Jaagduiwel kry borgtog

Die beweerde jaagduiwel wat glo meer as 300 km/h gery het, is op borgtog vrygelaat.

Die 36-jarige bestuurder, Phumlile Ncube, is Sondag by ‘n begrafnis in Limpopo in hegtenis geneem.

Ncube het Maandag in die landdroshof in Midrand verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Ncube het glo in die feestyd teen 308 km/h in Midrand gejaag en ‘n video gemaak. Die video is later op sosiale media gedeel.

Die saak teen Ncube is tot 13 Maart uitgestel, het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, gesê.

Ncube word van roekelose en nalatige bestuur aangekla, sowel as dat hy ander motoriste se lewens in gevaar gestel het deur die voorgeskrewe spoedbeperking te oorskry.

Maroela Media het vroeër berig in die video, wat wyd op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe ʼn motoris ʼn video neem terwyl hy aanvanklik teen 243 km/h ry en dan uiteindelik versnel tot 308 km/h.

In die agtergrond kan gesien word hoe die motoris onder ʼn e-tol-hek deurjaag en ander motors verbysteek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JohanR ·

Nie geweet ‘n Audi TT kon 308km(184.8 myl p/u) bereik nie? Miskien was die wind van agter? Het julle op die video gesien hoe David Kramer op ‘n afleweringsfiets, sy klokkie ly en probeer om hom verby te steek? Hy het toe net weg getrek van die Royal Hotel af, na ‘n hele paar doppe. En daar val ek alweer van my stoel af van die lag…..

Frank ·

MM, watse voertuig is gebruik om die Audi “af te trek” toe hy teen 308kmh gery het. Berig is misleidend, al kom dit van ander bron.

Hans ·

Korrupte regstelsel. Daar is geen eenvormigheid met strawwe nie.

Barries ·

Hy is nognie skuldig bevind nie. Borg het niks te doen met straf nie.

Daan Erasmus ·

Hoe gaan die Staat bewys dat hy skuldig is. Die video is net toelaatbaar as die persoon wat dit geneem het dit in hof bevestig. Die tol hek kan ‘n probleem wees.

Vra net ·

Is dit nie die man wat die video gedeel het waar hy so cinnig ry op Sosiale media en sodoende vasgestrek is. Of was daar 2 mense wat so vinnig gery het?

Ig ·

Sien gereeld hoe die Audi,s, Bm, s en Benze teen 200 plus op die N1 Noord jaag, sluit Bloulig Brigade in.

TwaalfBoor ·

Hokaaaaai. Nou verstaan ek nie. Hy is “afgetrek” na hy 308km/h in ñ suidelike rigting gejaag het. Limpopo is noord. En dan het geheime polisie hom by ñ begrafnis vasgekeer. Iewers is die feite so ietwat verkrag.

Hans ·

Die land se wette word versmaai en verkrag en dit is hoekom dit is soos wat dit is.

Kwagga ·

Geheime agent in n Tata het hom gestop. Met daardie spoed was sy begrafnis al klaar aan die gang daarom het die geheime polisie hom daar gaan inwag maar ongelukkig het die geheime agent n stokkie voor sy eie begrafnis gesteek……..hys gevang….lewend!!!!

PJ ·

Oorspronklike berigte dui daarop dat sy passasier die video geneem het. Video toe op sosiale media versprei. Polisie het op n stadium bekend gemaak dat hulle weet wie hy is en dat hy homself moet oorgee. Hy het dit nie gedoen nie en is toe blykbaar in hegtenis geneem by n begrafnis wat hy bygewoon het.

Riaan ·

@Ian. Die geheime polisie is daardie laaste paar in die mag wat nog trots is om die uniform te dra. Meestal post 94. Die res van die mag bestaan uit lui,onbevoegde,onbeskofde,korrupte sindikaat lede.
ń Gewone ADT sekuriteits beampte het beter opleiding as meeste senior offisiere in die polisie. Ek praat nou spesifiek van die comrades,wat net in die rang in gestap het.

Heksie ·

En verder gaan hier niks van kom nie want sy van is Ncube …

Johann ·

Ja hy het ‘n begrafnis van ‘n familielid bygewoon wat in ‘n hoëspoed ongeluk omgekom het. Dit is juis langs diè graf waar die “geheime” polisie tevoorskyn gekom en toegeslaan het.

Leon ·

Die tolhek het ‘n foto geneem. Iemand kan nie lees nie. Hulle het die TOLHEK se FOTO gebruik om hom te identifiseer.
Onthou die Audi’s ry 300 en meer km/u in Europa op die Autobahns. Dit is net hier waar die dom ouens sulke vinnige karre koop. Dit is normale spoed. Die voertuie word gemaak vir die spoed en is veilig teen die spoed. Nie jou normale Hyandai wat teen 60km/u gevaarlik is nie.

Koos Berends ·

Leon , waar lees jy in die berig dat die tolhek ‘n foto geneem het?

Karlahari ·

Jou kanse om lewend uit n Hyundai te klim wat teen 60km/h in n botsing was mits jy jou sitplek gordel dra is baie goed.
Jou kans om n ongeluk teen 300km/h in enige motor te oorleef is feitelik nul.

LK ·

O ek het die verhoor datum aangeteken. BRAND om diE uitslag te hoor.

P ·

Sluit hom toe. Gee hom n stewige boete. Vat sy lisensie af (maar dan bestuur hy sonder lisensie). Hy is n gevaar vir die ander motors wonder wat gaan in so n mens se kop aan. Dit laat mens seker goed voel. Maak hy n ongeluk tel hulle hom wyd verspreid op. Shame arme mens. Seker n baie goeie gevoel. Moet nog groot word.

TwaalfBoor ·

Hierdie berig se feite is so vaag en dun dat dit nie eers die moeite werd is om te lees nie.

Matt ·

Hy ry meer as 180 kpu vinniger as die wetlike spoedbeperking en betaal net R1000 borg, terwyl ander wat die spoed met 50 kpu oorskry R5000 borg moet betaal nadat hulle toegsluit was…… wonder waar is die regs eenvormigheid. Dalk ‘n prominente figuur se familie!!!!

Julie Jansen van Rensburg ·

Ek is nie heeltemal seker nie, maar dit is aan my gesê dat die Outobhane in destydse Duitsland glo so goed was dit mens glo maklik teen hoë spoed daarop kon ry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.