IVP-raadslid glo deur haar man vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn IVP-raadslid se man het haar glo tydens ʼn kerkdiens in Ekuvukeni, KwaZulu-Natal vermoor.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar het glo in ʼn argument betrokke geraak. “Die verdagte het haar gevra om terug te keer huis toe nadat sy hom glo na ʼn huishoudelike argument verlaat het. Die slagoffer het geweier waarna die verdagte haar met ʼn mes doodgesteek het.”

Die moord het glo ten aanskoue van ander kerkgangers plaasgevind. Die verdagte het homself later by die Ekuvukeni-polisiestasie oorgegee. Die oorledene is geïdentifiseer as Neliswa Nzuza.

Nomusa Dube-Ncube, LUR vir koöperatiewe regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, het die moord ten sterkste veroordeel. Sy sê voorvalle soos die is ʼn herinnering dat huishoudelike geweld steeds ʼn ernstige uitdaging in gemeenskappe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.