Ja, Tatjana! Goud, nuwe wêreldrekord vir SA se Schoenmaker

Suid-Afrika se Tatjana Schoenmaker nadat sy nie net ‘n goue medalje losgeswem het nie, maar ook ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het. (Foto: Jonathan Nackstrand/AFP)

Tatjana Schoenmaker was Vrydagoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd oorstelp van vreugde toe sy nie net ʼn goue medalje in die 200 m-borsslag by die Olimpiese Spele in Tokio verwerf het nie, maar ook ʼn jarelange wêreldrekord in dié item verpletter het.

Die 24-jarige swemsensasie het na 2 minute 18.95 sekondes eerste aan die kant geraak en die rekord (2:19.11) wat Denemarke se Rikke Moller Pedersen in 2013 opgestel het, verbeter.

Die VSA se Lilly King was in die tweede plek (2:19.92), met haar span- en oefenmaat Annie Lazor derde (2:20.84).

Schoenmaker het ook silwer in die 100 m-item gewen en haar bedoeling by vanjaar se Spele duidelik uitgestippel toe sy so hittete die rekord in die uitdunne verbeter het.

In die finaal het sy foutloos geswem.

Kaylene Corbett wens Tatjana Schoenmaker geluk. (Foto: Team South Africa/Twitter)

King was aanvanklik blitsig weg en het by die 50 m- en 100 m-merk eerste gedraai. Schoenmaker het daarna haar skuif gemaak en die Amerikaner ore aangesit.

Sy is die eerste Suid-Afrikaanse vrou sedert Penny Heyns in 1996 wat ʼn goue medalje in swem by ʼn Spele wen.

Die Suid-Afrikaner Kaylene Corbett het in die vyfde plek geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Snowball ·

Sy is so ‘n fees vir die oog! Wat ‘n vreugde om haar sukses te sien uitspeel. Iets van SA wat ons nog trots maak! Baie geluk!

Gato ·

Dit is uitstekend gedoen. Hoop daar is nog baie goue medaljes vir haar in die toekoms. SA kan trots wees op haar.

Thom ·

Pragtige prestasie vir ‘n pragtige meisie !
MM , waarom neerhalend teenoor die meisie wat tweede gekom het met die verwysing , ” ore aangesit ” ? Is ‘n silwer medalje dan nie steeds ‘n wonderlike prestasie nie ? Of is dit slegs puik wanneer dit ons deelnemer is ? Nederigheid en eerbaarheid is ononderhandelbaar in sport .

Deon ·

Ek kan lag as iemand of iets my ore aansit, ek glo nie dit was in n slegte lig bedoel nie, dit gebeur gereeld in kompetisies.

Johan ·

Is nou nie asof Tatjane dit gesê het, en dat die Amerikaner dit gaan lees nie.

Elinette ·

Ag man, moenie altyd in alles iets negatiefs sien nie – dit was nie so bedoel nie. “Ore aansit” beteken eintlik om iemand te klop en dit is tog wat Tatjana gedoen het.

Thom ·

Die uitdrukking kom van ” donkie-ore “aansit ___ Afrikaans is so’n ryk taal dat ‘n vernederende verwysing onnodig is ; vele ander kon gebruik word .

Willem ·

Briljant!!!!!!Dis hoe dit gedoen moet word Tatjana jys briljant een van die bestes ooit!!!!!!

SwartBees ·

Baie geluk Tatjana. Knap gedaan. Dis SO lekker om bietjie positiewe nuus te lees.

Misky ·

Puik prestasie!!!!! Dankie dat jy ons SA’ners se naam hoog hou

Wakkerslaper ·

Uitstekend Tatjana! Baie, baie geluk met jou prestasie! Wonderlik om ook te lees van jou geloof in God. Alle seën vir jou pad vorentoe.

Tuinuitsig ·

Welldone my meisies. Julle abei kan super trots wees op die prestasies.

ES ·

Wow! Wat ‘n prestasie!! Baie geluk Tatjana, jy maak ons trots!!

Kerneels ·

Trots op jou!

Terwyl sommige Suid-Afrikaners op die tuisfront brand en breek, bou en presteer ander op die internasionale verhoog.

Boon ·

baie geluk aaan beide swemsters. ons is geweldig trots op julle. doe ENGELE keug ook saam .

Elinette ·

Ek het gejubel vanoggend toe ek dié nuus hoor!!!!!!!!!!!!!!!!! BAIE GELUK TATJANA!!!!!

Gert K ·

Suid Afrika het nog altyd van die beste swemmers in die wereld opgelewer, en dit is lekker!!
Baie, baie geluk meisiekind, die ganse land is trots op jou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.