IVSR sê Puk-SR-voorsitter is steeds geskors; NWU benadruk heraanstelling

Monica van Schalkwyk. Foto: Facebook

Monica van Schalkwyk. Foto: Facebook

Die Noordwes-Universiteit het Dinsdag benadruk dat Monica van Schalkwyk, voorsitter van die studenteraad van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, heraangestel is as die ondervoorsitter van die institusionele verteenwoordigende studenteraad (IVSR).

Dít nadat die uitvoerende komitee van die IVSR tydens ’n mediakonferensie gesê het wat hom betref, is Van Schalkwyk steeds geskors. Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê die bestuur neem kennis van die inhoud van die mediaverklaring wat deur die uitvoerende komitee van die IVSR uitgestuur is.

“Dit bly die amptelike standpunt van die NWU dat Van Schalkwyk heraangestel is in haar posisie as adjunkvoorsitter van die IVSR. Dit het gevolg nadat ’n ondersoek ingestel is na die geldigheid van die tydelike skorsingsbevel wat deur die IVSR op haar gedien is, en ’n regsmening deur die universiteit se regskantoor opgestel is. Die regsmening het bevind dat die IVSR buite sy mandaat opgetree het,” het Jacobs gesê.

Van Schalkwyk, ’n meestersgraadstudent in onderwys, is geskors nadat sy die res van die IVSR, wat uit SR-lede van die Mafikeng- asook die Vaaldriehoekkampus bestaan, se voorstel om veto-stemreg in die IVSR toe te pas, teengestaan het

Bethuel Mokoena, president van die IVSR, het tydens Maandag se mediakonferensie gesê Van Schalkwyk het verkeerd opgetree en haar skorsing is volgens hulle nog van krag. “Daar is gerugte wat sê haar skorsing is opgehef. Die gerugte is onwaar. Ons doen ’n beroep op die NWU se bestuur om nie by die saak in te meng nie aangesien dit ’n interne IVSR-aangeleentheid is.”

Mokoena het hom ook verder uitgespreek oor transformasie, samesmeltingsdoelwitte en menseregte by die universiteit.

Jacobs het gesê die meeste van die kwessies wat deur Mokoena geopper is, vorm deel van die strategiehersieningsproses waarmee die NWU tans besig is of wat reeds deur die raad van die NWU hanteer is. “As deel van die konsultasieproses rakende die daarstelling van ’n nuwe strategie vir die NWU word alle belanghebbers van die universiteit betrek. Verskeie sessies het reeds met studente en studenteverteenwoordigers plaasgevind, en die volgende sessie met die onderskeie kampusse se studenterade vind komende Donderdag plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bruno Stef ·

Die instruksies kom direk van die kommunis pofferhandjies Blade af.Op gisteraand se nuus het hulle n lekker platvorm gehad om hulle voorbarigheid ten toon te stel ten koste van sovele betalende blanke studente.As julle dan so benadeeld voel kry julle ry en stig af die blankes het ook die reg om in hulle taal onderig te word.NWU Potch kampus hulle probeer net om n voet in die deur te kry daar is al die ander Universiteite wat alreeds deur hulle tot in die grond afgebreek is tot hulle beskikking.

Grassie ·

Hierdie jonge dame beskik oor vyf eienskappe wat vir die studente op die ander twee kampusse ‘n onding is. Sy is wit, Afrikaans, intelligent (wat hulle nie is nie), gewild onder die studente en het die vermoë om ‘n standpunt te stel en daarby te staan. Dat sy nog mooi is boonop grief hulle ook seker. Hulle sal haar op enige moontlike wyse aanval en probeer benadeel. Ek glo sy is geestelik sterk genoeg om haar nie te laat intimideer nie.

Gwen ·

Kyk, dit is nou wat jy kry as jy jou met die semels meng. Alles te wyte aan FW se lafhartige oorgawe. Ek is oortuig dat ’n mens byna enige probleem in die nuwe SA terug kan trek na die NP se patetiese weggee van ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.