J. Arthur Brown laat vaar borgaansoek

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown het Donderdag sy dringende borgaansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof laat vaar, het Eyewitness News berig.

John Louw en Mark Filton, Brown se regsverteenwoordigers, het die aansoek laat vaar omdat die hof nie die jurisdiksie het om die saak aan te hoor nie, aangesien Brown deur ‘n hoër hof gevonnis is.

Volgens die berig het regter Thandazwa Ndita gesê dit vat nie ʼn vuurpylwetenskaplike of iemand met ʼn meestersgraad om te weet dat die hooggeregshof gebind is deur die appèlhof se uitspraak nie.

Brown is gevonnis op twee aanklagte van bedrog wat verband gehou het met die sy hantering van beleggings vir Teta, die opleidingsowerheid vir die vervoersektor, en die Mantadia Asset Trust Company tussen 2002 en 2006. Brown het aanvanklik tereg gestaan op 192 aanklagte.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het appèl aangeteken nadat Brown in Mei verlede jaar ʼn opgeskorte vonnis en ʼn boete van R75 000 opgelê is in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Die appèlhof het Brown hierna tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Brown het intussen by die konstitusionele hof aansoek gedoen om te appelleer teen sy 15 jaar vonnis vir bedrog.

Klik her vir alle vorige berigte oor J. Arthur Brown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.