IVP: Misdaad belemmer toerisme

Die vermoorde Chileense toeris Slavko Yaksic. Foto: Facebook

Die IVP in KwaZulu-Natal glo misdaad sal toeriste wegdryf.

Dit volg ná die dood van ʼn Chileense toeris, Slavko Andro Yaksic Besoaín, wat die afgelope week met steekwonde aan sy liggaam gekry is nadat hy by Dundee in die Tuinprovinsie gekry is. Die IVP meen sulke voorvalle kan voornemende toeriste afskrik, berig African News Agency.

“Misdaad sal toeriste wegdryf en vir elke toeris wat nié na Suid-Afrika kom nie, gaan werkgeleenthede verlore, iets wat ons nie kan bekostig nie,” sê Blessed Gwala, IVP-woordvoerder.

Yaksic (29) is laas op 24 September lewend gesien by die Melusi-Christengemeenskap op Dundee. Die direkteur van die sentrum, past. Peter Hambidge, het verlede week aan Maroela Media gesê hy het die Chileense rugsakreisiger probeer oorreed om veiligheid voor oë te hou.

“Hy het gesê hy is op pad Bergville toe omdat hy dol is oor klein dorpies,” het Hambidge op 17 Oktober aan Maroela Media gesê. “Toe hy my vertel van sommige plekke waar hy al in Suid-Afrika oorgebly het, het ek hom gewaarsku dis onveilig om so deur ons omgewing te reis.”

Gwala sê berigte word daagliks ontvang van misdaad in die provinsie. “Misdaad en veiligheidsbedreigings vir inwoners sowel as besoekers is van die belangrikste kwessies wat ʼn toeristebestemming kan maak of breek.”

Sy meen toenemende berigte van misdaad teen toeriste, teistering, sakgryp-gevalle en selfs motorkapings, agtervolgings van lughawens af sowel as moord op bejaardes stuur gevaarseine uit na die wêreldgemeenskap.

Suid-Afrika het al ʼn reputasie as ʼn onveilige land waar besoekers gevaar loop om beroof of gekaap te word. “Ons onvermoë om misdaad hok te slaan,” sê Gwala, “kos die toerismebedryf derduisende werkgeleenthede.”

Gwala sê die IVP doen ʼn beroep op die polisiediens om alles in sy vermoë te doen om die 29-jarige reisiger se moordenaar(s) aan die kaak te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Msp ·

Baie mense probeer om die buitelanders te waarsku dat Suid Afrika se krimenele as eerste klas burgers behandel word terwyl wets gehoorsame burgers agter tralies in hul eie huise lewe maar hoor is min. Hoop maar dat die wat dit oorweeg om in Suid Afrika te belê sal besef dat meneer ramaposa se woorde nie so waar is soos hy voorgee nie, veral inag geneem toe hy vir die wêreld gelieg het oor die toestand van moord op boere en grondgrype en ook dat die regering voorgee Suid Afrika is veilig en daar is geen probleme nie.

Hammer ·

BRING TERUG DIE DOODSTRAF DIS WAT DIE WOORD SE MAAR JULE LUSTE NIE OF JULLE WIL NIE HOOR NIE

Essie ·

Ek stem saam geen mens sal iem verktag of doodmaak nie as hy weet hy gaan dieselfde pad loop.

Hannetjie ·

Jy is so reg Mnr Gwala.Dit geld natuurlik vir die hele land.

Nita ·

Wanneer ek hoor van enige iemand wat Suid-Afrika wil besoek, raai ek hul ten sterkste af. Hulle veiligheid kan nie gewaarborg nie. Byvoorbeeld aanvalle op voetslaanpaaie, rooftogte in gastehuise, bomme in die Krugerwildtuin. Belaglik!!

Hoc est bellum ·

Meneer Gwala, plaasmoorde belemmer voedselsekerheid. Ek het al gewonder hoeveel boedelbelasting die staatskas, a.g.v. plaasmoorde, ingevorder het.

jean ·

Soos vir n naald in hooimied gaan soek….tensy die kamera opgespoor word……en hoekom nie alles in “hul vermoë” doen om plaasmoordenaars op te spoor…..

Netso ·

Wat verstaan julle nie? Die woord mensdom is met ñ rede so gespel! Soos my oorlede oupa dit gestel het “hulle ore sit op die verkeerde plek”.

marco polo ·

SA is een van die mooiste lande in fie wereld, maar daar is baie veiliger en goedkoper lande, waar inwoners uit hul pad gaan om toeriste te verwelkom en waar mens nie onnodig moet sukkel om visas te kry nie. Hier in China is daar baie mense wat SA wil besoek, maar as hulle hoor van die geweld en misdaad en visa regulasies, gaan hulle liewers na Thailand of selfs Europa.

Snowball ·

‘n Bevestiging van wat almal wat elke dag die misdaad hier beleef, weet en dan wonder mens ook weer oor die arrogante ontkenning van die situasie deur Lindiwe Sisulu toe Australië sy mense gewaarsku het oor hulle veiligheid hier. Waar is Sisulu nou? Tjoepstil oor hierdie misdaad hool, nes die res van die ANC.

Chris ·

Marco Polo ek het n geheim vir jou. Daar is niks spesiaal aan Suid Afrika wat mens nie elders kan kry of sien nie. Suid Afrika is mooi vir sy eie mense ja. Maar nie mooier as eniga ander land in die wêreld nie. Ek woon in Australië en dit is net so n mooi land met sy Great Barrier Reef, woestyne, berge, vlaktes, strande en woude. Maar heel belangrikste die mees amazingste mense!

Lena Jonk ·

Ek stem saam met jou Chris, Australie n baie pragtige land omtrent alles daar wat SA het. Gaan heelwat soontoe en geniet elke oomblik daar. Daar word nog na jou omgesien, veiligheid en finasieel sterk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.