IVP-raadslid voor Spar geskiet

Rdl. Sbani Robert Mdletshe. (Foto: Verskaf)

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) se kommunikasie-raadslid in Mandeni in KwaZulu-Natal is Vrydag tydens ʼn skietvoorval oorlede.

Rdl. Sbani Robert Mdletshe is doodgeskiet net toe hy die Spar in Mandeni wou binnegaan.

“Die party het ʼn goeie leier verloor wat ten volle toegewyd was en altyd die beste belange van die gemeenskap op die hart gedra het,” lui die IVP se verklaring.

Mdletshe is die eerste keer in 2016 tot raadslid verkies.

Die party het die gruweldaad veroordeel en daarop gewys dat dit nie die eerste keer is dat raadslede vermoor is kort voor die verkiesingseisoen nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Mthembeni Majola, gewese IVP-raadslid van Inkosi Langalibalele-munisipaliteit, in 2019 in Estcourt in KwaZulu-Natal doodgeskiet is. Bheki Malembe, gewese voorsitter van die IVP-tak in Ndabayakhe, is ook verlede jaar voor sy huis in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Maroela Media het navraag oor Mdletshe se afsterwe aan die polisie gerig, maar tot dusver geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Dit is weer verkiesingstyd en die sterkste en slinkste sal oorleef, Teen die uitstekende maandelikse pay vir n raadslid is dit n gesogte job waar jy nie enige voorgeskrewe verstandelike vermoe nodig het nie. Net n groot bek.

Jakes ·

Dis die wilde weste. N rampokkerstaat wat regeer word der misdadigers. Geen respek vir lewe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.