IVP wen in Zuma se tuisdorp

Pres. Zuma. Foto: Chester Makana/ANA

Pres. Zuma. Foto: Chester Makana/ANA

Pres. Jacob Zuma was vol vertroue dat die ANC beheer sou neem van die Nkandla-munisipaliteit, maar die IVP het sy droom aan skerwe laat spat.

Die IVP het 40 518 (54%) van die stemme en 15 setels op hom verenig, terwyl die ANC daarin kon slaag om slegs 33 197 (44,25%) van die stemme en 12 setels te kry.

Zuma het Woensdag, terwyl hy in Nkandla gestem het, gesê hy is vol vertroue dat die ANC dié munisipaliteit sal wen. Zuma het by Ntolwane Primary School in wyk 14 gestem, waar ANC-raadslid Sibongiseni Bhengu met 51,265 van die stemme deurgeskraap het.

Die EFF het 592 (0,79%) van die stemme gekry en die DA 553 (0,74%).

Die ANC het na die verkiesing in 2011 in ʼn koalisie saam met die NFP regeer, totdat die IVP ʼn paar wyke teruggewen het in tussenverkiesings. Die NFP het nie aan vanjaar se munisipale verkiesing deelgeneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johann ·

Ja ek weet dis kleinlik en kinderlik…MAAR…lekerrrrrrrrrrrr.

nelma ·

Boontjie kry sy loontjie- ek kry so lekker my tone krul einTlik om !!!

Bettie Geyer ·

Nee noe voel ek beter en dat daar tog n verskil gemaak kan word

Jenny Nel ·

Ek is net so bly dat hy kan terug kom aarde toe….nou gaan die poppe daans pappie!!!!

Tong innie kies ·

Hy het nou vir hom n gratis swem in die “Firepool” gewen….., Ha ha ha ha

Lance ·

Goedso ek is baie bly …kan mens nog by iemand staan wat so plunder en van skande na skande gaan …die man is n grap en dis nou tyd dat hy moet gaan en iemandanders n kaans gee wat minder korrup is asb

Jef ·

Ek sal baie bly wees as hy gaan maar die feit is dat hy n vet bankrekening het en dat hy n rustige en luilekker pensioen tyd tegemoet gaan terwyl ons nou baie gaan betaal om sy gemors wat hy agter gelaat het op te ruim.

Lida ·

Hy gaan nie huistoe nie hy gaan tronk toe. Die DA sal daarvoor sorg

elize vorster ·

Tyd om te gaan en pampoene plant op nkandla. Hoop die minder bevoorregtes plak op sy eiendom en geniet die voordeel van al ons tax geld wat daar gebruik is.

Johann ·

Help my gou reg as ek verkeerd is. Die ANC-kandidaat van sy wyk het meer stemme op hom getrek as wat die IVP in die hele munisipaliteit gekry het? Duidelike bewys dat die verkiesing, soos Vader Jacob se boeke, gekook is…

Rapes ·

Johann daar was net 387 stemme waarvan die anc 52% gekry het. Die ifp was ‘n kortkoppie agter hulle, maar het oorwegend in die ander wyke gewen, maar wat my pla daar was nie een verborge stembrief nie.

Popeye ·

Johann ek stem dat die berig verwarrend kan wees gegewe die laaste paragraaf…..wat se Maroela oor die feite?

E ·

Prince Buthelezi mag dalk oor die 80 wees, maar ek glo virseker hy het meer integriteit en morele waardes as die vorige… baie bly oor die uitslag.

NEL ·

Maklike een gewees om uit te werk, mense kripeer rondom Nkandla en Zuma , hoekom sal hulle vir hom stem. Hoop daardie mense kan die boodskap uitkry by die res van die land. Lyk al baie beter maar nie goed genoeg nie. Kan nie glo daar is nog mense wat vir die klomp swape kan stem nie. Genade mense word wakker uit julle diep slaap. En julle wat nie gestem het nie moet asb nie kommentaar lewer nie , jy het geen reg in S.A. nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.