IVP-leier Buthelezi tree uit

Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (17 Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Mangosuthu Buthelezi (88), leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), sal uit sy party se leierskap tree tydens die volgende verkiesingskonferensie.

Buthelezi is al sedert die begin van die IVP in 1975 die party se leier. Hy het Saterdag die aankondiging gemaak tydens die IVP se nasionale raadsvergadering in Durban, het EWN berig.

Hy was ook van 1994 tot 2004 die minister van binnelandse sake in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.