Jaagduiwel ná 198 km/h in hegtenis geneem

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het motoriste wat jaag weereens gewaarsku om die gedrag te staak nadat ʼn motoris wat 198 km/h in ʼn 120 km-sone gery het Saterdagoggend in hegtenis geneem is.

Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, het gesê die motoris is op die N1-Noord in Gauteng afgetrek en in hegtenis geneem. “Hy is intussen op R3 000 borgtog vrygelaat,” het hy gesê. Nog ʼn motoris wat 155 km/h op die N8 in die Vrystaat gery het, is ook in hegtenis geneem.

“Hierdie voorvalle gebeur in tydperke wanneer die verkeer op ons paaie sterk toeneem,” het Zwane gesê. “Die getal voertuie wat uit Gauteng reis, is Saterdag teen 07:00 as 1 100 per uur aangemeld.”

Hy het motoriste gewaarsku om spoed te verminder en verkeersreëls te gehoorsaam. “Spoed is een van die hoofaspekte wat bydra tot padsterftes en motoriste wat jaag, plaas die lewe van ander padgebruikers op die spel. Ons moedig almal aan om hierdie selfsugtige en gevaarlike gedrag te staak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Uys ·

Nie net spoed nie, mnr Zwane.
Wat van al die bestuurders wat bier drink terwyl hul agter die stuur is asook dagga rook as hul by n vulstasie stop en dan verder ry.
Jul moet navorsing doen en die wet reg toepas en nie et soos jul wil nie.

Dee ·

en wat van die blouligmense wat ‘n gevaar is vir ordentlike padgebruikers.

Gerhardt ·

Ek moet bieg, ek betrap myself maklik teen 160km/h, veral op ‘n baie stil pad of in Suid-Wes.

Ernest ·

Asseblief GEEN genade……ons is siek van ongedissiplineerde voertuig bestuurders in hierdie land. Iewers moet hierdie onwettiheid ‘n einde kry. Konfiskeer sommer ook die voertuig !!

HEVW ·

Gerhardt as jy so edel is om te bieg behoort jy ook jou gewoonte te staak.

JaNee ·

Ek ry gereeld vinnig en het nog nooit n ongeluk veroorsaak nie. Mens konsentreer beter as wat jy op ń slakkepas ry en die wêreld bekyk. Jou aandag is dan nie by die pad nie.

arie plaasbroer ·

HEVW,
Is ek korrek om te glo dat jy nog NOOIT wetend of onwetend `n padregulasie oortree het nie?

As dit so is het jy seker ooit nooit selfs met `n fiets gery en is dit vir jou moeilik om na die sesde probeerslag jou drywers lisensie (sic) te kry.

majordad ·

Is spoed regtig die probleem? Wat van die onpadwaardige voertuie, die taxiś wat soos varke ry en dronk bestuur. Is nie die groot gevaar op die pad nie?

Millie ·

Dit is bewys dat selfone die grootste oorsaak van ongelukke is. As iemand die spoed oortree is sy aandag immers op die pad en nie op sy selfoon nie!!!

Eric ·

Spoed en als wat hulle vet maak is reg in hulle oe.Ja seker maar wat van ons paaie wat mense doodmaak waarvvoor ons baie betaal en nie herstel word nie.Sluit daai vetgevreetes toe want hulle pleeg moord omdat hulle nie hulle plig nakom nie

Marinda ·

Deesdae se voertuie kom verseker sonder flikkerligte ook uit. Kyk gerus hoe min mense gebruik ń flikkerlig as hulle van baan verwissel.

JaNee ·

Baie waar.
Mens dink deesdae v die ander padverbruikers ook.

Eddie ·

Ek stem saam spoed is gevaarlik. Ek ry baie en is gereeld alle ure op die pad. Ek moet se waar die meeste ongelukke voorkom is as jy 120km per uur ry en op n highway waar daar twee bane is en n aap voor jou slaap en ry 60km per uur in die vinnige baan. Dit is waar ongelukke gebeur. En jy kan maar ligte flits hy sal daar bly. So ja miskien moet hulle die goed wat nie kan ry nie ook beboet vir roekelose bestuur op n Highway.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.