Mangosuthu Buthelezi (88), leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), sal uit sy party se leierskap tree tydens die volgende verkiesingskonferensie.
Buthelezi is al sedert die begin van die IVP in 1975 die party se leier. Hy het Saterdag die aankondiging gemaak tydens die IVP se nasionale raadsvergadering in Durban, het EWN berig.
Hy was ook van 1994 tot 2004 die minister van binnelandse sake in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki.