IVP-raadslid in KZN doodgeskiet

Foto: ANA

ʼn Raadslid van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) is Vrydagaand in Estcourt in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Die party het die voorval op Twitter bevestig. “Ons bevestig dat ʼn raadslid in die KwaZulu-Natalse Middellande dood is. Die party is in gesprek met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, getuies en die familie om die omstandighede en feite rondom die moord te bepaal. Ons versoek dat die familie die ruimte en tyd gegun word om die tragedie te verwerk.”

Sipho Hlomuka, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het die raadslid geïdentifiseer as Mthembeni Majola van Inkosi Langalibalele-munisipaliteit.

Majola (39) het tereg gestaan op aanklag dat hy deel was van ʼn plan om ʼn politieke eweknie te vermoor.

Hy het na bewering verskeie skietwonde opgedoen toe onbekende mans omstreeks 21:00 op sy motor losgebrand het op die R103.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

skurweberg ·

So hy was ook ‘n verdagte in die tragedie. “My beste vriend het ook nog ‘n ander beste vriend” Versigtig wat jy in die donker doen of agter geslote deure se. Waarborg: a. dit sal van die dakke af verkondig word.b. ONREG SAL NIE SEEVIER NIE.

Saint ·

Mense alla wereld neem tog kennis.
Die soort van gebeure is die begin van burgeroorlog.
Die Eerste Wereld oorlog het begin toe Frans-Josef (spelling?) deur n sluipmoordenaar doodgeskiet is.

Voorlopig lyk dit in SA baie daarna dat dit n swart-op-swart burgeroorlog is, want oënskynlik kan die onderlinge stamme mekaar nie verdra nie.
Uit n boek wat redelik onlangs gepubliseer is blyk dit dat n voormalige premier van een van die nege provinsies in SA nie geskroom het om te sorg dat sy opponente permanent onskadelike gemaak word nie.
Mense wees paraat. Dit kan uitbrei na n algemene burgeroorlog.
Ek propageer of staan glad nie geweld voor nie, alleen maar paraatheid INDIEN algemene geweld sou gebeur.

jaco ·

Beweeg baie rond in swart ANC-geledere, dan hoor jy watse name hulle gee vir swartmense wat in die IVP, DA, ACDP ens ens. ERGER name as dít wat Vicky momberg, catzevelos en penny sparrow gebruik het.
Maar nou ja, die beginsel agter dit het “hulle” ook maar by “ons” geleer: jy was mos in die ou dae net ‘n goeie of ware Afrikaner as jy vir die Nasionale Party gestem het. Die NP het darem nou nie sover as moord gegaan nie, maar dis algemene kennis hoe hulle lede en ondersteuners, selfs PW Botha, vergaderings van ander partye opgebreek het met vuisslanery, stoele breek en tamaties en eiers gooi.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.