J. Arthur Brown se boete nou tronkstraf

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown is Maandag tronkstraf opgelê nadat die appèlhof sy vorige vonnis tersyde gestel het.

Brown is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die twee aanklagte van bedrog. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het appèl aangeteken nadat Brown in Mei verlede jaar ʼn opgeskorte vonnis en ʼn boete van R75 000 opgelê is.

Brown is gevonnis op twee aanklagte van bedrog wat verband gehou het met die sy hantering van beleggings vir Teta, die opleidingsowerheid vir die vervoersektor, en die Mantadia Asset Trust Company tussen 2002 en 2006. Brown het aanvanklik tereg gestaan op 192 aanklagte.

Die NVG se appèl is verlede maand aangehoor. “Dit was nie net oor die bedrag nie. Dit was oor die impak wat die uitvoering van die daad gehad het,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. Volgens Mncube moet Brown so gou as moontlik by die naaste gevangenis aanmeld om sy tronkstraf te begin uitdien. Brown se regspan het glo nog nie met die NVG kontak gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Arthur Brown , as jy wil steel moet jy maar jou 15 jaar tronkstraf vat soos ‘n man.
Die wat die geld God aanbid word al hoe meer gulsig. Slim het sy baas gevang

scalla ·

Klomp mense het die tyd groot geld verloor deur sy skelmstreke, n boete is mos onvanpas want hy gaan dit met gesteelde geld gemaklik kan betaal, Reg het geskied

Kaspaas Breekwater ·

Betaal die prys. Baie ou mense het hulle enigste inkomste verloor – maar ongelukkig kry hulle dit nooit weer terug nie. Die geld God het alweer gewen.

Chris van Rensburg ·

Wat my egter die meeste pla is dat die kurators en likwidateurs dalk met meer geld weggestap het as Arthur Brown.Hulle lag al die pad bank toe terwyl Arthur Brown as die groot sondebok uitgewys word.Dieselfde met die Marietjie Prinsloo debakel.’n Groot bohaai word gemaak om die publiek se ondersteuning en simpatie te kry sodat soveel moontlik van die ‘verlore”gelde verhaal kan word!Net jammer dat die beleggers,pensionarisse en armes nooit ‘n sent daarvan sien nie.Alles,maar alles gaan vir die “Aasvoels”LoL.Voordat die Finansiele Dienste Raad en die Likwidateurs nie ‘n slag tot verantwoording geroep word deur die beleggers en owehede nie en van hulle ‘n voorbeeld gemaak word in die hof nie,sal daar maar altyd ‘n wolk oor hulle doen en late hang.Hulle skip het mos ingekom soos in die Arthur Brown saak getuig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.