Ivermektien: ‘Dit werk,’ sê Covid-19-pasiënte

(Foto: SAPD

Ivermektien, die medisyne wat wêreldwyd aangeprys word as ʼn moontlike wondermiddel teen Covid-19, kan dalk binnekort vir menslike gebruik in Suid-Afrika beskikbaar wees. Dít indien verskeie aansoeke deur belangegroepe by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad (Sahpra) slaag.

Tans heers groot verdeeldheid oor die gebruik van ivermektien as teenvoeter vir Covid-19.

Sahpra voer op sy webwerf aan dat daar nog geen bevestigende data beskikbaar is oor die gebruik van die middel teen Covid-19 nie en ook geen bevestigde kliniese bewyse dat dit veilig en doeltreffend is om die gebruik daarvan te regverdig nie.

Maroela Media het egter van verskeie Covid-19-pasiënte verneem wie se simptome suksesvol met ivermektien behandel is.

Die middel is tans slegs as dieremedisyne in Suid-Afrika geregistreer. Verskeie belangegroepe werk egter tans aan artikel 21-aansoeke waarin Sahpra vir magtiging gevra word om ivermektien-pille vir die behandeling van Covid-19 in te voer sonder dat die vereiste kliniese proewe plaaslik gedoen is.

Artikel 21 van die Medisynewet stel Sahpra in staat om toestemming aan ʼn persoon of instansie te verleen om ’n spesifieke medisyne te verkoop wat nie in die land geregistreer is nie.

“In die geval van ʼn pandemie, soos Covid-19, kan ʼn grootmaat-aansoek gebring word deur byvoorbeeld ʼn groep mediese dokters of ʼn hospitaal wat dit vir hul pasiënte wil gebruik,” sê Elsabé de Kock, ʼn apteker van Pretoria wat reeds 26 jaar by kliniese navorsing betrokke is.

“En dit is wat tans aan die gebeur is.”

Indië is tans een van vier lande waar ivermektien reeds vir die behandeling van Covid-19 geregistreer is en waar die pille tans op groot skaal vervaardig en met sukses vir die behandeling van Covid-19 gebruik word.

“Sou die artikel 21-aansoeke toegestaan word, sal ivermektien waarskynlik van Indië af ingevoer word,” sê De Kock.

Wicus Nienaber, ʼn dokter van Pretoria, sê hoewel ivermektien nie in Suid-Afrika vir menslike gebruik geregistreer is nie, dit 35 jaar gelede as sodanig goedgekeur is en steeds in artikel 22 van die Medisynewet as ʼn skedule 3-medikasie aangedui word.

“Dit is jare gelede deur die ou Medisynebeheerraad as ʼn middel aanvaar wat beteken dis ʼn dokter se outonome reg om ʼn opdrag aan ʼn apteker te gee om ivermektien vir ʼn pasiënt aan te maak,” sê hy.

Dié middel sal egter eers as behandeling vir Covid-19 geregistreer moet word voor dit daarvoor gebruik kan word.

Die navorsers wat die middel aan die wêreld bekend gestel het, die Japannees Satoshi Omura en Amerikaner William Campbell, het in 2015 die Nobelprys vir medisyne vir hul werk met die middel ontvang, maar Omura het dit reeds veertig jaar gelede ontdek.

Hoewel dit wêreldwyd gebruik word vir die behandeling van tropiese siektes wat deur parasiete veroorsaak word, is dit nog nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) goedgekeur as ʼn middel teen Covid-19 nie. Daar word tans sowat 40 kliniese proewe met ivermektien in verskeie lande gedoen.

In Suid-Afrika is dit onwettig vir mense om die diere-weergawe van ivermektien te gebruik. Nogtans is daar op die oomblik landswyd ʼn stormloop om die middel te bekom omdat die entstof teen Covid-19 nog nie vrylik beskikbaar is nie.

Maroela Media het verlede week berig dat dié dieremedisyne by die meeste verskaffers uitverkoop is.

Barend Uys, AfriForum se hoof van interkulturele samewerking, sê die eenvoudige werklikheid is dat talle landsburgers hulle tans tot dieremedisyne wend en dat dit onder omstandighede uiters onverantwoordelik van die owerheid is om verder die invoer en gebruik van ivermektien, wat vir menslike gebruik ontwikkel is, te verbied.

Hospitaalbeddens vir die behandeling van Covid-19. (Foto: Adhy Savala/Unsplash)

“Dit is algemeen beskikbaar en dit is bekostigbaar. Dit is irrasioneel om die gebruik van ’n entstof, wat binne maande ontwikkel is, goed te keur en terselfdertyd die gebruik van ’n middel wat al vir vier dekades gebruik en as veilig bewys is, te verbied,” sê hy.

ʼn Boervrou van Dwaalboom in Limpopo, Terri Herholdt, is een van die land se voorste kenners oor die gebruik van ivermektien vir diere. Sy boer met Livingstone-elande en doen sedert 1987 intensiewe navorsing oor die middel.

Sy vertel dat sy haarself daarmee gesond gedokter het toe sy ernstig siek was weens ʼn soönotiese infeksie wat deur bosluise veroorsaak is.

Toe sy onlangs Covid-19 opgedoen het, was ivermektien vir haar die voor die handliggende behandeling om die siekte hok te slaan.

Heroldt sê sy word oorval deur mense wat die middel bekom het, maar nie seker is hoe om dit te gebruik nie.

Herholdt het hartroerende persoonlike boodskappe en video’s van mense wat van Covid-19 herstel het na hulle ivermektien gebruik het, met Maroela Media gedeel.

ʼn Jong vrou wie se bejaarde pa op sterwe gelê het weens Covid-19, vertel haar pa het die diereproduk aanvanklik gedrink, maar dit later op aanbeveling in sy arms en bene ingevryf. In daardie stadium het hy hoë koors, ʼn verskriklike hoofpyn en erge liggaamspyn gehad. Hy het ook sy reuk- en smaaksintuig verloor en reeds vlak asemgehaal.

“Negentig minute nadat hy die middel begin gebruik het, het hy begin om groot hoeveelhede slym uit te hoes,” vertel Herholdt.

“Drie ure daarna was sy koors weg, het hy gaan stort en vir die eerste keer in drie dae geëet. Ná sy derde behandeling met ivermektien was die man soveel beter dat hy gevra het om krieket op televisie te kyk.”

Herholdt vertel ook van ʼn kritieke geval waar ʼn man wat reeds etlike dae in ʼn plattelandse hospitaal met Covid-19 was.

Hy het aanvanklik nie op die mondelinge toediening van ivermektien gereageer nie, maar voor hy per lugambulans na Pretoria oorgeplaas is, het sy vrou sy bene met ʼn dosis van die middel gemasseer.

Teen die tyd dat die vlug geland het, was die pasiënt reeds ietwat beter en dit was nie meer nodig om hom op ʼn ventilator te plaas waarvoor hy Pretoria toe gestuur is nie.

Ná ʼn verdere twee dosisse van ivermektien het hy begin eet.

Die Front Line Covid-19 Critical Care (FLCCC)-alliansie het sedert Maart verlede jaar internasionaal navorsing oor die doeltreffendheid van ivermektien met die behandeling van Covid-19 gedoen.

Dr. Pierre Kory, die FLCCC-president, het in Desember voor die Amerikaanse senaat oor hul bevindings getuig dat die gebruik van ivermektien voorkomend, sowel as tydens alle fases van Covid-19, herhaaldelik en konsekwent verbeterde kliniese uitkomste gelewer het.

Die alliansie se navorsing het onder andere bevind ivermektien inhibeer die koronavirus en dat die middel kragtige anti-inflammatoriese eienskappe besit. Dit verminder ook die virale lading aansienlik en beskerm teen orgaanbeskadiging.

Volgens die navorsing voorkom dit ook die oordrag en ontwikkeling van Covid-19 by diegene wat aan besmette pasiënte blootgestel is.

“Van nou af sal alle sterftes onnodig wees omdat ʼn wetenskaplike oplossing vir die pandemie beskikbaar is,” het ʼn duidelik emosionele Cory aan die wetgewers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

By al die diere rehabilitasie plase soos vir cheetas .leeus. Arende.uile.ens is ons deur die gide vertel dat hulle gebruik medisyne .pille poeiers wat hulle by apteke koop en die produkte is wat ons ook koop .?en dit erk .!!!!

Pieter ·

Dit pas die korrupte ANC nie want dan maak die menisters en hulle vriende nie geld nie. Hulle is nie gepla oor mense se lewens nie. Al waar oor hulle gepla is is die geld dit is hoe kommuniste is.

Johann ·

Die goedkeuring gaan ook nie oor of dit werk of nie, dit sal gaan oor SEB meer as enige iets anders.

msp ·

Sjoeee, dan is dit verseker tyd dat ons eerder ń afspraak by ons plaaslike veearts moet maak as ons nie wel voel nie.

Skyspy007 ·

Wel JAMMER wêreld, SAPHRA ANC en al wat wil kommentaar lewer. My vrou was positief getoets 28 Desember, 1Januarie opgeneem met suurstof en ernstig siek. Ek het Ivermectin bekom (maak nie saak hoe nie)…Dit in die hospitaal vir my vrou gegee op 3 Januarie. 48 Uur later is sy ontslaan uit hospitaal SONDER enige COVID of verwante simptome. Longe PERFEK, normale asemhaling en (bloed suurstof normaal). Ek is negatief getoets en ons albei tuis 100% gesond. Ons albei doseer met IVERMECTIN en werk WONDERE. Luister gerus na Prof Thomas Borody en Dr Kory en maak self julle eie besluite en oordeel. 3 Medisynes Nobel prys gekry vir beste medisynes, Asperien, Penisilien en Ivermectien. Dankie HERE vir dit

Dis my mening ·

Maar ooo nee, luister net na riaan op jakaranda! Reken mos hoe kan mens meds gebruik wat vir diere bedoel is! Hahaha, plaas die ou net sy huiswerk gaan doen voordat hy sulke bog kwyt raak op radio! Die goed is wêreld wyd beskikbaar vir menslike gebruik vir jare al! Wys jou net hoe main stream media die mense wil bang maak en on ingellig hou!

Pieter ·

As dit werk, keur dit onmiddelik goed. Die huidige Covid-19 medisyne is ook nie werklik getoets vir newe-effekte nie. Ivermectien gaan groot teëstand kry van die farmaseutiese bedrywe, omdat dit hul inkomste gaan bedreig. Verder sal Ivermectien pille nie aan die 666 teorie kan voldoen nie. Bill Gates sê dat sy belegging in medisyne (en siektes) ‘n opbrengs van 1:20 gee.

Andre ·

Jammer om te sê, maar ek is geskok om die kommentaar van lesers te lees. Dit is baie duidelik dat die algemene publiek nie ‘n idee het wat dit behels om ‘n middel vir menslike gebruik geregistreer te kry nie. Daar is verskeie middels met sintetiese aktiewe bestanddele huidiglik op die mark vir gebruik op plant en dier wat nie geskik is vir menslike gebruik nie agv moontlike langtermyn newe effekte op die mens. Alle sintetiese altiewe bestanddele word onderwerp aan ‘n hele reeks impak studies wat insluit toksikologiese studies (wat insluit akuut sowel as langtermyn). Hierdie studies kyk na alle moontlike effekte soos onder andere embrio ontwikkeling ens. Die formulasie sowel as die aktief word aan hierdie studies onderwerp aangesien die formulasie dalk bymiddels kan bevat wat skadelik kan wees vir mens – en nou word ‘n middel wat nie aan hierdie studies vir menslike gebruik onderwerp iis nie summier deur mense gebruik. Dit is totaal onverantwoordelik.

Jackie ·

Daar waar iverm vir parasieties siektes op mense gebruik (Afrika) is sulke toetse gedoen?

pompies ·

Ek hoor en verstaan wat jy se maar wat die covid entstof wat nou ontwikkel word, is dit ook al getoets vir alles wat jy noem? Ek dink regtig nie so nie, maar hulle se wel daar is invermektien wat al lankal in ander lande vir menslike gebruik getoets en goed gekeur is, so nou wat nou.

Anoniem ·

Daar is ook geen kliniese bewyse dat die entstof op langtermyn nie nadelig kan wees nie, so wat is die alternatief? Hierdie middel word dan etlike jare al vir rivier blindheid toegedien en beskik oor baie meer nagevorsde data as enige nuwe entstof.

Buks ·

Ek het dit self gebruik toe my vrou siek raak met Covid ek het nie siek geword nie. Sy wou aanvanklik niks weet nie na omtrent 5 dae wat sy al slegter begin voel het het sy toe besluit om dit te probeer eerder as om hospitaal toe te gaan sy het erge hoofpyn gehad koors en kon nie ruik of proe nie. Die volgende dag al was haar hoofpyn en koors opgeklaar. Ek kan nie vir mense voorskryf om nou dit te gebruik nie ek raai dit nie aan nie. Maar desperate katte maak desperate spronge. Toe my vrou se ouers gelyktydig positief toets wou hulle ook niks weet van die medisyne nie. Skoonpa is in die hospitaal op suurstof. Skoonma het besluit om wel te probeer sy loop nou al rond in die huis dis nou 2 dae vandat sy dit gebruik het. Mense wat besluit om dit te probeer moet net versigtig wees dat jy nie te veel inneem nie onthou as jy oordosseer op disprins kan jy ook lelik siek raak dis die geval met alle medisyne. Gebruik Ivomec en ander ivermectin produkte op eie risiko.

RS ·

Te veel base ter sprake. Te veel wil n se he oor wat gebeur en as dit nie hulle sakke pas nie dan sloer en sleep hul voete. Alles dit is tipiese Suid-Akrikaanse politieke gedrag…..voel n veer vir die mense.

Fedup ·

I am no expert and to be honest not one who trust any word of mouth statements, but as far as i know, there is a hell of a difference between a virus and a parasite.
And apparently a difference between human and animal?
As herd vaccination will probably prove poor old me wrong.
People need to wake up and see what’s going on around them.

Miskruier ·

It does kill virus, I know many that use it without any problems.

Charl ·

Kan ons hoor van diegene vir wie die toediening van Ivermectien n ramp was? Newe effekte…
As daar so iemand is?

4ntj13 ·

Die FDA bespreek die gebruik van ivermektien teen Covid, en stel dit duidelik dat effektiwiteit en veiligheid saam die virus nog nie bewys is nie. Ek het maande gelede ʼn artikel gesien wat toe vermoed het die dosis om effektief te wees sal te hoog wees om steeds veilig te wees. Kort daarna is iemand in SA dood nadat hy homself probeer behandel het met die veterinêre preperaat (IM) wat algemeen beskikbaar is.

Daar is ander medikasie wat gebruik kan word om die virus te beveg, wat ook reeds bewys is dis effektief om die lading te verminder. Ten minste drie Amerikaanse kongreslede wat verlede week aangesteek het, het dit na hul eerste inenting gekry. Alle medikasie is feilbaar. Net ʼn dokter kan die beperkte voordele opweeg teen die risiko’s, wat groot is met ivermektien.

Ek dink die Medisynebeheerraad het dekades terug die tablette goedgekeer vir gebruik teen onchocerciase, maar lg parasite was te skaars in SA om grootskaalse hoeveelhede in te voer.

Hermie ·

Ons gebruik dit nadat ons geluister het na daardie Amerikaanse dokter se getuienis. Die toets in Argentinië met die gesondheidswerkers waarna hy verwys was vir my genoeg. 800 op Ivermectin en geeneen word siek. 400 sonder Ivermectin en 237 word siek. Dis n skande dat gevestigde belange veroorsaak dat ons ons nou na veemedisyne moet wend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.