IVP-raadslid doodgeskiet

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Saterdag sy hartseer uitgespreek oor die moord op een van sy raadslede in die Maphumulo- plaaslike munisipaliteit, noordwes van Stanger in KwaZulu-Natal.

Mfanzo Nzuza (44) is Vrydagaand by sy huis in KwaMambulu naby Kranskop deur onbekende aanvallers doodgeskiet. Nzuza was sedert 2016 ʼn IVP-raadslid by die Maphumulo-munisipaliteit en ʼn wykskomiteelid vanaf 2011 tot 2016, het Blessed Gwala, die woordvoerder van die IVP, gesê.

“Ons is baie hartseer oor sy skielike dood én baie bekommerd. Ons doen ʼn beroep op die polisie om die ondersoek te bespoedig en diegene op te spoor wat die gruwelike misdaad gepleeg het. Ons weet nie wat die motief daaragter is nie, daarom wil ons hê die polisie moet ons help en antwoorde gee,” het Gwala gesê.

“Dit is skokkend dat die land vandag Vryheidsdag kan vier en ons as die IVP moet rou oor ons raadslid. Ons kan nie so voortgaan nie. Ons vra al baie lank vir ʼn deeglike ondersoek na die verspreiding van onwettige vuurwapens in ons gemeenskappe.”

Die party het ná Nzuza se dood kommer uitgespreek oor gemeenskappe se veiligheid en gesê dat meer veiligheidsoperasies, soos oor die feestydperk en Paasnaweek, regdeur die jaar gedoen behoort te word.

Die IVP het die regering versoek om strategieë in werking te stel om onwettige vuurwapens van misdadigers af te neem om te verseker dat hulle nie voor en ná die komende algemene verkiesing gebruik word om die land te destabiliseer nie.

Die party glo die beskikbaarheid van onwettige vuurwapens is ʼn groot probleem wat die regering in die gesig staar. Die IVP is oortuig dat ʼn nasionale gesprek oor onwettige vuurwapens moet plaasvind.

“Ons moedig enigiemand met inligting oor die skietvoorval aan om die polisie in te lig sodat die oortreders in hegtenis geneem kan word.

“Ons gedagtes en gebede is gedurende hierdie moeilike tyd by die Nzuza-familie asook vriende en kollegas van die oorlede raadslid,” het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Daar is ‘n groot skroef los in die Suid-Afrikaanse politiek. Daar is oa nou baie groot vraagtekens oor politieke moorde, korrupsie en politici wat rassehaat aanwakker. Om maar net drie knelpunte te noem…

DV ·

Ja, nee wat man ‘n verkissing nie alles man mee bring nie, net om die person wat jy ondersteen verkies te kry!

jAN ·

IVP VRA VIR DRINGENDE ONDERSOEK NA ONSINNIGE MOORD……., NMAN EN VROU IN RANDBURG AANGERAND EN BEROOF , VROU DOOD , NOG N ONSINNIGE MOORD GAAN DIT OOK DRINGEND AANDAG GENIET……

Cherokee ·

Alle moorde is onsinnig (in klein letters geskryf maar steeds ernstig bedoel) tensy miskien (en let op die miskien) verwys word na politieke moorde gepleeg (of laat pleeg – selle dêm ding) deur die vorige blanke regering. Die miskien verwys daarna dat ons tòè al in oorlog was en sommige deelnemers uitgeskakel moes word. Ek verwys nie na enige spesifieke insidente maar wel na jou geskreeuery.

Asseblief Elna ·

Ja, ons is ook hartseer en baie bekommerd oor die boere wat vermoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.