Ivoorhandelaar lig gestraf

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Ivoorhandelaar het met ʼn ligte vonnis daarvan afgekom nadat hy verlede jaar met ʼn olifanttand betrap is.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê Cosmus Ziwande (38) het Donderdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn waar hy skuldig gepleit het op een aanklag van die onwettige besit van olifant-ivoor.

Hy is in Mei verlede jaar in hegtenis geneem na aanleiding van inligting wat die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Kaapstad ontvang het.

“ʼn Olifanttand en voorraad van verwerkte olifant-ivoor is in sy besit gevind en daar is op beslag gelê,” sê Hani.

Ziwande het ʼn pleitooreenkoms onderteken waarna hy skuld beken het.

Die Zimbabwiër is ʼn boete van R10 000 of vyf jaar tronkstraf opgelê.

Die meeste olifanttande kan tot 23 kg weeg, waarna ʼn kilogram van die verwerkte ivoor vir duisende rand verkoop kan word.

Ziwande dien reeds tronkstraf uit vir ʼn afsonderlike voorval.

Hy het in Julie verlede jaar met noodsaaklike infrastruktuur in Clanwilliam in die Wes-Kaap gepeuter en dien tans ʼn vonnis van sewe jaar uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herman

Is dit ‘n grap? R10 000 of vyf jaar; ek wonder of daar nie een nul te min is nie. As dit waar is, moet daardie landros dalk ‘n kursus volg waar hy/sy kan leer hoe om tronkstraf en geld teen mekaar op te weeg.

Blikkies

Is hy ooit wettig in die land? Sy vorige vonnis vir ‘n nie verwante misdryf het mos geen verband in hierdie saak se vonnis nie. NVG moet appel aanteken teen die vonnis. Hy moet baie swaarder gestraf word. Dit is ‘n klap in die gesig van manne wat hierdie sake ondersoek. Swak landros.

domheks

Die landdros ken hom seker, of kry ‘n ‘cut’