Ja, Digital Vibes-kontrak wás onreëlmatig – Mkhize

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Argieffoto: GCIS)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die kontrak wat aan die maatskappy Digital Vibes toegeken is om kommunikasiedienste vir die departement te verrig was inderdaad onreëlmatig – maar die minister hou voet by stuk dat hy geensins daarby gebaat het nie.

Ondersoekers van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), wat die kontrak ten bedrae van sowat R150 miljoen ondersoek het, het die bevinding oor die tender die afgelope week in ʼn verslag bekend gemaak.

“Die ondersoekers het bevind dat die tenderbodproses wat gevolg is, ʼn oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur is. Die proses om Digital Vibes aan te stel was onregmatig en die bevindings wissel van teenstrydighede in die bodkomitees tot ʼn gebrek aan die bekendmaking van belangebotsings,” sê Mkhize.

Die omstrede kontrak aan Digital Vibes het die afgelope paar dae tot groot omstredenheid en selfs oproepe vir Mkhize se bedanking gelei. Die minister het vanoggend egter gesê daar is geen rede vir hom om opsy te staan nie.

Vroeër is berig Digital Vibes word bestuur deur Tahera Mather en Naadhira Mitha. Volgens Mkhize het Mitha, wat vantevore as persoonlike assistent in die departement gewerk het, vroeër weens persoonlike redes bedank. Hy sê sy het aangevoer dat deurlopende reise ʼn tol op haar geëis het.

Hy was egter nie bewus van haar betrokkenheid by Digital Vibes nie.

Die minister sê hy het wel tydens sy termyn as tesourier-generaal van die ANC saam met Mather gewerk. Hy ontken egter dat sy in enige stadium sy woordvoerder was, soos sommige bewerings gelui het.

Mkhize sê daar is die afgelope paar dae ook beweer dat sy kantoor selfs die mees basiese funksies – soos die reël van sy mediakonferensies – aan die diensverskaffer uitgekontrakteer het. Die minister sê hy het verneem die bewerings is gegrond op fakture wat Digital Vibes by die departement ingedien het.

Mkhize sê hy het die fakture nog nie self onder oë gehad nie, maar kan “onomwonde” sê dat sy program deur sy eie kantoor behartig is en dat al sy openbare toesprake deur homself en amptenare in sy departement opgestel is.

Hy ontken ook dat hy enigsins sy mag gebruik het in besluitneming oor die toekenning van die kontrak. Mkhize sê voorts die vloei van geld word nog ontleed en dat dit vrae oor enige moontlike bedrog of korrupsie sal kan help beantwoord.

Hy wou nie omvattende besonderhede oor die inhoud van die verslag bekend maak nie, omdat dit volgens hom regs- en ander prosesse kan benadeel. Hy het wel gesê dat daar reeds begin is met sogenaamde gevolgbestuur en tugstappe teen betrokke amptenare.

Die verslag is Dinsdag reeds aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

koos10 ·

Nou sal ons sien hoe ernstig CR is oor korupsie en korupsie beweringe.

Anoniem ·

Bevelsraad lid no1 wat ondersoek word. Moenie vir NDZ uit die oog verloor met verlede jaar se rook debakel nie. Niks sal my groter plesier verskaf as om haar te sien stap nie.

Tjom ·

R150 mil vir basiese werkies soos reel v media?
Jitte dis lekker

Chris dupreez ·

Is daar enige iemand van hulle wat nie korup is nie.??

Deon ·

Ja, ek dink daar is definitief, die wat nie meer saam met ons is nie wat reeds weg was voor anc aan bewind gekom het

Johann ·

Issi ekki…wassi dari…issi wari…issi…issi…issie tot in hulle mak zirrrrrr in maar sal bloot NOOIT verandwoordelikheid aanvaar OF verandwoordbaar gehou word nie. Deel van die KADER KUDDE IMMUNITEIT. Ons cover almal en als solank ek n ou ietsie kry en jy ietsie kry en almal ietsie kry.

Persheks Adri ·

Ja ne ontken alles en weet van niks. Laat jou hakke raas boet

Keith ·

Now i understand why each government “Department” has a Minister, a Spokesperson, and then a Director General, and a Spokesperson, an Assistant Director General, plus an assistant to the Assistant Director General, plus a number of other staff with fancy titles. It helps to ensure that nobody knows at any one time, what “Management” is really doing, so that if corruption is discovered, it will be impossible to unravel the trail of money or… to determine “who tookit”.

Deon ·

Presies soos jy se, niemand weet wie moet wat doen nie, die dat elke keer as een in die sop is dan word daar hof toe gehardloop om eers seker te maak wie se werk dit is/was waarvoor daardie een nou in die sop is

JohanR ·

Ons glo jou my maat…..het al julle ANC’s oornag om ‘n tafel gesit en die leun uitgewerk?

Kobus ·

Wat my bekommer is: wie het besluit dat daar so ‘n tender moet wees. Elke staats dept het ‘n klein kommunkasie komponent maar die eintlike verantwoordelikheid is by die Dept van Kommunikasie. Nou of hulle bevoeg is, weet ek nie. Die DG van Gesondheid moes definitief van die tender vir die “ekstra” dienste bewus gewees het.

Dup ·

Die hele appelboord is verrot…….skelm in die oortreffende trap.Hoe kan n mens nog so n “regering” vertrou. Hulle het vir jare “gestruggle” om by die geldkas uit te kom!

marius ·

Dit maak nie saak of hy daarby gebaat het nie . As hy enigsins betrokke was moet hy in die pad afgejaag word . Klaar !

Deon ·

Is jy in beheer van jou werk mnr die geagte minister?…. Hoe weet jy nie wat daar aangaan nie? Ek glo jou nie heeltemal nie en daar is n klomp Suid Afrikaners wat selfde voel, dit oor kleurgrense, die van kleur en die kleurloses.

Kokerboom ·

As hy weet dit was onreelmatig, HOEKOM het hy NIKS gedoen?!! Verwyder hom ASB!!!

Schalk ·

Nou hoe kan ‘n Minister nie weet van so bedrag en waarvoor dit betaal is nie?

Johann ·

As jy ooit gewonder het hoe jy jouself uit al die hoeke in ‘n sirkel lieg, SO word dit gedoen.

Althes ·

Al die korrupsie gestelery in die staatsbeheerde afdelings – wat skokkend is dat amptenary redelik tot baie goeie salarisse kry. Dis absolute gierigheid.
Daar is soveel mense wat werkloos is, wat wat sal gee vir ñ maandelikse salaris en voordele.

Strandloper ·

Dr. Zweli Mkhize
Die rookwolk
Zero werd en leuens in
Meeste kaders help in zero ens…

Jacobus ·

Zwelie moenie te hard ontken nie want die sweepslag van verouderde en waninligting klap darm baie na aan die huis! Die wantroue in die regering se optredes sal moeilik omseil kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.