J. Arthur Brown wil appelleer

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

J. Arthur Brown. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown gaan aansoek doen om te appelleer teen die appèlhof se besluit om hom tot 15 jaar tronkstraf te vonnis vir bedrog, het Mail&Guardian berig.

“Die aansoek is nog nie ingedien maar ons beplan om in die volgende week aksie te neem,” het Kerith Chetty, Brown se regsverteenwoordiger, gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het appèl aangeteken nadat Brown in Mei verlede jaar ʼn opgeskorte vonnis en ʼn boete van R75 000 opgelê is in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Brown is gevonnis op twee aanklagte van bedrog wat verband gehou het met die sy hantering van beleggings vir Teta, die opleidingsowerheid vir die vervoersektor, en die Mantadia Asset Trust Company tussen 2002 en 2006. Brown het aanvanklik tereg gestaan op 192 aanklagte.

Die NVG se appèl is verlede maand aangehoor. “Dit was nie net oor die bedrag nie. Dit was oor die impak wat die uitvoering van die daad gehad het,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Ag nee man Arthur die dapper skelm. Vat jou straf wat jy verdien. Jy is mos alreeds verkrag, mog hulle jou sommer lekker gebruik en misbruik in die tronk. Hoop jy sal dan berou he oor jou skelm streke.

zahn ·

Ek wens hulle wil jou appèl toestaan, en dat die Appélhof jou vir NOG 15 jaar vonnis. Drek, kayk na al die mense wat jy ingeloop het, en wat nou slegter daaraan toe is, net omdat hulle jou vertrou het!

scalla ·

Dink aan al die pensioenarisse wat jy uit hul aftreegeld gekonkel het, jy speel vir tyd, staan jou man en vat jou straf.

Dave ·

Onwillekeurig het die vraag opgeduik of Brown se oortreding 3 maal so erg was as die van Pistorius.
En as hierdie vraag na simpatie klink met iemand wat afgetredenes van hul pensioen beroof het, moet jy breër dink.

pop ·

Arrogante man jy, en geen sweem van berou. Jyt ou mense se geld gevat, en jy dink dis ok. Iemand kan gerus n glips met jou kry!!!

Kaspaas ·

Ek verstaan nogal sy dilemma. Zume steel meer as 200 miljoen rand en is president. Hy steel baie meer as dit en kry geen soortgelyke “erkenning” daarvoor nie.

pop ·

Dave en as ou mense selfmoord pleeg oor hulle nie geld het nie, is dit dan werd om tronk toe te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.