J-Bay-gesin red matrikulante wat uitslae vier

Seekoeirivier-strandmeer

Seekoeirivier-strandmeer

ʼn Gesin van Aston Bay in Jeffreysbaai het Dinsdag drie matrikulante, wat hul uitslae gevier het, van verdrinking gered, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Woensdag gesê.

“Die span van NSRI Jeffreysbaai is omstreeks 17:00 ontbied na die Seekoeirivier-strandmeer tussen Aston Bay en Paradise Beach in Jeffreysbaai,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

“ʼn 18-jarige van Humansdorp was by haar bewussyn, maar sy het gesukkel om asem te haal toe die NSRI by die toneel opgedaag het. Sy was reeds uit die water.”

Volgens Lambinon is die 18-jarige en twee ander tieners deur ʼn egpaar en hul dogter gered van verdrinking. “Die heldhaftige gesin het versoek dat hulle name nie bekend gemaak word nie.”

Die drie pasiënte is op die toneel behandel deur Relay EMS. Twee van die meisies het nie verdere mediese behandeling benodig nie en die 18-jarige is na ʼn hospitaal geneem vir sekondêre verdrinkingsimptome. “Sy was twee tot drie minute lank onder die water,” het Lambinon bygevoeg.

Die drie tieners het glo hul matriekuitslae gevier en gaan swem toe hulle in die moeilikheid beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.