J. Arthur Brown se appèl geweier

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die konstitusionele hof het die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown se aansoek om teen sy vonnis van 15 jaar tronkstraf te appelleer, van die hand gewys.

“Ons is bly dat die konstitusionele hof met ons saamgestem het dat ʼn appèl geen vooruitsig van sukses inhou nie,” het Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die konstitusionele hof het Vrydag die beslissing gemaak. Die NVG het Brown se aansoek teengestaan. “Ons hoop dat mnr Brown nou sy vonnis sal begin uitdien aangesien sy pogings om die saak uit te stel nou tot ‘n einde gekom het. Ons hoop hierdie vonnis sal as ‘n waarskuwing dien vir ander witboordjiemisdadigers,” het Mgobhozi gesê.

Brown is gevonnis op twee aanklagte van bedrog wat verband gehou het met die sy hantering van beleggings vir Teta, die opleidingsowerheid vir die vervoersektor, en die Mantadia Asset Trust Company tussen 2002 en 2006. Brown het aanvanklik tereg gestaan op 192 aanklagte.

Die NVG het appèl aangeteken nadat Brown in Mei verlede jaar ʼn opgeskorte vonnis en ʼn boete van R75 000 opgelê is in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Die appèlhof het Brown hierna tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Klik hier vir alle vorige berigte oor J. Arthur Brown op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Baie bly. Baie mense het alles verloor agv hierdie skelms(nie witboordjiemisdadigers nie) se streke!

ig ·

Jan ek stem saam.Eintlik moes hy 35 jaar gekry het.Ek is seker daar is nog Miloene weggesteek wat hy natuurlik wou uitleef as sy appel geslaag het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.