IVP veroordeel vandalisme by KZN-hospitaal

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) in KwaZulu-Natal het inwoners in die provinsie gemaan om nie infrastruktuur te vandaliseer nie ná eiendom Maandag by die King Dinuzulu-hospitaal beskadig is.

Inwoners van die informele nedersettings in Clare Estate en Laer Morningside, wat geëis het dat hulle werk by die hospitaal moet kry, in plaas van persone uit ander gebiede, is vermoedelik vir die skade verantwoordelik.

“Dit is onvoorsiene en onnodige uitgawes. Dit maak ons baie kwaad dat mense steeds eiendom vandaliseer wanneer hulle gefrustreer is,” het Ncamisile Nkwanyana, die IVP in KwaZulu-Natal se woordvoerder vir gesondheid, gesê.

“Dit moet ʼn saak van kommer wees vir elke Suid-Afrikaner, ongeag wat hulle politieke of maatskaplike oorweging is. Infrastruktuur is nie goedkoop nie en diegene wat ʼn gewoonte daarvan maak om dit af te brand en te vandaliseer, moet dadelik dié praktyk staak.”

Sy het gesê indien eiendom beskadig of afgebrand word, het dit ʼn direkte negatiewe impak op die reg van pasiënte tot gesondheidsorg.

Die regering moet ʼn sin van verantwoordelikheid vestig in die algemene publiek deur ʼn omvattende bewusmakingsveldtog, het Nkwanyana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Irma ·

Hulle sal waarskynlik gladnie daarvan hou om die skade wat hulle veroorsaak het terug te werk nie. Hoe leer ‘n persoon op daardie onteikkelings vlak hoe om eiendom te respekteer? Hulle het nog altyd deur af te breek en te brand hul doel bereik. Kan my net indink hoe mense met so ‘n ingesteldheid met ontevredenheid in hul werksomstandighede sal maak. Pasiente aanrand of toi toi en staak. Hou hulle maar liewer uit. Hulle is slegte nuus.

Maljan ·

Hulle het die vandalisme veroordeel, maar sweet bloe bokkerol gedoen om die skuldiges aan die pen te laat ry nie. Nee wat, swyg dan eerder, want die “hoopvolle aspirant werkers” het reeds die reg om te staak en dit sluit oënskynlik die reg tot vandalisme en saakbeskadiging in.

Hanna Hoekom ·

Wens die regering / stadsraad wil ophou regmaak en herbou wat die “gemeenskap” verwoes. Dis al hoe hulle gaan leer. As jy nie in n diens (gratis daarby) belangstel nie, dan moet dit weggeneem word en aan n verdienstelike gemeenskap gegee word. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.