Ivermektien ‘wondermiddel’ wat Covid-19 kan stuit

Ivermektien. (Foto: SA Polisie)

Ivermektien is die wondermiddel wat ons gaan help om Covid-19 te oorwin.

Só sê dr. George Coetzee, ʼn mediese praktisyn van Pretoria wat AfriForum in die hofsaak bygestaan het om pasiënte onmiddellike toegang tot die middel te verseker. Die regering se onsinnige regulasie van die produk veroorsaak egter dat dié wat dit die nodigste het steeds beperkte toegang daartoe het.

Die hof het Dinsdag gelas dat dokters nou Covid-19-pasiënte met ivermektien kan begin behandel sodra hulle die artikel 21-aansoek ingedien het. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het aanvanklik gelas dat dié aansoek eers goedgekeur word voordat ʼn dokter met die behandeling kan begin.

Coetzee het besluit om betrokke te raak by die hofsaak nadat hy eerstehands by pasiënte en ander dokters gehoor het hoe dié middel vir Covid-19-pasiënte gewerk het.

“In Januarie het ek daagliks tussen 40 en 60 Covid-19-pasiënte gesien. Ek moes hierdie mense in die oë kyk en kon nie waarborg dat hulle sou leef nie. Pasiënte het in my arms doodgegaan. Ek was desperaat en het gehoor van die sukses wat ander dokters met die middel behaal het. Ek het getuienis gehoor van mense wat gewag het vir ʼn bed in die hoësorgeenheid, en ná ʼn enkele dosis ivermektien oornag herstel het – dermate dat hulle kon regop sit in die bed en na ʼn gewone saal oorgeskuif word.”

Coetzee het gehoor dat AfriForum op soek is na ʼn dokter om by hul saak te voeg en geweet daar is niks om te verloor om pasiënte met ivermektien te behandel nie, veral aangesien dokters deur jare se gebruik vir ander siektes weet dat die middel veilig is. “Al die navorsing het gewys dit wérk. Dit gaan die verstand te bowe dat die regering geweier het om dit vir die behandeling van Covid-19 goed te keur.”

Volgens Coetzee maak ivermektien nie die virus dood nie, maar vertraag die groei. Hy verduidelik dat dit ongeveer twee weke neem vir die menslike liggaam om ʼn virus te erken en te begin beveg. “Indien die virus egter in dié twee weke die liggaam tot só ʼn mate aftakel, is die liggaam nie sterk genoeg om dit te beveg teen die tyd dat die immuunstelsel in werking tree nie. “Ivermektien help om die viruslading laag te hou sodat die pasiënt se immuunstelsel die werk behoorlik kan doen.”

Coetzee sê hoewel ivermektien nie skadelik is vir menslike gebruik nie, is dit belangrik dat pasiënte dit onder ʼn dokter se toesig gebruik, en nie hulself behandel nie. “Daarom is dit soveel belangriker dat die regering dokters in staat stel om dit voor te skryf.” Hy beveel ook nie aan dat pasiënte dit voorbehoedend drink nie, aangesien die virus oor ʼn tydperk weerstand daarteen kan opbou.

Hoewel Coetzee meen Dinsdag se hofuitspraak was ʼn oorwinning vir die breë samelewing, wys hy daarop dat ʼn artikel 21-aansoek die betrokke pasiënt R300 kos om in te dien. “Die pasiënte wat ek sien, is arm. Hulle het nie ʼn mediese fonds nie. Nou moet hulle betaal vir die doktersafspraak, die medisyne, die Covid-toets én nog R300 vir die aansoek sodat hulle toegang tot ivermektien kan kry. Vir dié mense is die oplossing vir Covid-19 steeds buite bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elize

Dit werk!

Pieter

Ons sit met n ANC regering wat siel siek is. Dit is net weer n bewys hulle gee nie vir mense se lewns om nie. Maar aan die ander kant ouer people bly vir hulle stem want hulle glo als wat die siek regering se. Dit gaan vir die ANC net oor geld.

Niel

Wonderlik! Maar wat is die newe effekte op die langeduur?

Oomniklaassevriend

Die winste van entstowwe is groot. Farmaseutiese maatskappye kan dit bekostig om finansiële aanmoedigings vir die gebruik daarvan te gee. Alternatiewe middels word dus nie verwelkom nie.

Anet

My land is besig om in ‘n skaamte te verander. Eintlik lankal al ‘n verleentheid. Daar kan miljoene geld gestop word in bankrot instansies (selfs biljoene oor jare) soos Sal Sanra noem maar op, maar mense en hul gesondheid en welstand beteken absoluut niks. Self invirmectim word gebruik as ‘n geldmakery. Ek steek my kop soos ‘n volstruis in ‘n gat en haal hom nie weer uit as ek ‘n anc lid is. Om so wragtig medisyne van mense weg te hou sodat drs ‘n bybel moet invul die paient R300 daarvoor ( vir die bybel se invul) of sy… Lees meer »