’n Taklid van die Inkatha-vryheidsparty (IVP) is Woensdag gedurende die sesde nasionale verkiesing buite ’n stemstasie doodgeskiet, het die party Donderdag gesê.
Narend Singh, hoof van die IVP se nasionale veldtogkomitee, het gesê Mthokozisis Ntuli is Woensdagaand tussen 23:00 en middernag buite die stemstasie by die Vikindlala-skool in Greytown in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Lt. kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het dié voorval bevestig.
Volgens Zwane is die 35-jarige Ntuli om en by middernag doodgeskiet. Die polisie ondersoek die voorval.
Singh het gesê die IVP veroordeel die moord op een van sy eie ten sterkste. “Daar is geen plek in Suid-Afrika vir politieke onverdraagsaamheid nie,” het hy gesê.
Hoewel die presiese omstandighede van die moord nog onbekend is, het dit aan die lig gekom dat Nthuli gister betrokke geraak het by ’n verkiesingsverwante geskil in die stemstasie wat later buite die lokaal hervat is.
“Daar word beweer dat ANC-lede betrokke was. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het bevestig dat hierdie tragiese en hartseer gebeurtenis op verkiesingsdag plaasgevind het,” het Singh gesê.
Hy het gesê ‘n lid van die Nasionale Vryheidsparty (NFP) is ook met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. “Die IVP wens die NFP-lid ’n spoedige herstel toe.”
Singh het ʼn beroep op die polisie gedoen om geen steen onaangeroer te laat om die skuldige vas te trek nie.
Wat soek ‘n mens met ‘n vuurwapen by die stem lokaal. is daar dan geen beheer meer oor nie
Wanneer was daar beheer na 94?
Dit is ook waar