J&J-entstof in SA; Mkhize gooi wal oor entstofprogram  

Die eerste besending van die J&J-entstof het Dinsdagaand in Suid-Afrika aangekom. (Foto: @DrZweliMkhize/Twitter)

Die eerste besending van die Johnson & Johnson-entstof het laat Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom.

Die besending is na ʼn veilige fasiliteit in Gauteng geneem en oornag aan die verskillende inentingsentrums in alle provinsies versprei.

Pres. Cyril Ramaphosa sal mettertyd besonderhede bekend maak oor wanneer die eerste inentings plaasvind. Hy het vroeër gesê nege miljoen dosisse van dié entstof is bekom en dat die eerste aflewering sowat 80 000 dosisse sal behels.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sal ʼn bykomende 500 000 dosisse oor die volgende vier weke hier aankom. Die 20 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof sal na verwagting voor einde Maart ontvang word. “Ons het genoeg dosisse verseker om al die mense wat in Suid-Afrika ingeënt moet word, in te ent.”

Die J&J-entstof het ʼn effektiwiteit van 57% vir die 501Y.V2-variant en bied volle beskerming teen ernstige siekte of dood. “Op grond hiervan doen Johnson & Johnson aansoek om toestemming vir noodgebruik en daar word verwag dat dit toegestaan sal word,” het Mkhize gesê.

Daar sal begin word om gesondheidsorgwerkers met die J&J-entstof in te ent. Die onmiddellike inwerkingtreding van die regering se entstofprogram is volgens Mkhize moontlik gemaak deur die feit dat 300 000 dosisse van die J&J-entstof reeds getoets en goedgekeur is deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) vir gebruik onder navorsingstoestande.

Die eerste besending van die J&J-entstof het Dinsdagaand in Suid-Afrika aangekom. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Volgens Mkhize het 380 000 gesondheidsorgwerkers binne twee weke geregistreer om die entstof te ontvang. Daar is 20 entstofsentrums oor die nege provinsies geïdentifiseer om 80 000 gesondheidswerkers oor die volgende twee weke in te ent.

Mkhize het ook Dinsdag tydens die debat oor die staatsrede wal gegooi oor die regering se entstofprogram. Hy het gesê die staat sal die enigste aankoper van entstowwe vir die land wees ongeag die vervaardiger en bron ten einde te verseker dat die stryd teen die pandemie gegrond bly op die beginsels van “solidariteit en deernis”.

“Die entstowwe sal hoofsaaklik deur die fiskus gefinansier word, terwyl die private sektor, in die besonder private gesondheidsfinansiers, die finansiering en ander hulpbronne wat nodig is om die program te implementeer, sal uitbrei,” het Mkhize gesê en bygevoeg dat die inenting dus gratis sal wees. “Ons is entoesiasties oor hierdie model omdat dit die ideale van universele gesondheidsdekking bevorder en ons die geleentheid bied om te leer terwyl ons voorberei op die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering.”

Dr. Zweli Mkhize. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die regering is volgens Mkhize besig om aktief met vervaardigers en verskaffers van Covid-19-entstowwe in gesprek te tree via verskillende maar onderling verwante kanale. Daar is reeds met die vervaardigers en verskaffers van die AstraZeneca-, Pfizer-, Johnson & Johnson-, Moderna-, Sinopharm-, Sinovac- en die Sputnik V-entstof in gesprek getree. “Ons was ook onlangs in gesprek met Kuba oor die ontwikkeling van hul entstof.”

Die aankondiging dat die AstraZeneca-entstof, waarvan Suid-Afrika reeds ʼn miljoen dosisse ontvang het, nie dieselfde effektiwiteit teen die 501Y.V2-variant het nie, is volgens Mkhize teleurstellend, maar sal nie die regering se planne laat ontspoor om dié maand nog met sy entstofprogram te begin nie. Dié entstowwe het volgens Mkhize nog nie verval nie en die vervaldatum van 31 April is deur middel van gehaltebeheerprosesse vasgestel.

Die AstraZeneca-entstof is nie na die Serum-instituut in Indië teruggestuur soos daar in sommige mediaberigte beweer is nie en volgens Mkhize is dit vir die Afrika Unie (AU) aangebied en sal die AU dit versprei aan lande wat reeds aangedui het hulle stel belang. “Daar sal dus geen verkwistende en vrugtelose uitgawes wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Rentia ·

Ek het. En daar word nie melding gemaak wanner die van J&J verval nie. Nie almal is ape nie.

Rentia ·

Ek het. Het jy ‘n ander berig as ek? Ek sien geen vervaldatum vir J&J sin nie.

Kompas ·

Begin nou net met die entstofprogram. Elke keer wanneer daar nuwe besending entstowwe arriveer is dit eers ń gerondslomp oor wie kry en wie nie.

Pieter ·

Die Afrika manier bly maar net by ons…
Dit is nie vernuut nie. Die laaste wat ek gekyk het, maak die staat en privaat sektor nie geld uit niks uit nie… Miskien as jy nie bydrae lewer of skelm is ja. So ek kan dus nogal sien hoe hulle sal dink dis vernuut… cANCer way…
Dan soos ons nou kan bevestig, sal die arme man/vrou met medies en wat belasting betaal dus nou dubbel en dwars betaal vir hierdie… En daardie geld kon gebruik geword het om jaarlikse verhogings dalk te verminder… Ek weet dit is regtig nie so baie geld as jy kyk na groter prent, maar ek sal graag wil noem.

Jr ·

Minus een van daai bedrag want ek weier om dit in my te sit. SORRY!!!

Danie ·

Hoekom is jy SORRY? Dis mos jou reg om nie die ent te ontvang nie. Hoe meer mense “SORRY” is, hoe langer bly die siekte met ons en hoe langer gaan jy kla oor die lockdown. Wens al die “SORRY” mense wil wakker skrik en besef dat dit nie die vreeslike stories is wat almal vertel nie en dat dit in die belang van almal is, insluitend jou familie en vriende, om ge-ent te raak sodat ons kan aangaan met ons lewens. Maar nou ja, dis baie lekkerder en makliker om al die vreeslike stories te glo en oor te vertel as wat jy net na die vervelige waarheid luister.

Anti-Verkramp ·

“en bied volle beskerming teen ernstige siekte of dood.” Ek verstaan dit nie so mooi nie. Dis ‘n entstof so dis mos eintlik veronderstel om voorkomend te wees. Beteken dit dat as jy die shot gekry het (voor jy die virus opdoen) jy nie ernstig siek sal word of sal doodgaan van die virus nie OF beteken dit ook dat dit as behandeling ingespuit kan word as jy reeds Covid het. Hoe dit ookal sy, dis ‘n baie voortvarende waarborg om te maak dat niemand ernstig siek sal word of sal doodgaan nie. Ek wil dit nog sien.

Thelsa ·

Hoop nie dieselfde PERSONE het hierdie besending getoets nie

Deon ·

Kan dr Mkhize tel? Ons is baie meer as 10 miljoen in SA… Hy reken hulle het genoeg vir SA verseker maar doen steeds onderhandelinge met ander lande om nog te koop, dit maak nie sin nie.

Josua ·

Net n vraag, wie word gevlous hier, as ek dit nie reg het nie is die entstof nie veronderstel om in n koelkas geberg te word nie en dit is beslis nie wat die foto wys nie lyk meer soos bokse met n naam op.

Casper ·

Die entstof gaan blykbaar na ander Afrika lande gestuur word vir inentings daar.Ek wonder of hulle gaan betaal daarvoor want hulle het nie eers geld vir kos nie.Hulle Kan nie eers escom betaal nie.

Fedup ·

Never ever read and drink coffee at the same time.
Now makwaze, you will come here and wash my bedding and clothes.
Hopefully you will do a better job with that as you and the circus just cannot be more incompetent as you are now.
Cuba? Really?
You have no idea how the vaccines will affect people so you just take chances with any cheap vaccine you can lay your hands on? As if people are guinea pigs?
What happened to the millions you have spend on india’s trial vaccine? Will that be destroyed or will you just magically make them dissappear?
What a bunch of clowns.

gatgogga ·

Die probleem is dat die Rampokkers sit met die oneffektiewe vervalde AZ entstof. Hulle het daarvoor betaal, en klaar hulle tande geslyp vir die wins wat hulle daaruit gaan maak.
Jy sal dink jy betaal en kry J&J, maar hoe sal jy weet? Mense wat gedurigdeur verneuk en bedrieg, gaan ons nie hierdie keer probeer bedrieg nie? Ja?

Hennie J ·

Wat n deurmekaar en gemorsspul! Pleks hulle die vorige besending aan tradisionele helers skenk in terme van BEEE en pleks hulle die nuwe entstof met Irvin & Johnson vervang vir spoedige verspreiding.

Johannes ·

Hoekom was Pres Rampokker nie weer op die lughawe om te besending ook te ontvang nie? Is dit omdat dit nie van ‘n BRICS groep afkomstig is nie?

Hennie J ·

Nee, daar was nie n versteekte kompartementjie in die besending nie.

Barend ·

Miskien is daar net een van daai supervrieskaste wat nodig was vir die AZ entstof.

Dirk Mostert ·

“J&J bied beskerming teen ernstige siekte en dood”. Ek dog dis teen Covid-19 en Covid-20.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.