sy deure gesluit en werk die afgelope drie weke voltyds om die vliegveld reg te kry. ʼn Boer het ook besluit om diesel gratis vir die werk te verskaf.”

Buchan sê hy kan net getuig van mense se openhartigheid en vrygewigheid. “Dit is die wonder van hierdie visie wat nie aan ʼn bepaalde groep of persoon behoort nie. Ek ken nie die mense nie, maar hulle bied hulp vanuit alle oorde aan.

“As hulle my vra hoe hulle kan help, dan sê ek hulle moet doen wat die Here hulle gevra het om te doen.”

Buchan sê hy weet van ʼn trein wat mense van Kaapstad bring om saam te bid. Daar sal ook 2 000 busse in Gauteng wees wat mense na die geleentheid sal pendel.

“Ek het gehoor van kerke in Mamelodi wat sê hulle lidmate sal die oggend om 05:00 begin stap om 12:00 by die gebedsgeleentheid te wees.

“ʼn Trompetspeler van die Londense Filharmoniese orkes vlieg spesiaal in om ‘Amazing Grace’ vir ons te speel. Hy vlieg op sy eie koste in en keer dieselfde aand weer terug om die volgende dag in ʼn ander konsert te speel.

“Ek deel nou my hart met julle hier. Dit is hoekom ek nie regtig ander mense se verskonings verstaan oor hoekom hulle nie op dié dag daar kan wees nie.”

As mense Buchan vra wat hulle nog kan doen om te help met die gebedsbyeenkoms, sê hy:

“Bid vir die geleentheid en bring ʼn bus of ʼn kombi vol mense saam op 27 Oktober. Maak jou kar vol, moenie alleen kom nie.

“Dink net hoe wonderlik sal dit wees as jy jou kleinkinders kan vertel jy het op dié Saterdag saam kom bid. Jy was daar en God het Suid-Afrikaners se gebede verhoor en die land genees. Dit sal wonderlik wees.”

  • Angus Buchan het telefonies met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die voorbereidings vir die It’s Time Pretoria-gebedsgeleentheid wat op 27 Oktober plaasvind. Buchan het sy opgewondenheid oor die gebedsgeleentheid gedeel en verduidelik waarom hy glo dit is ʼn dringende byeenkoms wat juis nou in die Jakarandastad moet plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Kalender koors ·

Dis ‘n Saterdag en baie werk. Die paaie word soms ‘n dag voor die gesluit en dus soms baie ongerieflik vir ander wat in die omgewing woon. Ek neem aan as jy ‘n besigheid gehad het sou die deure gesluit gewees het. ‘n Christen kan by sy huis ook bid jy het nie nodig om 2 en meer te wees nie.

pinkie ·

Die 27ste is ‘n Saterdag en baie mense werk op ‘n Saterdag.

jakes ·

Angus, doen so voort. Wat jy in die onderhoud gese het, is presies wat SA nodig het. Duisende woon groot sportbyeenkomste en feeste by en betaal ten duurste maar sommige klae om n paar uur aan die Here af te staan.

Sabbat ·

Laat die wat SABBAT ontheilig gestraf word deur DIE WARE GOD.

SNEL ·

Ek stem Latie, was self in die Sabbat kerk gewees, niks teen hulle, maar Sondag rus is beter vir my, het self saam met hul niks vleis geëet (funksies by kerk, selfs eetgoed gemaak en saam gevat) , nog nooit snaaks van hul gedink of gepraat, was die beste kerk daai tyd in die dorp waar ek was en waar ek geweet het hulle hou 100% by God se Woord, so meet mens elke ds se woorde aan God se Woord). Nou nog vriende met hulle. Ons dien dan saam dieselfde Here. Hulle glo in 3 Eenheid en glo dieselfde Bybel. Punt is, in Galasiërs skryf Paulus juis vir mense wat hou by die ou Joodse wette en fees dae. Ons Sondag aanbidders het die Here net so lief soos hulle Hom het. Gelukkig ken die Here elkeen se hart. Die 7de dag is die Sabbat en daai dag is geseënd deur die Here en ek moet rus. My Sondag is geseënd, want dis my 7de dag, Maandag skop ek af met dag een, nuwe krag en lus vir die lewe. Kom ons wees eerder bly oor ander wat die Here aanbid en dien as om hulle oor sulke goed met klippe te gooi. Al het oom Angus dit op n Sondag gehou, ons land is siek en Jesus het op Sabbat dae genees (Man van Betesda) so ek dink ons moet die geleentheid gryp en almal wat die Here aanroep moet kom bid of waar hul is bid

Zelda ·

God het wonderwerke verrig op jou sabbatdag…. gaan lees jou bybel

Felicity Janse van Rensburg ·

Ek is baie bly die byeenkoms is op die ware sabbat soos God dit geseën het. Saterdag. Dieselfde dag wat Jesus in die graf gerus het. Die dag is vir die mens gemaak, n verlustiging, geseën deur God self.

pinkie ·

Wat word van al die geld wat by die ingangspunt ingesamel word? Die vrywillige bydrae? As al die diesel geskenk is, die konstruksie maatskappy die verhoog, wat bly oor? Die toilette sal ook seker weer geskenk word vir die dag. Iemand lag lekker en dis nie die mense wat diep in hulle beursies grawe vir die eer om die byeenkoms by te woon nie.

AmY ·

Pinkie, Angus het nie ‘n sent gevra vir die Bloemfontein byeenkoms nie, en ek glo dit gaan weer so wees.

Koningskind ·

Dit kos NIKS. Waar op dees aarde kom julle aan die nonsens. Hulle verkoop nie eers kos nie. Parkering is gratis ALLES is gratis. Hou op leuns versprei mense.

PIENKIE ·

AmY, is daar boksies vir vrywillige bydraes by die ingang?

Sjantellie ·

Nee Pinkie, verlede jaar was daar nêrens fondue boksies of kollekte opgeneem maw geldelik is daar NIEMAND wat wins hieruit maak nie. Sielekos is ‘n ander storie.

Jerry ·

Oom Angus het klaar sy geld gemaak en sy leeftyd nader die einde. Ek kan nie sien hoe enige regdenkende persoon oom Angus enigsins sal wil wantrou nie. Hy lewer n onbaatsugtige diens aan sy God, en aan sy medemense en mede gelowiges. Versag julle harte teenoor mekaar en teenoor julle medemens sodat die skille van julle oe sal afval en sodat julle kan sien wat julle God vir julle wil wys! Wanneer n evangelis van oom Angus se kaliber se “its time” dan is dit Virseker TIME! Of julle saam met oom Angus bid en of julle op julle eie bid is nie regtig ter sprake nie, solank julle net bid omdat julle weet, dit is tyd!

Patrash ·

Is vrouens en kinders ook welkom of is dit weer net vir die manne

Msp ·

Ai… mense var altyd so baie vrae. Wees daar of bly weg. As ek kon sou ek graag daar wou wees. Mens kan niks verloor nie.

Hannes ·

Ons word gered uit genade alleen en deur geloof alleen. Ons goeie dade kan ons geensins red nie ( insluitende sabbats onderhouding).
Ek onderhou egter die sabbat en probeer om nie te sondig nie uit dankbaarheid teenoor God omdat ek reeds deur die versoeningsdood van Jesus gered is.
Dit opsig self kan egter nie my redding teweeg bring nie.

Alice ·

Hannes jy sê dit soos dit is. God gaan nue minder of meer dink van my omdat ek nie daar saamgebid het nie maar in my binnekamer.

Sendeling ·

Hannes, dis niks anders as julle wat kerk hou op die Sabbat (Saterdag) nie.

Marius van Niekerk ·

Amen. Prys die Here. Dankie Angus, dat jy bereid is om te doen wat die Here wil hê jy moet doen. Ek sal baie versigtig wees om ‘n gesalfde van die Here te kritiseer. Haal eers die balk uit jou eie oog, voordat jy ‘n splinter uit iemand anders sin wil uithaal.
Hy wat sonder sonde is, laat hom dié eerste klip gooi.

koos1 ·

Stem saam.
Waar twee of drie in My Naam vergader, sal Ek wees. Moenie bid waar julle gesien kan word nie…… 2 verse uit die Bybel wat in my kop op kom.
God laat Hom nie intimideer met getalle nie.

Landi ·

Baie dankie Angus! Ek en baie ander is uitgehonger, soos die land vir genesing. Ook die kammeraadskap van mede mense. Daar sal altyd die “Noag-verspotters” wees. Of soos die Engels man se “lost-fart”. Hoor nou nrt vir ou Ruaan hier bo – baie BRAAF… Sterkte ou Ruaan, hoop jy onthou nog n effektiewe gebed sodra jy jouself werklik alleen vind waar jy nie wil wees nie.

Delani ·

Ek en my man gaan verseker daar wees. Dit is presies hoekom dit so Gaan, want mense het weg gedraai van God AF. God is vandag, more en altyd dieselfde. Kan ons Nie ook so wees Nie. En hande vat en ophou kritiseer ens Nie. Hou op om altyd n fout iewers te soek. Die Here roep ons!!!! Dan luister jy!!!!

Landi ·

Baie geluk Ellie. Maak dan so. Dis n ope uitnodiging. Niks dwing jou nie. Ook nie nodig om vir die wat uitsien en graag wil gaan, dit af te probeer skiet nie. Bid dan tot jou hart se grootste genot, moet net nie dat dit vir jou n uitputtende hartsdreinerende taak wees nie. Nes die “dop en tjop” uitnodiging wat jy vir niks misloop nie, is dit n ope uitnodiging wat jy bloot nee dankie voor kan se. Selfde vir jou Ruaan, of is daar n skuldigge gewete wat iewers torring? Jy kan kom of jy kan bly, maar sal lekker wees as julle kan kom.

Genade-kind ·

Die wat so kerm dat daar geld gevra word, hoekom gaan kyk julle nie self nie? Sover ek weet is elke byeenkoms op geloof gebasseer. Oom Angus kan kritiek verwag want dit kom al van die Ou Testament af teen Godsmanne maar die wat volhard tot die einde sal die vrugte pluk daarvan. Almal kla en kerm oor dit wat in ons land gebeur maar as daar gebeds byeenkoms is, word n koue skouer gegee. Probeer eerder alles as om met n mond en hart vol kritiek te sit.

Michiel Burger ·

Pretoria is nie die Wetgewende Hoofstad nie, Die is Kaapstad. Pretoria is die Uitvoerende Hoofstad. En dan : ” Moet op Prinse nie vertrou nie, by wie niemand heil kan vind. Op die mens jou hoop nie bou nie…..” Ons sing dit dekades nie meer nie.

Freud ·

Sê iemand wat ʼn waarseêr soos siener aanhaal… praat van valse profete!!
Angus probeer op sy manier ʼn volk en land bymekaar bring. Is dit nou te veel gevra vir sommige “gelowiges” en sogenaamde christene?

Dries du Toit ·

Pinkie wees maar versigtig om n man van God te veroordeel.

DS ·

Ek dink nie oom Angus gee om wie tyd het vir hom en wie nie. So Siener, Ruaan doen so voort maar hoop dat julle saak met ons Hemelse Vader reg is want anders gaan Hy eendag ook nie tyd vir julle he nie…. Shalom aan almal wat die dag saam gaan kom en bid vir ons land mag die Here ons genadig wees. AMEN.

LATIE ·

hallo ek vra weer wie is God en wat is sy naam as jul weet? moenie se dis God se naam nie nee God is voorwerp is afgod! lees exodus 3:15 , spreuke 30:4 as jul se naam weet HalleluYAH.

waarheid ·

Gaan of bly weg. Niemand word geforseer nie. Punt.
So hou op om te kla en te kerm en te neul soos ‘n ou vrou met ‘n nat broek.
Beweeg aan.

Dankie Angus vir jou bereidwilligheid om ‘n paar siele te red in hierdie tyd waarin ons leef.

LVH ·

waarheid…..geen siel kan deur Anchus, of enige mens gered word nie. ‘n Siel word/kan gered deur ons Almagtige skepper, en Hy alleen.

Ruth ·

Ek lees die skrif waar Jesus self sê – Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard… Matt 10:34.Nou my vraag is watse vrede gaan daar voor gebid word? Jesus is die Prins van Vrede… Moet ons nie eerder bid vir die openbaring van Wie Jesus Christus is nie? 1 Thesalonisense 5:3 wanneer hulle sê vrede en veiligheid dan oorval n skielike verderf hulle…..

Cornelia ·

Dankie Here, dat U met Lydsaamheid met ons bemoeienis maak. Dat U U Naam Verheerlik sodat die wat in U glo, ‘n Wolk van getuies mag wees tot aan die uithoeke van die aarde. As U ons beproef om te weet wat in ons harte is, dat ons die beproewing tot U Eer sal slaag. As U een Myl van ons afdwing, dat ons met Blydskap ons hele lewensmyl aan U sal gee met Lof en Aanbidding. Dat ons warm bevind word en nie lou nie. U is ‘n waarmaker van U Woord. Dankie dat u dienskneg, Angus Buchan gehoorsaam Luister en nie terugdeins nie. Tot die Eer van U Naam en tot die genesing van die gebrokenheid in die sielenood en versugting van U kudde. Laat U Koninkryk kom.

Maria ·

Sien baie daarna uit en opgewonde eerste keer dat ek kon gaan Dankie Here

frikkie ·

Hy tart die skepper , elke keer dat daar so n valse gebedsaksie was het dit net erger geraak. Die mense wat hom agternavolg word gestraf omrede hulle agter die valse priester aandrentel, maar leer sal hulle nie leer nie

alida ·

frikkie, onttrek jouself uit hierdie debat asseblief. Ek bid dat daar iets wonderbaarliks met jou moet gebeur dan sal jy besef waaroor gebed, genade, dankbaarheid en geloof gaan.

Helena ·

As jy dink jy hoef nie daar te wees nie, hoekom hoegenaamd kerk toe gaan, jy kan dan mos maar jou bybel by jou huis lees en bid.

Marlyn ·

Dankie Here vir n geleentheid waar ons as mens bymekaar kan kom in gebed. Ek gaan ook Sondae kerk toe maar dit is n opdrag van God aan oom Angus so as ons almal minder sal praat stilbly en luister dan sal ons ook hoor wat God vir ons wil se

Thys ·

Pieter jy is nes ruaan asb mense as jy ni wil gaan ni bly dan by jou huis,niemand dwing julle om te gaan ni en weereens pieter kry vir jou brille,lees en as jy ni verstaan ni kry iemand om dit vir jou te verduidelik, di byeenkoms is absoluut “GRATIS” niemand vra geld ni as jy ni daar kan kom ni my vriend moeni skimpe gooi ni vra net en ek glo daar gaan mense in jou omgewing wees wat jou alte graag sal wil saamvat “gratis”-so moeni dat di duiwel jou ore aansit ni my vriend want dit lyk vir my hy het in julle 2 gevaar daarom di kritiek van julle af,as julle niks het om beter te se ni bly dan eerder stil

Thys ·

Pieter jy is nes ruaan asb mense as jy ni wil gaan ni bly dan by jou huis,niemand dwing julle om te gaan ni en weereens pieter kry vir jou brille,lees en as jy ni verstaan ni kry iemand om dit vir jou te verduidelik, di byeenkoms is absoluut “GRATIS” niemand vra geld ni as jy ni daar kan kom ni my vriend moeni skimpe gooi ni vra net en ek glo daar gaan mense in jou omgewing wees wat jou alte graag sal wil saamvat “gratis”-so moeni dat di duiwel jou ore aansit ni my vriend want dit lyk vir my hy het in julle 2 gevaar daarom di kritiek van julle af,as julle niks het om beter te se ni bly dan eerder stil.

Ricky ·

Al die mense wat teen hierdie byeenkoms is praat beaam satan , want hy weet watter krag gebed dra en nog te meer mense wat saam kom met een doel om na God uit te roep om genadig te wees oor hul land… enige man wat n land kan kry om ‘n dag af te staan aan gebed, is n man na die Here se hart… die Here wil ooreenstemming onder Sy kinders bring.. mag Hy dit regkry in Jesus naam!

Zelda ·

Ek verstaan nie hoekom julle so baklei oor wat en hoe.dinge gedoen moet word.nie

God sê in sy Woord dat elkeen van ons deel het in sy liggaam. Almal kan nie n oog of n voet of n oor wees nie.

So as jy wil gaan…. gaan. As jy wil bid by jou huis doen dit. Hou op om mekaar te oordeel oor hoe hy of sy God dien.

HPV ·

Gun elke mens maar sy manier van aanbidding, sal self nooit sulke saamtrekke bywoon nie. Bid maar in my kerk en daaglikse wandel vir die land en sy mense, ook vir Angus.

Nel ·

Oom Angus is net gehoorsaam aan God en die Woord. Hy doen dit verseker nie om mense te please nie, hy doen dit nie vir geld of roem nie. Dis n gratis vrywillige byeenkoms. Ek was by die Bloemfonteinse geleentheid en hoe wonderlik was dit nie om saam duisende ander christenmense te kon bid, sing en ervaar nie. Hierdie is vir my weereens ook n afspraaktyd met God en saam ander mense, net soos ek sondae kerk toe sou gaan of waar ek n vrouekamp sou bywoon waar ek n geestelike ervaring sal beleef. Ek ek se dit weer, oom Angus doen dit uit gehoorsaamheid en afhanklikheid aan God en die Woord, gratis.

Franco ·

Omdat dit nie gewerk het in Bloem nie en hier is meer mense. Wat wed ons dit gaan weer nie werk nie.

jandre ·

Jy sal hom nooit sien van sy eie geld vat en Blanke Plakkerkampe daarmee uithelp sonder om daardeur te vereer te word in die oe van andere nie. Hy soek die kollig en verhoog, hy soek homself verhewe en gesien deur menigte. N Soutie wat homself Boere gewade aanklee is n belediging van die hoogste orde, terwyl hy vanaf n hoe plek kyk hoeveel van ons oor bly soso ons uitgemoor word. Wee almal wat na sy roeping gehoor gee, want selfs die duiwel vertoon homself soos n engel van Lig. Jou grootste vyand is die een wat mees betroubaar voorkom. Hoekom laat my volk homself so maklik mislei? Mense slaan geen ag op hom en besoek hom nie. Christus het gese ; “Volg My!” Hy het nie gese volg Angus of andere soos hom nie. Angus sal jou nie bekeer nie, net jy kan jouself bekeer!!!

Netso ·

Dis skreeu snaaks hoe julle almal hier tekere gaan! Bly net weg van negatiewe mense? Hulle het die vermoë om uit iets posetief, altyd iets negatief te vind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.