IVP dra halfmiljoen by tot regering se fonds

(Foto: ANA)

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het onderneem om ʼn bedrag van R500 000 aan die regering se Solidarity Fund oor te betaal om die Covid-19-pandemie te bestry.

Velenkosini Hlabisa, leier van die IVP, het in ʼn verklaring gesê die bedrag sal oor ʼn tydperk van drie maande oorbetaal word. “Die bedreiging van die Covid-19-pandemie verg drastiese maatreëls in die vorm van ʼn algehele afsondering om die koers van oordrag te verlangsaam. Alhoewel dit ʼn nodige ingryping is, het dit ʼn negatiewe impak op Suid-Afrika se sukkelende ekonomie,” het Hlabisa verduidelik.

“Die pad na herstel sal beslis moeilik wees en gaan patriotiese samewerking, samewerkende aksie en beleidsekerheid vereis.”

Die party se nasionale uitvoerende komitee het Vrydag in ʼn telekonferensie besluit dat die party R500 000 tot die fonds sal bydra. “Die bedrag kom vanuit die sakke van openbare verteenwoordigers van die IVP deur die kantoor van die IVP se tesourier-generaal. Ons staan in hierdie tyd in solidariteit saam met Suid-Afrikaners en ons hoop dat ons bydrae tot die Solidarity Fund ʼn betekenisvolle verskil sal oplewer.”

Hy doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om te voldoen aan die reëls en riglyne van die afsondering. “Ons hoef nie slegs geldelik ons solidariteit te wys nie; dit kan ook klein en persoonlike pogings wees om mekaar as Suid-Afrikaners te help.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael 1 ·

Ek sal darem opgeklits wees as my party enige geld aan die fonds skenk,behalwe as die regering sy rassistiese beleid laat vaar,dan sal ek dit ondersteun.

Cornel ·

Ek hoop van harte die skenkings gaan vir die regte redes aangewend word

Rodger17 ·

Sjoe dis baaaaaaaie!Hoop die ekonomie sal nou herstel daarvan.As jy dit vat plus eff se geld dan is alles weer honkiedorie in SA!Mooi so mooi so jul het jul knap gedra!

Sarel ·

Wat ek wil weet is wie gaan waarborg hierdie fondse kom by regte mense uit en wordcreg aangewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.