Ivermektien: Owerhede se inligting dalk ‘verouderd’

AfriForum en ’n doktersgroep sê dat Ivermektien duidelik voordelig in die behandeling van Covid-19 is. (Foto: Luis Robayo/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die doktersgroep I Can Make a Difference het Dinsdag ’n versoek aan verskeie instellings gerig om die hersieningsdokumente wat verband hou met die gebruik van ivermektien vir die behandeling en voorkoming van Covid-19 aan dié burgerlike instellings te verskaf.

Die twee burgerlike instellings is onder meer bekommerd dat die huidige aanbeveling oor ivermektien, ’n medisyne wat volgens hulle duidelike voordeel in die behandeling van Covid-19 toon, op verouderde inligting gebaseer is.

“Dié hersieningsdokumente is aangevra nadat prof. Helen Rees, raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid (Sahpra), tydens ’n media-onderhoud aangedui het dat Sahpra, die Nasionale Noodsaaklike Medisynelyskomitee, die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 en die Aansteeklikesiektesvereniging van Suid-Afrika (IDSSA) almal die beskikbare data oor ivermektien vir die behandeling en voorkoming van Covid-19 onafhanklik hersien het,” sê Barend Uys, navorsingshoof by AfriForum.

“Ons kon nie die hersieningsdokumente van Sahpra, die ministeriële advieskomitee of die Aansteeklikesiektesvereniging opspoor nie. Die hersieningsdokument van die Nasionale Noodsaaklike Medisynelyskomitee oor ivermektien wat aanlyn beskikbaar is, se publikasiedatum is 25 Januarie 2021.”

Uys sê voorts dat doeltreffende vroeë behandeling van Covid-19 juis nou noodsaaklik is in die stryd teen die Covid-19-pandemie.

AfriForum en I Can Make a Difference sê dat hulle reeds op 12 Mei ’n dringende beroep op die onderskeie owerhede gedoen om ivermektien vir die behandeling van Covid-19 aan te beveel.

“Sahpra sê gereeld dat die gebruik van ivermektien vir die behandeling van Covid-19 deurlopend hersien word soos nuwe data beskikbaar word.”

“Dit is kommerwekkend dat hersieningsdokumente nie opgespoor kan word nie en dat dokumente wat wel opgespoor kan word vier maande oud is. Dit skep twyfel oor Sahpra se toewyding om medisyne waaraan ’n ander doel toegeken is vir die doeltreffende vroeë behandeling van Covid-19 beskikbaar te stel,” sê dr. Naseeba Kathrada, stigter van die I Can Make a Difference-doktersgroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herman

Hulle wil dit nie goedkeur nie want dan verloor hulle bee maaitjies . Hulle soek seker nog na maniere of dit voordelig te maak vir bee. Invermektien is op die stadium te vrylik beskikbaar

Vlooitjie

Ek twyfel of big pharma en regerings enigsins belangstel in enigiets anders wat moontlik kan help want sodoende gaan hul beursies nie vet bly nie. Dis mos beter om eksperimentele entstof te dryf ipv iets makliker bekombaar en effektief soos Ivermektin

Thom

Ivermektien werk baie goed vir ontwurming .

Leonard

Het al verlede jaar by BKB IVERMAX gekoop ????

koos10

Die skok van dit alles is dat die regering alles wil beheer.
Enige iets wat nie in hulle planne pas nie raak verlore of vat jare om hanteer te word.
Klink baie soos die ou USSR en Kuba?
Dink uit die boks bestaan nie meer nie.