Ja, dit ís die winter wat nader kruip

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Suid-Afrikaners is vandeesweek met koeler temperature begroet en volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) is wintertemperature om die draai.

Temperature oor groot dele van die land het reeds met byna 10 ˚C gedaal.

Afgesien daarvan dat temperature normaalweg dié tyd van die jaar begin daal, veroorsaak ʼn hoëdrukweerstelsel vanaf die Atlantiese Oseaan verdere koel en nat omstandighede.

Reën- en donderbuie het sedert verlede Woensdag oor die oostelike, noordoostelike en sentrale dele van die land uitgesak. Dié nat toestande gaan met koeler temperature gepaard.

Volgens Rejoyce Mohlamme, ʼn weervoorspeller by die weerdiens, word die nat en koeler temperature toegeskryf aan die weerstelsel wat wind van die oostelike kus af waai en vog die land inbring.

Dit sal na verwagting tot ná die naweek voortduur.

“Temperature kan teen volgende week weer effens styg, maar sal steeds in die 20’s bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Miena ·

solank maar die kooi se k’berse reg kry en vere-duvets reg uitskud en die winterklere begin ruil met die somersklere in die kas…

Cherokee ·

Word nooit regtig winter soos in baie koud by ons nie. Mense wat hier in Durban groot geword het, weet nie wat is ryp nie en selfs hael is absoluut uitsonderlik.

Lourens CFG ·

Wat ek die meeste mis van Durbs is die swem in die see reg deur die jaar, selfs al reën dit.
Hier in die Kaap is die see selfs in diep somer vrek koud.

AmY ·

My gunsteling seisoen! Wat is nou lekkerder as om vroeg in te kruip met ‘n lekker boek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.